Eskom se Mabuza val op sy swaard oor beurtkrag

Jabu Mabuza (middel) verwelkom pres. Cyril Ramaphosa voor die president se vergadering met Eskom in Desember verlede jaar. By hom is Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Jabu Mabuza het as voorsitter en direkteur van Eskom bedank.

“In sy bedankingsbrief het mnr. Mabuza om verskoning gevra vir Eskom se onvermoë om die belofte wat hy aan die president, die adjunkpresident en die betrokke ministers by ʼn vergadering op 11 Desember verlede jaar gemaak het om beurtkrag oor die [Kers-] te verhoed, na te kom,” het die presidensie vroeg Vrydagaand gesê.

Eskom het by dié vergadering planne voorgelê om te verseker dat beurtkrag tot 13 Januarie nie sal plaasvind nie. Eskom het terselfdertyd die risiko’s vir die nasionale netwerk uiteengesit.

Die sukkelende kragvoorsiener het egter in die eerste naweek van Januarie al inderhaas beurtkrag in werking gestel. Die situasie het oënskynlik nog nie juis verbeter nie en beurtkrag geld tot minstens 23:00 vannag.

“As die minister met die verantwoordelikheid vir Eskom, het die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, mnr. Mabuza se bedanking aanvaar.

“Pres. [Cyril] Ramaphosa het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor mnr. Mabuza vir sy diens aan Eskom én die land tydens ʼn uitdagende tydperk. Hy het mnr. Mabuza geloof dat hy verantwoordelikheid aanvaar het vir gebeure wat onder sy leiding plaasgevind het,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Die presidensie sê hy steun steeds die stappe wat Eskom doen om betroubare elektrisiteitsvoorsiening as ʼn saak van dringendheid te verseker en gaan voort met maatreëls om ʼn nuwe generasie kapasiteit – waaronder ook selfopwekking – so gou moontlik in werking te stel.

“In die lig van mnr. Mabuza se bedanking gaan die regering binnekort ʼn hersaamgestelde Eskom-raad aankondig met die gepaste mengsel ervaring uit die elektrisiteitsbedryf, ingenieurswese en korporatiewe regering.”

Ramaphosa het Mabuza sterkte met sy toekomsplanne toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Eskom se arbeidspiramide is onderstebo……….dis net bestuurders en voorsitters en direkteure waar jy kyk………en niemand om die werk te doen nie. Hierdie is g’n niks van “val op ‘n swaard nie”? Die regerende party is al vir 25 jaar besig om by AL die SBI’s een na die ander miljardêr te genereer…..Jy stap in, kry die pos sonder dat enige vrae gevra word, kry jou miljoene per jaar plus bonusse, maak ‘n gemors van alles, en maak plek vir die volgende een…….Gaan kyk maar.

Dalk ·

Dalk moet jy jou masker afhaal en jou feite regkry. Daar is duisende werkers wat nie bestuur is nie, om die werk te doen. Het jy insae in Eskom se strukture, weet jy wat die verhouding is tussen bestuur en nie-bestuur? Vergewis jouself eers van die feite voordat jy sulke stellings maak.

Die probleem is nie te veel bestuur nie, maar ‘n gebrek aan kundige bestuur, want die kundiges wat tot nou toe nog probeer het, verlaat Eskom die een na die ander …

Strandloper ·

Jippeeeeeee…kry seeker weer so 30 miljoen….glad nie so stupid nie…

Basjan ·

Ek hou van die uitdrukking: “Eskom se Mabuza val op sy swaard oor beuertkrag.” Ek dink egter nie dat hy dit bloot uit eie vrye wil gedoen het nie. Dit pas net nie in by die ANC kaders se profiel nie. Hy moes van iewers af onder druk geplaas gewees het om president Ramapohsa se beeld te probeer “in ere te herstel”.

Jannie van Niekerk ·

@Basjan. Ek dink ook nie die Oompie het self geloop nie. Die geelwortel is my en jou belastinggeld wat sy pakket van miljarde rande gaan betaal. By die ANC werrk dit mos so: As jy nie diewerk kan doen nie word jy ‘n pakket gegee wat jou oornag ‘n miljoener maak. Maar as ek en jy (as wiites) nie ons werk kan doen nie word ons prontweg “gefire.”

gatgogga ·

Netso, Basjan!
Hy is Ramaphosa se sondebok, en het seker ‘n stywe hanndruk gekry.

Chris ·

Drie raaie waar gaan mnr Mabusa in die nabye toekoms n nuwe begin maak . My raai in parlement ad adjunk minister van energie. Die kader mit vergoed wird vir sy deel om die land nader aan rommel status te bring

André André ·

As Cyril se swaard waarin hy moes val nie meer gekos het nie?

Naas ·

“hersaamgestelde Eskom-raad”. Seker maar net weer ‘n klomp onbevoegde ANC kaders wat ‘n R1.5M pj joppie moet kry.

Marous ·

Onbevoeg en leuenagtig is die stoffasie waarvan die mense aanmekaar gesit is
Waneer hulle uitgevang word , word hulle beloon daarvoor ? Wat ‘n siek klug !

Piket ·

Ek dink hulle gaan nie eers krag hê om die beoogde, heraangestelde raad eers saamgestel te kry nie, wag in spanning op die17 de Januarie!

John ·

?.. seker ‘n vergulde swaard wat tik-tok maak met ‘n silwer skede opgestop met jy-weet-wat. Aftree was nog nooit so lekker soos in diè lielie-lekke-land vol van weelde en aansien nie. Dis net brandende kerse waar jy kyk.

Ben Brand ·

Wanneer gaan Ceril op sy swaard val vir die lyding waardeur hy SA lei.

André André ·

Jip, Mabuza het eier van ons president se gesig help afvee deur oor BEURTkrag op sy swaard te val. Ons het al dikwels in die verlede gesien, nou is dit dié se BEURT, nou is dit daai een se BEURT, Zuma het dit nie uit sy eie gedoen nie, hy is geforseer, maar heel tereg kan mens vra wanneer is dit dan nou Cyril se BEURT?? Hy wat nie die verskil tussen die stories van Hansie en Grietjie, die Drie Varkies en Rooikappie en die Wolf ken nie.

André André ·

Wat ek wil weet is, waarom moes hierdie man, Mabuza, op sy swaard val? Die mense om Cyril Ramaphosa vertel dit is Cyril se raadgewers wat vir Cyril verkeerd inlig, of fopnuus voer, vir die dinge wat Cyril die afgelope maande kwytraak, ingelyks dus het Mabuza beloftes aan Cyril gemaak volgende op die versekering en die inligting wat Mabuza van Eskom se bedryfshoof en bestuur ontvang het!

jakes ·

Weereens word die sirkus ten toongestel. My lagspiere is al pap gelag vir die narre wat ons telkens om die bos lei. Die agbare Mabuza sal sekerlik weer in n ander senior pos aangestel word nadat hy sy pakket ontvang het. As dinge nou al so sleg gaan, hoe lank gaan die ligte aanbly in die winter? Meeste van die top manne hoort agter tralies en die res is in elk geval onbevoeg om daar te werk.

Doris ·

Ek dink hy het bedank voor hulle hom ook uitvang soos die voriges.Almal glo sulke geleerde manne wat aangestel word wat die nie werk kan nie.Kyk in watter gemors is ons Land al met al die geleerdes wat hulle sakke vol maak. Ek dink die tyd het aan gebreek ,dat die in beheer se ooge opgaan.

Piet Nel ·

Wat baat hulle om beurt krag op ‘n Vrydag aand 20.00 te implimenteer dan is krag verbruik mos nie hoog nie. Wil voorkom of eskom moetswillig is, indien hulle bonusse betaal sal daar nie meer beurtkrag toegepas word nie.

Petrus ·

…dankbaarheid uitgespreek teenoor Mnr Mabuza!? Dankbaarheid vir wát? Holy Cow.

A Mac ·

Dink nie die “val op die swaard” was te seer nie, sekerlik is daar ‘n pleister en salfie om die ego te streel. Maar ek glo nie dinge gaan beter word nie, dit gaan ‘n kolosale kopskuif vat en hardhandige optrede om Eskom sinvol reg te ruk. Het maar net plek oopgemaak vir die volgende persoon om te skep.

Sonneblom ·

Ek stem HY KRY BEDANKING VIR WAT HY AANGEJAAG HET…LOL WAT N GRAP, NOU WAG ONS HYS MOS NOU RYK EN SAL LEKKER OP ONS TAX PAYER SE GELD LEEF..BRING DIE MENSE WAT WEET WAT HUL DOEN…LAG LEKKER HUL HET 25 JAAR KANS GEHAAD EN FNEUK DIT OOK OP SI AI

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.