Egpaar op hoewe buite Bloem aangeval

(Argieffoto)

’n Egpaar is aangeval en beroof toe hulle Saterdagaand by hulle huis in die Vaalbank-Zuid-hoewegebied naby Bloemfontein in die Vrystaat aangekom het.

Die 73-jarige man is by die hek van die hoewe aangeval en sy 58-jarige vrou is in die huis oorval nadat hulle omstreeks 20:30 tuisgekom het.

Volgens lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, is die vrou deur ’n man, wat ’n blou oorpak met ’n masker en wit handskoene aangehad het, oorval. “Sy is met ’n mes gedreig en deur die verdagte aangerand. Sy het ’n rumoer buite gehoor en besef dat haar man in die moeilikheid is.”

Nog ’n verdagte het die huis ingekom en dit vir waardevolle items deursoek. Die verdagtes het die vrou gedwing om geld vanuit haar bankrekening na ’n ander bankrekening oor te plaas waarna hulle met kontant en bankkaarte van die toneel gevlug het.

Daar is alarm gemaak en buurtwaglede het op die toneel aangekom. “Volgens die vrou het een van die verdagtes ’n besering aan die bors opgedoen nadat sy verbete teruggeveg het. Die man en vrou is per ambulans na ʼn hospitaal gehaas om behandeling te ontvang.”

Lede van die Mangaung-triotaakspan en Navalsig-polisie het ’n soektog na die verdagtes van stapel gestuur. ’n Saak van huisroof word deur die Navalsig-polisie ondersoek. Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Kendrick Barnes op 082 466 7255 of Stop Misdaad op 08600 10111 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chris dupreez ·

Huisroof ?? , dit is aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot moord en huisroof.

Cherokee ·

Miskien Chris, behoort jy eers na te slaan wat ‘huisroof’ behels. Ek weet ook nie, maar het ‘n gevoelentheid die klag is nie so mak as waarna dit klink nie.

Nie Verbaas ·

En nog steeds sit die ” hoogs bekwame” Cele met geen wil om plaasaanvalle hok te slaan nie.

Pieter ·

Plaasaanvalle was en is ANC beleid. Moet niks verwag nie. ANC is immers ‘n kriminele organisasie in ‘n politieke gewaad.

Samuel ·

Tekenend van demokratiese Suid-Afrika. En die regering en Cele neem genoeë daarmee.

Papsak ·

CELE te sleg om moorde te stop hy like dit want hy hy kry mos vroot salaris daarom sal Ramaposa hom nie afdank nie gemors !!!!!!!!!!!

Erika ·

Plaas Aanvalle “Bestaan mos nie Volgens Cyril……”. If you acknowledge it happens you have take purposely accountability..t making a difference
But Ironically Human Rights are celebrated in our country . ..Tsk

Blomme ·

Na elke aanval word gesê verdagtes is op soek… Word die skurke ooit gevang en wat gebeur dan met hulle?

Swerwer ·

Gaan maar min van kom want die spesifikie poliesie stasie se personeel het glad nie spoed nie. Gewoonlik is daar nie ‘n voertuig beskikbaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.