Effense verligting van beurtkrag

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Janosch Diggelmann/Unsplash)

Beurtkrag het Vrydag van 17:00 na fase 1 afgeskaal en sal tot 22:00 voortduur. Dit is weens ʼn verbetering in opwekkingskapasiteit.

Volgens Eskom is daar buiten in die geval van onverwagte beduidende ineenstortings, ’n skraal waarskynlikheid dat beurtkrag gedurende die naweek geïmplementeer sal word.

“Eskom-spanne het Vrydagmiddag ’n opwekkingseenheid by onderskeidelik die Kusile- en Majuba-kragstasie weer in diens gestel. ’n Opwekkingseenheid by die Camden- en Kriel-kragstasie is daarenteen weer van lyn af vir herstelwerk,” sê die kragvoorsiener.

Minstens 2 094 MW word aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl nog 15 997 MW se kapasiteit weens ander probleme nie beskikbaar is nie.

“Terwyl ons verwag dat meer opwekkingseenhede oor die naweek weer in diens sal wees, doen Eskom ’n beroep op Suid-Afrikaners om ons te help om die impak van beurtkrag te beperk deur die gebruik van elektrisiteit te verminder en om alle nie-noodsaaklike elektriese toestelle af te skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Windhond ·

Neewat die beurtkrag sal nou afgeskaal word sodat die kaders kan partytjie hou en suip vir die naweek – Maandag wanneer besighede wil werk dan is dit weer beurtkrag

Pietertjie ·

Dis ‘n slim plan: kondig ‘n hoë fase van kragonderbrekings aan, verlaag dit dan, en almal is bly!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.