Soorte resepte:

Einde van pad vir ‘hasiemelk’ in SA

Nesquik sal voortaan nie meer in Suid-Afrika vervaardig word nie. (Foto: Argieffoto/Maroela Media)

Nesquik, onder miljoene Suid-Afrikaners ook bekend as “hasiemelk” danksy die kenmerkende haas op die verpakking, sal voortaan nie meer op plaaslike winkelrakke beskikbaar wees nie.

Nestlé Suid-Afrika het besluit om die vervaardiging van die sjokolade- en aarbeimelkgeursel in verpakkings van 250 g en 500 g te staak. Die verspreiding van die produk is op 21 Augustus vanjaar gestaak.

Volgens News24 het die maatskappy dié besluit toegeskryf aan ʼn daling in verkope en ʼn laer aanvraag vir die produk.

“[Nesquik] sal nie meer in Suid-Afrika vervaardig word nie en die verspreiding daarvan word dus gestaak. Nestlé is bewus daarvan dat dit sommige verbruikers sal teleurstel,” sê die maatskappy.

Nestlé se Milo-, warmsjokolade- en kakao-drankies sal egter steeds op die rakke bly.

“Die verbruikers van hierdie handelsmerke toon merkwaardige lojaliteit, en daarom is dit voortaan die fokus van Nestlé se pogings om ʼn gesonder en volhoubare maatskappy vir die toekoms te bou.”

Takudzwa Mupfurutsa, Nestlé se uitvoerende sakehoof vir suiwel in Oos- en Suider-Afrika, sê die maatskappy is opgewonde om die strategiese besluit om op sy sleutelhandelsmerke te fokus, aan te kondig.

“Ons is ook gretig om te verbeter en nuwe produkte bekend te stel, wat binnekort op die rakke beskikbaar sal wees.

“Ons wil ook ons innige dankbaarheid uitspreek teenoor ons verbruikers vir hulle onwrikbare ondersteuning deur die jare.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Stofdonkie ·

Dis nou slegte nuus. Nou word die aankondiging gemaak net mooi as ek nie geld het nie. Sou eintlik nou moes gaan groot voorraad koop vir my. Wat gaan hulle volgende van ons wegneem in die land?

Pieter ·

Toemaar, waar een deur sluit, maak ‘n ander weer oop. Daar sal iets wees want daar is demand. Wat wel ‘n probleem was, was die prys en smaak. Ek mis die our pienk melk van 90s, die nuwes was sleg vir my. Maar soos ek verstaan was die resep verander omdat daar iets ongesond in was, lol…

Koos 100 ·

Teen duurder pryse as hulle mededingers is dit ongelukkig die verloop van sake.

Truman Burbank ·

Ja. Milo is buitendienb die afgelope 20 jaar nie meer lekker nie

Cindy ·

Sal nou maar moet gaan opstock, dis my dogtertjie se gunsteling bederf voor slaaptyd. Die alternatief is propvol suiker (so erg dat dit nie als oplos nie) en kleursel met min smaak, waar Nestle sin minder suiker en kleursel inhet maar genoeg geur. Regtig so hartseer!

Wikkie ·

My dogtertjie ook. Sy drink GEEN koeldrank nie. Slegs water, melk en HASIEmelk.

Steffer ·

Ongelukkig is dit net die minderheid populasie wat dit gebruik en dus moet die produk ook maar die hasepad vat soos al die ou gunstelinge. :-(

Jywilwat ·

Baie, baie dom bemarking strategie. Hulle moes eerder hul kliënte genader het en gesê het wat hulle van plan was om te doen. Hulle kon rekord verkope gemaak het deur dit aan te kondig en klem op hulle produk geplaas het.

Bulkalf ·

Selfde as Marmite, toe was daar, toe was daar nie, toe was daar weer.

Truman Burbank ·

Met Marmite kon mens darm nog terugval op Bovril. Maar die vegetariers was nie gelukkig

Bolandse Nooi ·

Marmite was ‘n ander saak. A.g.v. COVid-19 kon die gisproduk wat gebruik word om dit te maak, nie uit Indië ingevoer word nie. Nestlé SA se besluit om die “hasie-melk” produk te termineer, was kortsigtig, want hoe verduidelik mens aan ‘n 3-jarige dat mens nie meer pienk “hasie-melk” te koop kry nie?

Elma ·

Nesquick is al jare vir my onbekostigbaar. Ek hou baie van dit, maar die prys het gemaak dat dit deel moes wees van waar ek moes sny op lewenskostes. My hasiemelk tande moes ek maar trek.

Harley Davidson ·

Ek wonder hoekom Cadbury, willards en nou nesle ,dinge wat werk moet behou word.

Johann ·

Sad. My en my dogter se gunsteling middel van die nag saam geniet bederf….

Terence ·

Dalk as hulle pryse nie so belaglik geraak het nie, sou ons hulle hasie koeldrank gekoop het. Alles js nou so. Die goed is peperduur op die rakke en sal daar vrot omdat Niemand dit meer kan bekostig nie. Ons maandelikse kruideniersware rekening het die afgelope jaar verdubbel. Altans dit wil so voorkom.

Bolandse Nooi ·

En kyk maar gerus: Checkers het nou die duurste geword, met hulle “fênsie black-‘n-gold”-supermarkte. Bv. Hall’s vrugtesapkonsentraat: @Pick ‘n Pay = R24.99, @ Shoprite = R21.99, @Food Lover’s Market – R32.99; @Checkers: R39.99!!! Dieselfde produk, dieselfde grootte. Elke maand, soos mens die noodsaaklike gaan koop, sien jy net hoe kospryse die hoogte inskiet sonder enige opsigtelike oorsaak, wat mens net tot die gevolgtrekking laat kom dat SUIWER WINS die oorsaak is.

Vonkprop ·

Nestlé, ek dink nie dit is omdat gewildheid afgeneem het nie, dit is omdat alles so duur raak en niemand meer iets kan koop nie. Groot verskil. Julle gaan seker nou weer vir ‘n sekere deel van die mark probeer bemark so sien uit na die local is lekker produk.

AmY ·

Dis omdat dit so onbekostigbaar duur geword het vir die gewone mens.
En saam die prys van melk, is dit buite die bereik van baie mense.

Olive ·

Wanneer aanvraag afneem, is dit omdat daar aan die produk gekarring word en die smaak belemmer.
Selfs Nestle Milky Bar was altyd heerlik melkering en tog so lekker om te suig. Nou is dit ‘n geel blokkie suiker wat maar gekou moet word. Geen milky smaak meer.

Truman Burbank ·

Snaaks dat, gedurende sanksies, was daar meer en beter produkte op die mark.

Sê maar net ·

Ai tog. My kinders en kleinkinders het groot geword met Nestle se pienk melk. Wat ‘n telleurstelling :-(

Truman Burbank ·

Wie onthou die Cadbury Peppermint Pattie van die 80’s? Selfs die rekord daarvan het verdwyn. En Sugus. Ai. En OK se Pic n Mix.

Suzette ·

Koop dit al jare nie meer nie, want die produk het verander en die lekker is uitgehaal en so onbekostigbaar geword, dat dit nie eers meer die moeite werd was om my kinders daaraan voor te stel nie. Vandag is hul al self volwasse met kinders en hul koop dit ook nie. Goed geleer om te improviseer. Jammer vir die wat dit wel koop.

Michael ·

Darem ‘n stukkie goeie nuus vir die dag. Moes lankal gebeur het

Jax ·

Baie dom besluit! Iemand in julle kantoor kan nie Somme maak nie. Jy kan maar enige tyd van die dag by die winkels instap en Sien dat die pakkers weer die rakke moet vul met Hasie-melk. Ek sidder om te dink watter produk in die plek daarvan gaan kom – iets vir die massas waarskynlik

Truman Burbank ·

Rice Crispies is terug. En nie die walglike vanilla geur nie. Puffed wheat is ook terug

Tersia ·

En Simba se Tamatiesous chips, chocolate log en vele ander wat ook genoem kan word.

Alida ·

Dit is in elk geval nie goed om melk te drink nie. Melk (buiten borsmelk vir babas) is vir kalfies bedoel. Om dan nog ook ‘n klomp pienk kleursel en suiker daarby te meng, is nie die gesondste keuse nie. Sommige mense sal dus die produk mis, maar op die lange duur is dit dalk beter vir hulle gesondheid.

Truman Burbank ·

Ek het buitendien nog nooit n koei hoor kla wanneer sy gemelk word nie. Die wat kla is gewoonlik op social media

Surizaru ·

Ai, baie slegte nuus. Ek en my dogter (al hoërskool) is so mal oor die bruin Nesquik, dat dit net te duur geword het teen die tempo waarteen ons dit drink! Ons het toe ‘n reël gemaak dat net Dinsdae, Donderdae en Saterdae “bruin melkie aand” is. En dit bly vir my die beste bederfie van ‘n Dinsdag, Donderdag en Saterdag! Gaan dit baie erg mis.

Delia ·

Klaar vamdah die laaste 2 op die rak gekoop by n PicknPay. Die kassier vra…nou hoekom. Mense koop dit dan nog so..

Charllas ·

Ja maar die prys van ons “hasie-melk” is onbekostigbaar! Ek die naweek weer gekyk en maar verby gekyk. Ons normale mense kan dit nie bekostig nie

Se maar net ·

Ai, dit is ‘n groot gatslag vir gestremde kinders asook kinders met suiwel allergie. Besef die maatskappy nie watse impak dit het op ons spesiale kinders nie? My dogter het suiwel allergiee en hierdie was een wat sy kon drink want dit bevat geen suiwel nie. My susters kind het asperger’s sindroom en dit is al wat hy drink, hoe nou gemaak? Ander “brands” proe nie dieselde nie. Sies Nestle!!!!!

SwartBees ·

Om sweeto aan maak koeldrank (raspberry en cream soda) met melk te meng proe net soos nesquick, jy moet net die ratio kry wat vir jou werk…en dis baie goedkoper.

Phillip ·

Einde van n laaaaaaaaaaang pad. Dis al wat plaasmelk kon red as die beeste weer bossies gevreet het. Niks lekkerder as n beker ys koue hasie melk op so warm dag nie. Maar melk is ook maar net so duur, Nesquik tande met n SIXO budget dis ek daai

Dromer ·

Dit verkoop nie meer so goed nie want jy betaal amper R 60 n blik waar dit 2 jaar terug bekostigbaar was. So gaan als verdwyn.

Papsak ·

Sien weereens alles maar alles word net uit SA uit weg gevat vir wat vat hulle dit nou weg nee regtig gaan dit ook na china toe want alles van SA gaan mos na hulle toe

Surizaru ·

Ek is bevrees ek is verslaaf aan bruin Nesquik! Ek sal dit maar in die toekoms een keer per jaar van Amazon af bestel :-)

Wikkie ·

In my opinie is daar nie minder belangatelling in díé produkte nie, maar ‘n daling in aanvraag daarvoor bloot as gevolg van hoe bitter duur dit geword het. Want meeste mense wat ek ken is absoluut mal oor Nesquik melk, maar hulle koop dit nie omdat dit ‘n duur luksheid geword het.
Nuuskierig om te hoor wat ander gebruikers sê daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.