Eskom: Is dit nou nag vir SA?

André de Ruyter het Woensdag as hoof van Eskom bedank. (Argieffoto: Du Preez de Villiers)

Kenners is dit eens dat André de Ruyter se bedanking by Eskom nie die probleem gaan oplos nie, inteendeel, meen ten minste een kenner, die verval sal moontlik nou vinniger gebeur.

Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI), sê hoewel hy nie glo die netwerk sal heeltemal ineenstort nie, Suid-Afrikaners beslis nog beurtkrag kan verwag.

“Dit is slegte nuus; moenie dat iemand dit vir jou gunstig probeer voorstel nie.

“De Ruyter se vervanging gaan Eskom egter nie wonderbaarlik omdraai nie. Eskom se beste kans om gestabiliseer te word, is daarmee heen. Ons is nie onder die illusie dat Eskom omgekeer kon word nie, maar De Ruyter het die verval verlangsaam.”

Die onafhanklike energiekenner Chris Yelland stem saam. “Suid-Afrika ondervind tans die ergste beurtkrag oor die langste tydperk in die geskiedenis van die land en om nou koersloos te wees, is glad nie goed nie.

“Presies dieselfde probleme gaan die nuwe uitvoerende hoof en die nuwe bedryfshoof in die gesig staar. Hierdie is nie ʼn een mens- probleem nie. De Ruyter was nie die probleem nie; die probleem lê veel dieper.”

Tshepo Kgadima, ook ʼn energiekenner, is ʼn uitgesproke kritikus van De Ruyter en sê hy maak geen geheim daarvan dat De Ruyter volgens hom nie die kundigheid het om die opwekkingsmaatskappy te bestuur nie.

Hy meen egter Eskom se nuwe raad verstaan ook nie wat Eskom se kernrol is nie en indien hulle dit verstaan het, sou hulle politici aangesê het om uit Eskom se sake te bly.

“Die Nasionale Party uit die apartheidsera was tot op die laaste dag aan bewind beter voogde van die Suid-Afrikaanse ekonomie en bedrewe bestuurders van Eskom.

“Die ANC-regering was rampspoedig. Politici praat oor fase 8 van beurtkrag, maar hulle ken nie die verskil tussen stroom en spanning nie.”

Kgadima waarsku Suid-Afrikaners ook dat hulle vir die beste moet hoop, maar op die slegste moet voorberei, en is van mening dat die ineenstorting van die ganse netwerk nie vergesog is nie.

“Ek glo sonder ʼn sweempie twyfel dat die netwerk op die rand van ineenstorting is. Alles dui daarop.”

Mulder stem egter nie saam nie.

“Vrees nie. Eskom het baie wat hy nog kan doen voordat ons daar kom. ʼn Gesonde hoeveelheid angs is korrek, maar ons moenie onrealisties wees nie. Daar is verskeie goed wat gelyk katastrofaal in duie moet stort en ek dink nie dit is waarskynlik nie.”

Eskom het Woensdag aangekondig dat fase 5-beurtkrag na fase 4 verminder word. Yelland sê die vraag na krag daal gebruiklik oor die Desembervakansie – ná 15 Desember – en die werklike toets oor beskikbare krag gaan wees wanneer die land teen 15 Januarie weer volstoom aan die werk kom.

Sy voorspelling is ook dat Suid-Afrikaners moet regmaak vir minstens dieselfde vlakke en voorkoms van beurtkrag wat hulle vanjaar ondervind het.

Moeilike posisie om te vul

(Argieffoto)

Kgadima sê die aanstelling van ʼn nuwe hoof vir Eskom moet ingevolge ʼn deursigtige proses gedoen word, ten aanskoue van alle Suid-Afrikaners. Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, tree in Maart volgende jaar af en sy pos sal ook gevul moet word.

“Hierdie poste moet dadelik gevul word om die algehele ineenstorting van die instelling te stuit.”

Yelland wys egter daarop dat meer as tien uitvoerende hoofde die pos die afgelope dekade beklee het. “Dit is ʼn hoog verpolitiseerde posisie met hoë vlakke van inmenging. Uitvoerende hoofde weet wat om te doen, maar kan weens die beperkinge wat op hulle geplaas word, nie hulle werk doen nie.”

Yelland sê ook daar is nou te veel op die spel vir enige politikus om ʼn moeilik – maar nodige – besluit te neem. “Politici hou van besluite wat gewild is; wanneer ʼn moeilike keuse gemaak moet word, maak hulle of die probleem iemand anders se skuld is en stel dit uit.”

Mulder sê ook dit gaan moeilik wees om ʼn nuwe Eskom-hoof te vind. “Dit is ʼn uitsonderlik moeilike werk; soos om met ʼn vlammende kettingsaag te goël. Jy gaan brand en seerkry.”

Die kragkrisis duur egter al so lank dat die probleem nou met of sonder die regering se aanhoudende inmenging opgelos gaan word. “Ons versoek aan die regering is om net uit die pad te kom. Julle dring daarop aan om die probleem op te los en julle misluk. Kom weg en laat die private sektor die probleem oplos. Hulle kan dit saam met die gemeenskapsektor doen,” sê Mulder.

Hy waarsku ook dat daar nou ʼn risiko van selfs groter verval by Eskom is en dat mense binne hul gemeenskappe en munisipaliteite self planne moet beraam – of vrede maak met die feit dat hulle net vir ʼn paar uur elke dag gaan krag hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Swerwer ·

Stem 100% saam dat algehele duisternis in ons land nou vinniger gaan plaasvind.

Johan Tredoux ·

Afrikaners is mal oor doomsday professieë, maar kan dit nie hanteer wanneer dit in werklikheid gebeur nie.

Antie Sarie ·

Wow. Nampak het van 29 biljoen rand waarde afgegaan na 5 biljoen onder sy leiding. Of moet ek se lyding?

Republikein in die Wes Kaap ·

Toe De Ruyter by Nampak aangestel is was die aandeelprys R65. Toe hy loop was dit R9 as ek reg onthou.

Koen ·

Feite. Wonder wat dink die mense wat jou afduime gee. Die blindes en dowes dalk.

Hendrik ·

Privaatsekor moet eenvoudig die regering dwing om na hulle te luister. Net die privaatsektor kan toekomstige kragstasies bou en bedryf.

Marius ·

Hendrik – die probleem is dat die regering om elke hoek en draai sal wil geld he bo op dit wat betaal moet word vir krag opwekking.

Nie Verbaas ·

Nie as hulle forseer word om dit BEE meerderheid te maak nie.

Cabous like braai ·

Ons baie vinnig oppad om die sele pad te loop soos Zimbabwe wat 19 ure loadshedding het op n dag
Viva ANC

Mimi ·

Vinnig oppad…………. waar was jy al die tyd? ons is daar vanaf die land oorgeneem is in 1994.

GWS ·

Ek stem volkome met Mulder saam. Ek bid net dat die regte persoon/e aangestel gaan word en dat die pilitici nou bietjie opsy sal staan!

My siening ·

Dankie mnr De Ryuter jy was tops laat die ANC vlieg hulle is so dom doker dae vorentoe net om dat jy en Oberholster wit is! Afrika is nou ook in SA!

Johan Tredoux ·

Want, natuurlik, kan wit mense nie korrup en inhalig wees nie. Want hul is wit, mos…

Chris dupreez ·

Nampack se probleme het gekom toe Bevcan nie meer die monopolie gehad het om foodcan en bier en koeldrank blikkies alleen te vervaardig nie, daar het ander vervaardigers soos Golden Era, GZI ingkom en ook Kingsley het sy eie proseslyne ingesit en maak sy eie blikkies, so ook die aanstelling van kaders in belangrikke poste . So hierdie was groot verliese vir Nampak, en nie de Ruyter se skuld. Enige iemand wat de Ruyter die skuld gee daarvoor asook Eskom se verval , ken beslis nie die volle verhaal agter alles nie.

Johan Tredoux ·

Dan ken ek ook seker nie die volle verhaal oor die Amerikaanse maatskappy waar hy gewerk het wat gevou het in alle glorie nie?

Koen ·

Ai ou cdp. Daar sal altyd verskonings wees. Wil resultate sien. Nie verskonings nie.

Kuver ·

Dankie iemand wat sy huiswerk gedoen het en nie net nonsens uit hulle duime suig nie

Kokerboom ·

Gedurende die periode 1985 tot 2007 het -Eskom 3 HUB’s gehad. (22 jaar)
Laaste 13 jaar: 13 HUB’s?
Probleem: Politieke inmenging es aanstel v polities georienteerde kaders sonder kennis en insig behalwe laaste . Aanstel van tegnokrate nodig.

Leana ·

Nuwe bloed??? Het jy miskien gesien wie hulle beoog in sy plek aantestel?? Die man het nie krag nodig nie want dit lyk of hy net aan die slaap wil raak die heeltyd, sukkel om sy oë oop te maak.

Nie Verbaas ·

Nag vir Nampak? Sy bedigheidsplan was perfek. Raak ontslae van entiteite wat op ander se winste geteer het en vir jare nie presteer het nie. Gaan kyk nou na Nampak se omset met opposisie maatskappye wat die mark in Suid Afrika betree het.

Johan Tredoux ·

“Andre De Ruyter was an underwhelming choice to lead the then R29 billion Nampak in 2014. Today, Nampak’s market value is R5 billion,” he tweeted. “Really not sure what the Eskom board and/or [department of public enterprises] have seen that we may have missed…” he added.

In a second tweet, he added a graph showing that Nampak’s value has decreased by 84% in the past five years.

Nie Verbaas ·

Neem in ag wat Chris hierbo gesê het. As Nampak nie van sy nie winsgewende divisies ontslae geraak het nie was hy veel slegter af. Die syfers waarna jy verwys was in die goeie ou dae met net Bevcan aan die stuur. Ek sal graag wil hoor wie de Ruyter se opvolger moet wees of is dit waar die kommentaar stop? Solank die BEE mal ANC regeer is daar geen hoop nie, maak nie saak wie jy daar sit nie.

JohanR ·

Andre du Ruyter is, en was nooit die probleem met Eskom. Gwede Mantashe is nie net die probleem met Eskom, maar met baie ander goed in SA. Ek stel voor dat Mantashe word aangestel as die nuwe hoof van Eskom, en laat ons sien hoe hy doen!

Antie Sarie ·

As jy dit genoeg herhaal, sal ander skapies jou ook glo

Andries ·

Minister van minerale en wat wat…wat nie eers weet wat is minerale nie.

Althes ·

Tshepo Kgadima ek stel voor jy doen aansoek vir die vakante pos van CEO by Eskom.
Ek sal graag jou terugvoer en sukses wil sien na 12 maande.

Pietertjie ·

Ek reken dat mnr de Ruyter se tydsberekening perfek is: laat die kragvoorsiening nou behoorlik en vinnig in duie stort, sodat die wêreld (en hopelik die stemvee) se oë kan oopgaan. Selfs gratis kragvoorsiening aan die “begunstigdes” en buurstate moet in duie stort. Tyd dat die grootbek-faksiebase se werklike kleure en geure na vore kom: dis die vinnigste wat Eskom weer deur die privaatsektor oorgeneem en opgebou gaan word.

ronel ·

Ek is amper die “omies van die vlaktes” gekruisig omdat ek presies dit gese het, laat die spul nou vir eens en altyd uitmekaar val en klaar kry, dis mos ons volkie se manier, ons kry lewe en planne as die kalf in die put is, de Ruyter was n Buzz Lightyear pleister op n skietwond, van geen nut, ongelukkig, so laat die pleister af, die wond skoon vloei en laat die mense met visie alternatiewe planne maak. As jy gaan kyk na al die Europese lande se manier om energie te ontgin en jy voeg daarby die privaat sektor se dryf om homself nie net geld te bespaar maar ook n nuwe baan van inkomste te genereer, is ons op die breekpunt waar staatsbeheerde instansies vervang moet word met privaat sektor kommersiele intreding. de Ruyter is nie die kwaal, slegs die simptoom sy teenwoordigheid kon die plundery nie stop, so sy afwesigheid gaan ook geen verskil maak nie.

Parmantige samaritaan ·

Skerp kommentaar Pietertjie. Kom ons hoop dit speel so uit.

Chris dupreez ·

Kyk maar, as hy weg is gaan tesourie ekstra geld gee vir diesel om die generators te laat loop en dan sal die nuwe kader ceo goed lyk.

CHRISTINE ·

EK WIL GEEN BELASTING MEER BETAAL NIE. EET LETTERLIK NET GROENTE EN VRUGTE!!

piet ·

Hy’t eintlik die swart perd van duisternis gery. As ek aan die ruiter dink, stel ek my ‘n amper onsigbare swart ruiter op ‘n swart perd op ‘n donker nag voor. Daar is net geen lig wanneer mens aan die man dink nie.

Mariana ·

Mulder is korrek, ANC moet uit pad bly sodat daar vordering gemaak kan word. De Ruyter sou dit dalk kon red maar hy is in elke opsig teëgehou. Die hele krisis by Eskom moet voor ANC gelê word, kyk maar net na die res van SA en jy sal dit oral sien. Hulle is nie eers in staat om hulself te bestuur nie, maar wil oral inmeng.

Prikkie ·

Ek ruik kos wat aanbrand Antie Sarie, is dit dalk joune?

Moenie vergeet van Piet wat oorkom vir aandete by kerslig nie.

Prikkie ·

“Sal hom nie mis nie” sê jy? Glo my, jy GAAN hom nog mis.

Die tyd sal leer.

Dirk ·

Tommy watse nuwe bloed? Solank die ANC hulle vet korrupte vingers daar het gaan dit nie reg kom nie.

annie ·

Eerstens gaan die verkiesing van iemand vir die toppos nie deursigtig wees nie en konstante inmenging en verpolitisering sal voortduur. Dit is die ANC se beleid en bestuurstyl. Demokrasie vir dié party beteken: ons besluit en jy doen wat ons besluit. Groot geld gaan nou net weer na grootse dwase planne gegooi word met Matashe as die gooier… al vir twee dekades en dit is het einde niet.

Papsak ·

JA EK STEM DANKIE MNR DE RYTHER ONS NOG BIETJIE HOOP GEHAD MAAR NOU IS ALS WEG MET DIE DOM DOMMER DOMSTE VAN ALMAL KLOMP ANC

Mimi ·

Andrè de Ruyter was set up for failure from the beginning. Now EFF claims he was useless. How was he useless? You gave him nothing to work with and expected him to fix a 20 odd years’ corruption, theft, uneducated, unskilled workforce. Ag nee kom nou. It is time the so-called leaders of this country start taking blame on themselves. It is not apartheids fault that you’re stealing, killing, raping and breeding. It is you yourself making that decision. I was surprised that De Ruyter accepted this challenge in the 1st place. Sorry Andrè but you must be a special kind of stupid to have done that.

Jacobus ·

Mantashe het dit reggekry om de Ruyter te laat bedank nou kan hy sy R200 biljoen se Turkse kragskepe laat kom saam met sy sakke vol geld onder die tafel deur.

Jannie van Niekerk ·

Wanneer mnr de Ruyter in Maart maand sy baadjie vat en loop en die nuwe ANC kader neem oor gaan ons beurtkrag Fase 365 hê. 365 dae per jaar teen 24 uur per dag.

Maverick ·

Wys my daai goeie bloed wat jy van praat Tommy. As jy nie nag gesien het nie gaan jy dit nou sien.

JuanRe ·

Ja dit is!!! Want ons weet wie gaan oorvat. Dankie tog ons uit die land uit.

Tubac ·

Aan al die kundige persone wat so negatiewe kommentaar lewer die volgende:
1.Wie is julle kandidaat vir die pos(Naam asb)?
2. Sou julle beter kon vaar?
3. Dink julle vir een oomblik dat die man nie sy bes probeer het nie.Met sulke Politici teen jou kan jy vergeet. Die groot gogga bly tjoepstil,hoekom?
Ek kry die indruk dat van ons sogenaamde kundiges alles wil beswadder sonder om met goeie denke voorskyn te kom. Ek kry die sulkes baie jammer.
Groetnis.
Ek velaag my nie om negatiewe kommentaar te lewer nie. Dit veroorsaak net maagsere. Ek is nie kundige op die gebied nie ,maar my gesonde verstand wys vir my rooi ligte flikker.

Burt ·

Ek dink dat weens die politieke en rassistiese houdingjeens de R, die sabotasie gaan verminder, en beurtkrag moontlik so gaan verbeter. Wat diefstal aanbetref, kan dit juis nou hulle troefkaart wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.