Eskom verander wéér van beurtkragfase

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Beurtkrag sal Donderdag vanaf 21:00 na fase 3 afgeskaal word.

Dié fase sal dan tot Vrydag 05:00 geld waarna fase 2 tot Saterdag 05:00 sal inskop.

Volgens Eskom het die kragvoorsiener die afgelope 24 uur nog kragopwekkingskapasiteit bygekry wat dit nou vir hom moontlik maak om na fase 3 af te skaal.

Dít volg nadat ’n eenheid elk weer in diens gestel is by die Koeberg-, Medupi-, Kriel-, Duvha-, Kusile- en Tutuka-kragstasies.

’n Eenheid elk by die Majuba- en Arnot-kragstasies het wel intussen uitgeskop terwyl ’n enkele eenheid by Matla noodgedwonge afgeskakel moes word.

Dit is dus steeds nodig om beurtkrag in te stel en die volgende twee dae sal gebruik word om noodreserwes verder op te vul ter voorbereiding vir die week wat voorlê, sê die kragvoorsiener.

Sowat 5 449 MW is tans op beplande instandhouding terwyl 14 161 MW kapasiteit weens tegniese probleme nie beskikbaar is nie.

“Ons herinner verbruikers daaraan dat beurtkrag die laaste uitweg is om die bestendigheid van die stelsel te handhaaf, ongeag watter fase ingestel word. Eskom wil lede van die publiek graag daarvan verseker dat daar ’n baie lae waarskynlikheid van ’n stelselineenstorting is. Daar is dus geen rede tot kommer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

annie ·

Die Eskom-toneelagentskap met hoofakteur Cyril Pledge en sy mede held Mantashe voer vandeesweek landswyd op. En diegene wat nie ‘n kaartjie koop nie gaan nooit ooit weer die son kan sien daar waar die ANC dit glo geplaas het nie… Dink net daaraan, nag en gas en kragopwekkers… Miskien moet Cyril die vroue wat hy so woo aanstel by Eskom dan sal die toneelgroep in ‘n volle sirkus omgesit word met antie-dr-ex-Z as die leeutemmer met narre: Sy Edele Mega-amper-oorle-ex-pres-Z-et al.

Kaptein ·

“Geen rede tot kommer” is n holrug geryde Sterling. Probeer n nuwe verskoning. Maar moet oortuigend wees. Nie almal glo julle nie al dink julle so.

Nico ·

Verskonings, verskonings, dit is al wat Eskom te sê het, Eskom en die ANC regering is die oorsaak dat alles so verval het.

Pieter ·

Als wat die anc kommuniste aan raak verander in gemors. Julle sal nooit oot n land kan best nie.

marius ·

En die hoof nar dreig mense dat as hulle nie vir sy skelm party stem nie , daar nooit weer eskom krag sal wees nie .

Asgat ·

As dit nie “loadshedding stages” is nie, is dit “Level” 4 “lockdown, en dan die “4th wave” … dit maak my sommer naar. Jammer vir die engels maar sowaar alles is in een of ander “afdeling” . VIVA ANC

Casper ·

As julle beurtkrag toepas ongeag op watter fase moet ons bekommerd raak dan sê dit vir my daar is nie genoeg krag om aan die behoeftes te voorsien nie en julle het nie geld om herstelwerk te doen nie.

Surfer ·

Sabotasie …..so voor die verkiesing?? Werkspepping vir my tjommies?? Hier is baie “donker” kragte besig om te werk in ons land.

LANA is ELANè ·

Ons sal maar sien wat die burgers van hierdie land se siening rondom korrupsie en wanbestuur is, ek hou nie juis my assem op nie – ons is met so min tevrede, ongeag die prys wat ons betaal.

Waarom is die sg eerbare de Ruyter so tjoepstil?

Cherokee ·

‘,,,,baie lae waarskynlikheid van ’n stelselineenstorting is. Daar is dus geen rede tot kommer nie.” ‘

Dìt is dom gesê. Lae waarskynlikheid is steeds ‘n moontlikheid en dus rede tot kommer.

* * *
Dit is in tye soos diè wanneer ek wonder wat sal gebeur met byvoorbeeld woonstelblokke, as daar nie elektrisiteit is om water tot by die dak te kry. Geen hysbak is nie so erg, want daar is trappe. Maar water moet tot op die dak gepomp word met elektriese pompe.

Charl ·

Ag nee wat Cyril, gee hierdie gemors wat jy en jou anc kaders veroorsaak maar eerder oor aan diegene wat weet hoe elektrisiteit en kragvoorsiening binne ‘n infrastruktuur werk, duidelik weet julle net waar die lig se aan en af skakelaar sit….en helfte van die tyd is daar nie eers lig nie !

Papsak ·

Ja gatvol vir loadshedding en die flippen woord covid en lockdown ja hou op se ons moenie worrie nie dit raak afgesaag stop hierdie sirkus belaglik

Gerhardus coppenhagen ·

As daar Reed’s privaat Krag is,hoekom beurtkrag?

Ria ·

Ons weet natuurlik almal dat hierdie chaos niks met André de Ruiter te doen nie, maar alles met Zuma. Die arme ou doen alles wat hy kan om te red wat te redde is

Keelvol ·

Wat my verbaas is dat soveel eenhede tergelyketyd onklaar raak. Dan boonop die eenhede by die 2 splinternuwe kragstasies wat ook gereeld breuk. Wie dink hulle probeer hulle n rat voor die oë draai?

Chef ·

Ons is lankal dik vir hierdie Eskom gemors en swak bestuur! Op die oomblik word hierdie beurtkrag as verkiesings foefie deur die ANC gebruilk. Ramaphosa het selfs oor die radio aangekondig dat die beurtkrag teen die naweek uitgesorteer sal wees. Die ANC gebruik dit as verkiesings beloftes in die informele nedersettings, saam met die T-hemde en gratis kospakkies. Het dit aanskou.

marius ·

Die stelsel kan totaal inmekaar stort , maar daar is geen rede vir kommer nie . Hou net op met twak praat !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.