Egpaar se moordenaar gevonnis

Adriaan en Lilly Smit. Foto: Verskaf.

Die 35-jarige Netshiongolwe Pfunzo is twee lewenslange vonnisse en ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf opgelê vir die wrede moord op Adriaan (69) en Lily Smit (67).

Die Smit-egpaar is op 1 Desember 2017 met ʼn ysterstaaf in hul huis in Potchefstroom in Noordwes aangeval. Albei het ernstige kopbeserings opgedoen en Adriaan is op die toneel dood. Lily is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal opgeneem en is twee maande ná die aanval dood.

Pfunzo is ure ná die voorval vasgetrek. Hy het die egpaar se bakkie gesteel en was ʼn paar kilometer weg toe hy in ʼn ongeluk met die bakkie betrokke was.

Pfunzo is Donderdag gevonnis nadat hy vroeër op twee aanklagte van moord en ʼn klag van roof met verswarende omstandighede skuldig bevind is.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom en die ondersoekspan geloof vir hul werk. “Die vonnis moet dien as ʼn herinnering aan diegene wat misdaad pleeg dat hulle tronk toe gestuur sal word.”

Joe van Dyk, die Smits se skoonseun, het destyds aan Maroela Media gesê die aanval was die oggend net ná 04:00. Daar is ʼn kamera in die straat wat wys hoe Pfunzo oor die muur gespring het.

Hy het toe aan die egpaar se bakkie begin peuter waarna Adriaan gaan ondersoek instel het. Pfunzo het ʼn yster wat op die tafel by die bakkie onder die afdak gelê het, opgetel en hom aangerand. Hy het Adriaan toe in die huis ingesleep. Lily het betrokke geraak en sy is ook met die ysterstaaf aangerand.

Die ysterstaaf het gebreek en Pfunzo het nóg ʼn ysterstaaf gaan haal en haar verder aangerand. Pfunzo het toe in die bakkie van die toneel gevlug.

Trudi Botha, eienaar van Electro Security, het destyds gesê die veiligheidsmaatskappy het teen 05:30 ʼn noodoproep van ʼn buurman van die egpaar ontvang.

“Ons reaksievoertuig het saam met die polisie by die toneel opgedaag. Dit was ʼn gru-toneel wat met bloed besmeer was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Hy gaan net weer vry wees na n paar maande met die land van ons. Dan is hy swart ook, so hy kry n werk in staat ook.

Diets ·

Hoekom word daar nie n foto geplaas van die stuk gemors nie? Ek sal graag al daai haat in sy gesig wil sien…

JohanR ·

Waar kom al die haat en woede vandaan? Die ou was seker 8 jaar oud toe Nelson Mandela President geword het, soe wat het witmense aan hom gedoen, of sou hy enige iemand dood geneuk het wat in sy pad gekom het? My motto : get him/them before they get you, or to you. Don’t even allow them anywhere near your space.

Kompas ·

Wat ek nie verstaan is dat dit so lank vat om hierdie genadelose misdadiger te vonnis. Hierdie tragies misdaad het reeds in 2017 plaasgevind.

Cherokee ·

Maki saki, die afleiding is hy was al die pad toegesluit. Dit behoort net nie van sy ‘lewenslange vaniis X 2 afgetrek word nie.

Kanjynoumeer ·

Beskerm en bemagtig jouself deur n vuurwapen 24/7 op jou te dra, maar doen dit steeds binne die wetlike raamwerk.

Prikkie ·

En dan wanner jy jou wettige vuurwapen op ‘n wettige manier gebruik, is dit die eerste ding wat die SAPD na die voorval kom verwyder om dit ballisties te gaan ondersoek. So word jy dan as prooi gelaat vir die volgende aanslag.

Marius ·

Mag ons liewe Vader my behoed laat dit nie met my mense gebeur nie want geen hof sal jou kan help nie

Prikkie ·

En nou gaan die belastingbetalers hom voer en klee vir hoeveel jaar voor hy op voortydige parool uit die tronk vrygelaat word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.