Eskom sê oor beurtkrag dié week

Argieffoto

Eskom het Sondagaand bevestig hy verwag nie dat dit in hierdie week nodig sal wees om beurtkrag toe te pas nie aangesien die kragstelsel genoegsaam herstel het ná verlede week se volgehoue beurtkrag.

Die kragvoorsiener sê in ʼn verklaring kragstasieopwekking het oor die afgelope paar dae verbeter en diesel- en waterreserwes is aangevul. Daar was ook vermeerderde opwekking tot 850 MW van die Cahora Bassa-hidroëlektriese-skema in Mosambiek wat die kragnetwerk ʼn verdere hupstoot gegee het.

“Die risiko van beurtkrag is steeds teenwoordig aangesien die kragstelsel steeds swak is. Beurtkrag sal net toegepas word wanneer dit absoluut nodig is,” lui die verklaring. Daar sal gereeld nuwe inligting oor die toestand van die kragnetwerk aan die publiek gekommunikeer word.

Eskom het weer eens ʼn beroep op verbruikers gedoen om sover moontlik hul kragverbruik te verminder deur geisers en nie-noodsaaklike elektriese toestelle af te skakel en slegs ligte aan te skakel wat nodig is.

“Ons bedank Suid-Afrikaners vir hul geduld en samewerking deur hierdie moeilike tydperk.”

Eskom het verlede week heelweek beurtkrag toegepas – meeste daarvan fase 4 – voordat die beurtkrag Saterdagaand laat tot ʼn einde gekom het. Die wankelende kragnetwerk is grootliks toegeskryf aan ʼn gebrek aan kragopwekkingskapasiteit weens Eskom se verouderende infrastruktuur, maar ook probleme met dieselvoorsiening, swak gehalte steenkool by steenkoolkragstasies en ʼn gebrek aan voorsiening van die Cahora Bassa- hidroëlektriese skema weens skade wat deur sikloon Idai aangerig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
sweis

Sien is glo.

Dries

As twakpraat n “WATT”- krag was dan het ons nooit weer probleme met krag nie.

Janneman

Bedank Eskom ook al die besighede wat enorme verliese gely het?

John

Dis verregaande om ons te bedank. Byna soos: Baie dankie dat julle weer jul tuin- en ander vullis in die strate gaan optel het en die krappers verduur wat die sakke skeur en die riool wat dae lank die strate afstroom maar soos soet kinders meer vir dienste, ongelewer, betaal het oor die jare… baie dankie maar ons kan nie beloof dat daar nie weer groot bonusse betaal sal word of doelbewuste misdrywe sal plaasvind nie of dat die probleme opgeklaar is… Hierdie is ‘n kollektiewe probleem… ons almal se se skuld… wees bly dat ons dankie sè, want eintlik… Lees meer »

Minora

Hoe kan hulle nou 850MW van Cahora Bassa af kry nadat hulle self laas week gese het dit sal hulle langer as n jaar vat om die skade te herstel. Hulle eie helikopter het die totale verwoesting afgeneem.Hulle lieg!Dit is net n storie wat hulle almal vertel alles is reg. Tyd sal wel vertel.