Enock Mpianzi: “Ons het bly sê hy is weg”

Enock Mpianzi (13).

Vriende van die 13-jarige Enock Mpianzi wat verlede week op ʼn gr. 8-kamp van die Parktown Boys’ High School verdrink het, het herhaaldelik aan kamppersoneel gesê Enock is weg. Hulle is egter telkemale weggewys sonder verdere ondersoek na waar Enock hom bevind.

Vrae het ontstaan oor die tydsverloop tussen Enock se verdwyning Woensdag en die aanvang van die soektog Donderdagmiddag. Die seuns het by die Nyathi-sportkamp buite Brits in Noordwes gekamp.

In ʼn onderhoud op Talk Radio 702 het een van Enock se klasmaats die sluier gelig oor wat presies dié dag by die kamp gebeur het. Die seun, net bekend as Sizo, se van word weerhou uit vrees vir viktimisering.

Sizo (13) vertel hy en sy vriend, Solly, het met Enock vriende gemaak net voor hulle op die bus na Nyati geklim het. Volgens Sizo het die onderwysers nie ʼn teenwoordigheidslys afgemerk van die seuns voor hulle op die bus geklim het óf na hulle by die kamp aangekom het nie.

“Toe ons by die kamp aankom, het ons onmiddellik begin met ʼn aktiwiteit waartydens ons ʼn draagbaar moes bou. Enock was in my span,” vertel die seun. “Toe ons klaar die draagbaar gebou het, is ons almal af na die rivier. Die onderwysers was nie by nie, slegs die kampfasiliteerders en ʼn paar prefekte.” Sizo sê kamppersoneel het leerders gevra wie kan swem. “Enock het aangedui dat hy kan swem. Dié wat kon swem moes toe in die Krokodil-rivier spring en regmaak om met die draagbaar resies in die water te hou. Hulle het nie vir ons reddingsbaadjies gegee nie. Ons is ook nie gevra om reddingsbaadjies saam te bring nie.”

Parktown Boys High School (Foto: Google Maps Street View)

Sizo sê die rivierstroom was baie sterk en die draagbaar het binne minute omgeslaan. “Elke span het ʼn rubberpyp (tube) gekry waaraan ons kon vasklou, maar Enock het gesukkel om daarby uit te kom. Hy het net op een plek bly swem. Ek het probeer om ʼn stuk hout na hom uit te hou, maar hy kon nie by dit uitkom nie. Een van die ander seuns het geskree om hulp, maar daar was geen grootmense in die omtrek nie.”

Sizo sê toe hulle om ʼn draai in die rivier kom, het hy vir Enock verloor. Van die kamppersoneel het ʼn entjie verder op die wal gestaan en die seuns uit die water gelig soos hulle verbygekom het. “Die stroom was baie sterk. Ek sou nie self kon uitkom nie,” sê Sizo.

Hierna is die seuns na die saal gejaag, waar daar vir die eerste keer ʼn teenwoordigheidslys afgemerk is. “Toe hulle Enock se naam uitroep, het Solly sy hand opgesteek. Die personeellid het hom gevra of hy Enock is en toe hy sê ‘nee’ het die personeellid net aangeloop.”

Sizo sê hy en Solly het verskeie kere deur die loop van die middag aan kamppersoneel probeer vertel dat Enock nie meer by hulle is nie. “Van die personeel was baie ongeskik en het ons weggewys. Ander het gesê hy het nie op die kamp gekom nie of is saam met ʼn ander groep op die kamp.”

Polisieduikers het Enock se liggaam in die rivier gevind. (Foto: Panyaza Lesufi/Twitter)

Donderdagoggend is nóg ʼn teenwoordigheidslys afgemerk. “Een van die onderwysers het gesê hy dink nie Enock het op die kamp gekom nie. Ons het egter die onderwyser genader en gesê Enock was beslis op die kamp. Toe eers is ʼn soektog begin, hoewel aktiwiteite by die kamp voortgegaan het,” vertel Sizo.

Intussen het Nyathi-kampterrein hul stilte verbreek en by monde van hul prokureur, Daniël Eloff, bevestig dat die seuns Woensdag aan ʼn aktiwiteit moes deelneem wat behels dat hulle resies moes hou met ʼn draagbaar in die rivier. “Die aktiwiteit het plaasgevind in die vlak kant aan die buitewyke van die rivier en 17 van Nyati se kampfasiliteerders en personeellede van die skool het toesig gehou,” sê Eloff.

Die draagbaar is glo ondersteun deur vier gepompte binnebande. “Leerders het opgewonde geraak en mekaar begin verbysteek om voor te kom. Dit het ʼn gevaarlike situasie geskep, omdat van die leerders na die dieper kant van die rivier beweeg het waar die stroom sterker was, in ʼn poging om die ander verby te steek.”

Eloff sê fasiliteerders moes drie van die seuns uit die water help en die aktiwiteit is onmiddellik stopgesit toe personeel besef dat dit te gevaarlik raak. “Op geen punt het die fasiliteerders besef dat een van die kinders deur die stroom meegesleur is nie.”

Volgens Eloff het die personeel Woensdagaand gekyk wie teenwoordig is en agtergekom agt van die leerders is nie teenwoordig nie. “Ongelukkig het die skool nie ʼn opname van leerders geneem voordat hulle by die skool vertrek het nie, so daar was geen manier om te weet of die afwesige leerders wel die kamp bygewoon het nie.” Hy sê eers nadat die ouers van dié agt leerders laat Donderdagoggend gekontak is, kon hulle vasstel Enock is weg.

“Die standaard noodprosedures is onmiddellik in werking gestel en lede van die gemeenskap en polisie is in kennis gestel om te help met die soektog.”

Eloff sê die Nyati-kamp spreek hul diepste meegevoel met die Mpianzi-familie uit weens hul tragiese verlies. “Ons deel Enock se geliefdes se pyn en ons personeel ontvang ook berading.  Nyati sal sy volle samewerking gee in alle ondersoeke wat gedoen word en toegang tot die eiendom bied,” sê Eloff.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Kaa ·

Daai kampterrein het al van tevore n kind se lewe gekos, en daar is al vir jare lank gemaan dat die plek as onveilig moet beskou word. Met swak personeel en nog swakker toesig.

Sê maar net ·

Kaa ek was self daar op n kamp gewees jare terug en het self amper verdrink in daai river. Hul het gesien die stroom vat my en het my net gelos. Met n groot gespook het ek 50m verder kon n boomtak gryp en uitkom. Hul het nie eers seker gemaak ek is ok nie

Pik ·

Was jy al daar? Kyk bietjie wie het kinders daarna toe gevat en wie het toesig gehou

Sarel ·

Wonder of maak die skool gebruik van vrywaringsforms?
Ons mag nie op ‘n bus geklim het as dit nie in plek was nie.

Chris-Mari ·

Vrywaringsvorms beskerm nie ‘n skool wanneer die skool aanjaag nie. Dis niks werd, as sekere prosedures nie gevolg is nie.

Sus ·

Stem saam Chris-Mari, jy kan jouself nie ‘vrywaar’ teen agterlosigheid nie. Jy bly skuldig, maak nie saak watse vorm geteken is nie! Hier word die blaam darem lekker aangegee vir die volgende party.

MissDemeanor ·

‘n Vrywaringsvorm is nie verhewe bo die wet nie. ‘n Vrywaringsvorm gee vir niemand vryskelding van vervolging as hul verkeerd opgetree het nie. As die kamp en die skool nie kan bewys dat hulle alles in hulle vermoe gedoen het, binne die perke van wat verwag word van hulle, om die kinders veilig te hou ne, dan beteken daardie vrywaringsforms net mooi niks. Ek hoop die skool en die kamp word vervolg met al die mag van die reg.

Anoniem ·

O ja, daar is vrywaringsvorms. Ek se al jaaaare hierdie kampe moet gestop word. Dis n lekker vakansie vir onderwysers en die kinders wird aan die genade van “sekere mense” oorgelaat. Ek weet waarvan ek praat. My kleinseun was in n situasie en klagtes nà die kamp, by die skool, het op NIKS uitgeloop nie. My hart gaan uit na die ouers en familie en sy maatjies. Sterkte vir julle.

karen ·

Dit is nog steeds baie baie hartseer. Niks wat enige iemand nou kan of wil doen gaan vir Enoch terugbring nie. As dit wat Sizo sê waar is – daar is net een word : NALATIG! Dit is een tragedie te veel. Hoop skole en kampterreine besef die erns van die verantwoordelikheid van kinders onder hul toesig en neem aksie. Pro-aktiewe maatreëls nog meer opskerp.

Elsabe ·

Dis uiters swak! Van beide die skool en die kamp terrein. Dit is OHS vereistes om ten alle tye te weet wie jy op jou werksperseel het. Punt die kampterein het dit nie gedoen nie en was nalatig! Die arme ouers het hul kind verloor.

WELKOM ·

Skole is somtyds baie nalatig en dan DWING hulle die ouers om vrywaringsvorms te teken

Daadie papier is nie dit werd waarop dit geskryf is nie.

Hulle moet die skoolhoof aankla van stafbare manslag omdat hy die verantwoordelike persoon bly in wie se hande die ouers die verantwoordelikheid geplaas het

Genieve ·

Ek se weer dus nalatigheid want daars gese hy is nie by so die onderwysers van die kamp moet verantwoordelikheid neem dus al

Liza ·

NALATIGHEID DIS VERSEKER……….en ja nou is hy weg……weet hulle hoe voel dit om ‘n kind te verloor……….ek glo nie……hoop die waarheid kom uit….

Santjie ·

Ek dink dis ook onverantwoordelik van 702 om selfs net die seun se naam te noem. Hoeveel seuns kan daar in daardie groep wees met die naam van Sizo. Hy kan nog steeds geviktimiseer word! Almal wat met hierdie uitstappie te doen het, moet verantwoordelik gehou word. Dit lyk of die skool en die Nyati-kamp nou oor en weer beskuldigings gooi terwyl dit duidelik is dat albei partye skuldig is.

charl ·

Sizo en Solly is skuilname volgens n ander berig wat ek gelees het.

charmaine ·

Nalatigheid van skool en kampterrein personeel, hoekom is die kinders nie met “life jackets” en harde hoede voorsien nie?, Hoekom was daar nie terrien personeel saam met hulle by of op die vlotte nie? En ek sal eeder die kinders glo as die volwassens hulle gaan nou baie verskonings he. En hoekom nou ewe skielik is daar n prokureur vir die lodge?

Nie seker nie ·

Ek is nie seker of enige poging 5 of 5 ure later hom sou kon red as hy eers onder water verdwyn het nie. Dit is egter gruwelik nalatig dat hulle dit nie binne ‘n redelike tydperk besef het nie. En dan, is dit die seun se eie woorde of is dit vertaal want dit klink effens voorgesê. Van die personeel was ongeskik … nou wat van die res? Die hele strorie klink bietjie onsamehangend van beide kante af.

Carel Wilken ·

Buiten die growwe nalatigheid wat duidelik daar was, lyk dit vir my probeer hulle nou die na;atigheid toesmeer ook. Ek se altyd, Adam het gese dis Eva en Eva het gese dis die slang…
Ek was ook vir jare verbonde aan Lifesaving SA: ons het dit as krities belangrike beskou dat daar opgeleide lewensredders aan diens moet wees by enige vorm van watersport. Hier was soos ek verstaan geen lewensredders nie… Dis lyk soos die baie tragiese gevolge van dom-astrant nalatigheid! Maar laat ons eers die uitslae van die amptelike ondersoeke sien.

ZeeBee ·

Baie nalatig van die kampterein sowel die skool en personeel. Dis tyd dat die skool SOWEL as die personeel bietjie pligte nakom. Hulle is daar om leerders te leer, en dan op kampe sal ek dink hulle moet meer veranwoordelikheid neem om na die kinders om te sien. Deesdae se onderwys is net een lekker lang vakansie. As die onderwysers hulle pligte nagekom het, het hierdie seun nog gelewe !!!!

Z ·

ZeeBee
Een lang vakansie! Jy moet jou woorde tel!
Maar ek stem dat hierdie onnies saam met die oord-personeel verantwoordelik was vir toesig.

Asjas ·

My jongste en laaste kind maak hierdie jaar klaar met skool, ek kan nie wag nie!! Ek is goed keelvol vir onderwysers, admin personeel en die regering wat onderwys oogevoeter het tot die punt wat niemand dit meer sal herken nie. Dit is ‘n geldmaak klug, duur skoolklere, ongeskikte onderwysers en lae kwaliteit onderwys!!

Hanno ·

Ooooo mense, ek is bly ek is nie die skoolhoof of lodge eienaar nie. Bitterlik bly. Dinge lyk nie goed vir hulle nie.

O Wee ·

Die kamporganiseerders het geweet daar is ‘n sterk stroom in die rivier en het van gr 8 kinders (!) verwag om daar weg te bly, sonder om voorsorgmaatreëls te tref. A nee a!!

toy ·

Maak die kampterrein toe of daar moet nooit weer skool aktiwiteite daar gehou word nie. Die kinders moet nogal in die krokkedilrivier met ‘n vlot resies hou. Dit lyk vir my of daar baie foute begaan is.

Martina ·

Ek wil weet hoeveel gr 8 leerders waa daar en hoeveel onderwysers of toesighouers.
Skokkend dat die onderwysers nie eers register hou en nie!
Riviere is gevaarlik, vol strome en donker. Defnitief niè geskik vir orienteringskampe vir sulke jong kinders nie.
Weereens, teen ń sterk vloeiende rivier verg dit ń uiters ervare swemmer of lewensredder om iemand wat in die moeilikheid is, te help.
Kom ons hoop die onderwysdepartemente skrik wakker en oorweeg veiliger opsies.

Ongeluk ·

Hy is gevra, en gese dat hy kan swem. Vir enige een wat nie kan swem nie, sal die geringste stroompie vir jou soos verskriklik sterk lyk soos vertel deur die geheime informant op radio. Ek glo nie dat nie een van die onderwysers nie sou wou luister indien hulle ingelig is oor die gebeure nie.

Rusty ·

My seun het begin swem toe hy twee jaar en 6 maande was. Offisiële swemlesse gekry tot en met hy in Gr 3 was. Hy kan ordentlik swem. Ek het hom nogsteeds nie toegelaat om alleen by ons swembad te gaan sonder toesig nie. Enige iets kan gebeur. Hy is nou 15 en as hy alleen gaan swem loer ek kort kort deur die venster of gaan sit by hom. Jammer maar ‘n ongeluk gebeur vinnig maak nie saak hoe goeie swemmer jy is nie.

VanAfrika ·

Dit maak nie saak of hy kon swem of nie, daar moes volwasse swemmer/lewensredder en skool personeel by die aktiwiteit betrokke wees. My kinders was swemmers en was nie toegelaat om sonder volwasse toesig te swem nie.

Asjas ·

Ek daarenteen glo dit nie net nie maar moes dit onlangs self beleef met my eie kind. Hoe harder hy met die “meneer” probeer praat het hoe slegter is hy behandel, soos ‘n sleg hond afgejak en weggejaag, toe dit in die hoof se kantoor draai toe lieg die “meneer” maar toe onthou my seun mos daar is kameras… lang storie kort, die storm het het net daar skielik bedaar?

Daleen Pretorius ·

Maroela Media maak asb die berig reg. Die kind se naam is Enoch

Elaine Krige ·

Hallo Daleen. “Enock” is die manier waarop die skool en die polisie sy naam spel. Daar is verskeie entiteite en media-huise wat sy naam met ‘n “h” spel, maar dit verskil ook. Ons het besluit om met die skool en polisie se weergawe te gaan.

Cherokee ·

Elaine, net ‘n korreksie. Internet vertalers werk nie altyd so eenvoudig nie. Dit wat ‘rubberpyp (tube)’ genoem word en 4 rubberpype elders, is waarskynlik binnebande.

Elaine Krige ·

Hallo Cherokee. Gelukkig maak ons nie gebruik van “internetvertalers” nie. Baie dankie vir jou insette.

Hb ·

Ek hoop iemand gaan daadwerklik tronk toe vir dit. Daardie mense werk met ander mense se kinders man. Hulle moes beter geweet het en meer belang gestel het en verantwoordelik opgetree het

Antonie ·

Enige water aktiwiteite rivier of see moet lewens baadjies en kop beskerming gedra word….punt…sonder dit..wel,dan is jy verantwoordelik wat hulle die aktiwiteit sonder dit laat doen…

AndrewL ·

Antonie, ek neem aan jy dra lewensbaadjie en kopbeskerming wanneer jy gaan swem. In ‘n rivier wat sterk vloei is lewnsbaadjie seker nodig, maar kopbeskerming? En in die see, dan sien ek groot hofsake as ek so na see swemmers kyk.

My mening ·

Dit is vir my so erg wat met hierdie kind gebeur het. Hier is hierdie jong seun, pas met hoërskool begin en opgewonde om saam met sy maats te gaan kamp en kort na sy aankoms sterf hy. Daar is absoluut geen verskoning vir wat op daardie kamp gebeur het nie. Die volwassenes, onderwysers en kamppersoneel, het nie hul werk gedoen om na die kinders om te sien nie. Dis hulle skuld dat hierdie kind dood is. En nie een van hulle is bereid om verantwoordelikheid te aanvaar nie, hulle blameer selfs die kinders. Hulle optrede is absoluut walglik. As ek sy ouers was, sal ek hulle almal dagvaar vir miljoene en sorg dat daardie skool en kampterrein toegemaak word. Ek weet dit sal hom nie terugbring nie, maar hulle moet boet vir wat hulle gedoen het en daar moet verhoed word dat hulle ooit weer so iets doen.

Bella ·

@my mening – ek stem met jou saam behalwe hulle moet boet vir wat hulle NIE gedoen het, naamlik om na hierdie kinders om te sien. My hart stukkend vir hierdie seun en sy ouers. Die gal sit in my keel vir die nalate van die “verantwoordelikes”

@My Mening ·

Ek stem 100% saam jou. Verskuif net die blaam, almal van hulle. Dit sal gaaf wees as die skool sowel as die kampterrein hulle aandeel en fout hierin erken

Pierre ·

Watter baat is daar in hierdie kampe. Orientering is oudmodies en belaglik. Ouers moet dit teestaan voordat dieselfde gebeur waar blaam nou uitgedeel word. Ouers moet besef hoe waardevol jul kinders is en baie seker maak voordat iemand (enigiemand) met hierdie kosbare wesentjies toevertrou word

Rusty ·

My seun was twee jaar terug by so kamp. Dit was vir hom die wonderlikste belewenis ooit. Die kamp was op die skoolgronde gehou en hulle het in die skool koshuis geslaap. Hulle het speletjies gespeel, mekaar leer ken, ateletiek uitdunne gehou, die skoollied geleer en deur die skool se dissiplinere kode gegaan. Daai twee dae was vir hom pure genot. Na daardie twee dae was hy gereed en gemotiveerd om sy loopbaan by die betrokke skool te begin. Dit hang af hoe die skool dit doen. Party skole doen moeite met die kampe.

Sann ·

As ontgroening (of water skuilnaam jy ookal daarvoor wil gee) op universiteitsvlak verbied word, hoe is dit dan nog enigsins moontlik dat hierdie soort “kampe” toegelaat word. En tweedens, is dit eties korrek dat ‘n radiostasie (en gevolglik enige ander media) ‘n onderhoud voer met ‘n OOGGETUIE, en dit dan aan die publiek versprei? Dit is baie duidelik dat dit menslike foute, growwe nalatigheid en uiters swak koördinering was wat bygedra het tot hierdie leerder se dood. As hulle kleuterskole kan sluit, behoort hierdie skool en kampterrein beide verbied te word om ooit weer so aktiwiteit vir enige groep aan te bied.

Kas ·

Die kampterrein personeel en onderwysers het gesien die river is involved hoekom die aktiwiteit enigsins laat plaasvind.Hoekom het hulle nie gereageer toe alarm gemaak is dat die oorledene nie meer by hulle is nie.Hoe kan die skool kinders op ‘n kamp vat sonder ‘n lys.As ons 50 km vêr gery het met die bus vir sport was jou naam gelees van ‘n lys af en met die terugtog dieselfde.Ek het eendag stilgebly toe kry ek ‘n snotklap.

Anel ·

Die kinders het beweer die een is weg. Hoekom het hulle nie dadelik alarm gemaak by die water nie. As een vir my kom sê ‘n ander een is weg gaan ek ook vir hom sê om te loop. Niemand van ons was daar nie. So hiu op klippe gooi. Dit is nou van kulture meng. Mense verstaan mekaar verkeerd. Hulle is boonop vlugtelinge wat nou miljoene uit ons as belastingbetalers wil wurg. Hoekom is daar nie so ophef gemaak verlede jaar van die Driehoekkinders nie of bewerings gemaak van miljoene rande se eise nie. Mense, kry julle prioriteite reg.

Hermi ·

Anel – skaam jou. Skaam jou.
‘n Mens, ‘n kind, is dood. Niks sal hom terugbring nie. Ek hoop net van harte iemand word verantwoordelik gehou. En dat die tragedie lei tot beter veiligheidsmaatreels by die tipe kampe. RIP Enoch.

Martina ·

Hoeveel gr 8 leerders was op hierdie kamp en hoeveel onderwysers was daar wat moes toesig hou?
Growwe nalatigheid van die onderwysers om nie eens te weet watter leerlinge wel saam is nie.
HOEKOM word daar kampe by ‘n rivier gehou en dit vir sulke jong kinders al is hulle goeie swemmers. Riviere is onvoorspelbaar, donker en vol strome.
Daar is soveel beter en veiliger maniere om spanbou te beoefen.

Ekke ·

Nerens word daar melding gemaak van gr8 seun van Laerskool Bekker se verdrinking, hy is geboelie met swembad vol seuns, waar was die onderwysers of toesighouers?

Alta ·

Is die soort van kampe regtig noodsaaklik? Wat word daardeur bereik? Veral ontgroening!!

Jean ·

Tragiese ongeluk, maar nie die eerste en laaste keer nie. Jongman se lewe is kortgeknip en sy gesin treur. Nou wil politici weer onmin saai en punte probeer inpalm uit dié tragedie.

Oud en Wys ·

Almal wil weer vinger wys en oordeel. Doen eerder jul werk waarvoor jul betaal word en klim van die internet af.
Dit klink nie of die twee leerders baie goed kommunikeer nie. Hoekom hardloop hulle saal toe as hul weet hul maat is in die moeilikheid. Jy maak alarm asof die hel los is. Volgens die perfekte mense hierbo was daar nie een volwasse mens by die kamp met ‘n gewete nie. As iemand voor jou tekere gaan sal jy mos LUISTER!
Patetiese samelewing wat kan oordeel.

MERAAI ·

EK WOON LANGS HIERDIE RIVIER MY KINDERS 4 SEUN HET LETTERLIK IN HIERDIE RIVIER GROOTGEWOORD. MET BINNEBANDE DIE RIVIER AF GEVAAR EN NIKS OORGEKOM NIE. HULLE WAS OOK ALMAL OP KAMPE WAT HULLE BAIE GENIET HET.
hIERDIE IS N UITERS TRAGIESE GEVAL WAT NOOIT MOES GEBEUR HET NIE. STERKTE AAN DIE OUERS, EN ALMAL BETROKKE

Mel ·

Wanneer ons leerlinge op uitstappie neem word teenwoordigheidslys voor die tyd geneem. Ons head count dikwels en wanneer ons terugkom. N uitstappie is uiters uitputtend omdat ons dophou day dit bars. Daai ring kopsere so on mens se kop is al wat ek oor hou. Was nalatig om nie te weet wie op kamp was nie. Onverstaanbaar

madels ·

Dis so n pragtige seun, lyk ook sommer nog skamerig en onskuldig. My hart gaan uit na die ouers en familie en ook die vriende wat moes aanskou dat hulle nie hul maatjie kon red nie. Dit moes baie erg trauma veroorsaak het by hulle. Mag die Here almal diep vertroos.

Barry ·

Dis so hartseer. Hoekom kan die kamp dan nie lewens baadjies verskaf nie. My seuns. 11en 13 dra dit selfs as hulle saam my roei, dit is boonop goedkoop maar kan jou ten minste bo hou. Baie jammer vir die kind se familie, My oudste seun was ook nou op so kamp, Gr8, kamp. Kan my nie indink hoe ek sou voel as hy moes iets oorkom nie!

Feite ·

Wil vi my amper klink soos die destydse “recce” opleiding…op n “draagbaar” in n vol rivier….sonder reddingsbaadjies en die moontlikheid vn krokodille!!!!!

Alexz ·

Oooo, die ‘Kleine Keiser’ van die rooi bende het klaar begin ‘stir’ Die politici is klaar besig met ñ rasgedrewe ‘versoenings aksie’

Anna Mostert ·

Ek het nie die kommentare gelees nie. Wat vir my jammer is is dat n seun dood is, iemand se kind is dood. Aan die einde vd artikel het ek die idee gekry dis iemand, niemand, en nie my skuld nie. Ek is jammer vir die gesin en familie wat n seun verloor het. As dit waar is wat gesê word vd onderwysers en ander personeel, then it certainly does not bode well for the school and probably the camp’s personell as well

Strandloper ·

Skandelik!!! Hoop hul sluit die onies toe wat so met kinders se lewens speel!

Willem ·

Ek was jare terug in die kamp bedryf, dit was by sommige kampterreine die praktyk om onderwysers weg van die kinders af te “entertain”. Onderwysers word gevoer met drank en eetgoed en is glad nie betrokke by die program nie.

Tamara ·

PURE NALATIGHEID van die skool, hulle moet aangekla word en betaal alhoewel dit nie die arme kind gaan terugbring nie.

Lynette ·

Niemand praat oor hoe die twee seuns, wat duidelik geweet het Enock is in die moeilikheid in die water, dit net GELOS het toe die personeel hulle nie ernstig opgeneem het nie?? Die laaste oomblikke wat hulle vir Enock gesien het, kon hy nie by die ‘tubes’ uitkom nie en het self n stok na hom uitgehou wat hy nie kon by uitkom nie – toe verdwyn hulle om die draai en verloor Enock uit die sig. Geen probleem-oplossing denke nie….die personeel.het hulle geïgnoreer…sal mrns dan nie jou ouer bel om te sê Enock was in die moeilikheid in die water en ons het hom nooit weer gesien nie…die personeel wil nie luister nie…bel asb die skoolhoof.!! Ek dink nie hierdie twee seuns het die erns v d situasie benadruk nie. Hulle het heel moontlik bloot gesê Enock ‘is nie daar nie’ – maar NAGELAAT om die voorafgaande te verduidelik….dat Enock IN DIE MOEILIKHEID WAS IN DIE WATER TOE HULLE HOM LAASTE GESIEN HET!

Piet ·

Klink beslis soos nalatigheid aan die skool en kampterrein se kant. Dit klink ook vir my bietjie vreemd dat niemand gereageer het toe die kinders om hulp geroep het nie – sekerlik moes die ander leerders ten minste gehoor het en hulle maats probeer ondersteun het. En as jy kinders uit ‘n sterk stroom haal en hulle sê iemand is weg, hoekom sal dit net geignoreer word? En as niemand reageer op jou pleidooie dat iemand weg is nie, sal mens werklik vir soveel ure dit net aanvaar – sou mens nie aanmekaar bohaai maak tot iemand reageer nie? Hierdie situasie is verskriklik, maar ek wonder of alles wat ons hoor feitelik is en of daar nie maar ook bietjie aangedik word nie. Daar was alreeds iemand wat die ras aart oor hierdie voorval gespeel het. Ek hoop regtig ter wille van die ouers dat hierdie nie in ‘n sirkus gaan ontaard nie en dat mense regverdig en met sensitiweit sal optree.

Gesiggie ·

Hierdie is bloot nalatigheid van die personeel , toesighouers , jul kon verjoed het dat die kind verdrink as jul net bietjie meer aandag gegee het en jul werk gedoen het. Eerstens toe hul op die bus klim… was geen name afgemerk? toe jul stop by die Nyati Kamp weer geen name is uit geroep??? jul geen geen beheer gegaan oor wie daar is en wie nie??? en Nadat die seun aan jul genoem het dat Enock nie daar is??? net weggeloop. Jul moet juself blameer vir die dood van die kind. Die rivier stroom was sterk al kon hy swem, moes jul nogsteed n lifejacket voorsien het. My innige meegevoel aan die ouers. Hoop die mense wat so onverantwoordlik was word aangekla.

Dries Moolman ·

Elke liewe berig oor hierdie saak het ‘n ander angle of effens anderse weergawe, soos wat almal getuienis lewer. Wat ek nie verstaan nie, daar word gese die vriend het Enock om ‘n draai van die rivier verloor, en verder met die rivier af het personeel hulle toe uit die water gehelp, en toe is hulle teruggejaag saal toe. Waarom het die vriend nie ‘n helse bohaai gemaak deur, die oomblik toe hulle aan wal is, te skree: “Iemand verdrink, iemand verdrink, iemand verdrink!!!” nie? Ek kan nog glo dat enige volwasse toesighouer so iets sou ignoreer nie.

Hennie ·

Stem saam Dries. Wonder ook hoe word stories nou “aangepas” om kampmense en/of skool totale blaam te gee? Wil amper skryf normale mense skreeu blou moord as mens iemand sien wat hulp nodig het.

TJ ·

Wat net vir my baie vreemd is, is die feit dat die maatjies gesê het Enock is “weg”. Dan klink dit dalk of hy nie by sy kamer is nie, of dalk in die badkamer is of erens rondloop op die terrein. Ek weet dis nie die kinders se skuld nie, maar as my maatjie onder die water verdwyn of dis die plek waar ek hom laaste gesien het, sal ek mos oombliklik vir personeel of volwassenes sê hy is IN DIE WATER !!!!! Mens sal mos nie maak of dit laat blyk dat hy net “weg” is nie. HY IS IN DIE RIVIER. Sodra jy uit die water is, sal jy mos aanhou tot iemand Enock soek en kry???????????? Of dalk is dit net ek…..

ProotGraat ·

Die onverantwoordelikheid begin al met die vraag of die kinders kan swen. Dertien en veertiejariges sonder life jackets in ‘n sterk rivier, dit maak amper nie saak hulle kan swem nie. Dit is doodeenvoudig NIE AAN NIE!!!

Meraai ·

Stem!!!! Dit glo ek ook nie. Hoekom sou onderwysers dit nou wou ignoreer? Wegloop? Onbeskof wees?
Was daar volledige lys van kinders?
Was daar gereeld opname vd kinders gedoen?
Daar moes voorsiening gemaak gewees het van lewensreddings baadjies.
Daar moet lewensredders teenwoordig wees vir sulke aktiwiteite (water).
Beide groepe is skuldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.