Eskom wil R200 miljoen van Deloitte verhaal

Jabu Mabuza. Foto: REUTERS/Siphiwe Sibeko/ANA

Eskom wil die toeken van twee kontrakte aan Deloitte ter syde laat stel en meer as R200 miljoen van die ouditfirma probeer verhaal.

Die beleërde kragvoorsiener wil ook hê dat Anoj Singh, voormalige finansiële hoof, en Prish Govender, voormalige waarnemende hoof vir groepskapitaal, die koste van die aansoek moet betaal.

“Ons het Suid-Afrikaners belowe dat ons alle geld wat op onwettige of onregverdige wyse gedurende die dae van die staatskaping uit Eskom onttrek is, sal probeer terugkry,” het Jabu Mabuza, waarnemende bedryfshoof van Eskom, gesê.

Hy het gesê Eskom wil met dié regstappe probeer om vertroue in die kragvoorsiener se bestuursprosesse en -prosedures te herstel, “wat grootliks ondermyn is deur mense wat getaak was met die einste prosesse”.

Eskom het glo inligting tot sy beskikking wat wys dat Deloitte besig was met onregverdige, onbillike, ondeursigtige en onmededingende aktiwiteite waar die ouditfirma inligtingsessies met Eskom-amptenare wat nie op rekord was nie, gebruik het om voorstelle in te dien en dat hulle kontrakte gekry het al was hul pryse ver bo die van hul mededingers.

Volgens Mabuza versoek Eskom dus die hof om die tenders onwettig en ongrondwetlik te verklaar en dat Deloitte die geld moet terugbetaal.

Hy het gesê kontrakte is aan Deloitte toegeken ondanks die feit dat hul pryse vyf keer hoër as die van hul mededingers was.

“In een van die tenders was Deloitte se prys R79 miljoen teenoor die net minder as R16 miljoen en R9 miljoen van twee mededingers, en in die tweede tender was Deloitte se prys R88,8 miljoen teenoor R14,5 miljoen, R13,25 miljoen en R6,59 miljoen van drie mededingers. Dit toon suiwer korrupsie aan die kant van Deloitte en die uitvoerende beamptes van Eskom wat hierdie kontrakte gefasiliteer het sonder om ag te slaan op die volhoubaarheid van Eskom.”

Mabuza het gesê Eskom sal voortgaan om saam met wetstoepassingsowerhede en die Zondo-kommissie te werk om gesteelde fondse te verhaal deur kriminele en siviele prosesse te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

wraggies ·

Wanneer gaan die 17 BILJOEN van Soweto se inwoners ingevorder word asook die ander gelde wat deur sekere munisipaliteite geskuld is.

Swerwer ·

Nooit gesien nie @ Wraggies…hulle is mos krag belowe!! Dis baie makliker om groot plekke aan te vat. Orals is kaders,dit gaan nooit verander nie.

Lynette ·

Hoekom begin julle nie met die Guptas en hulle vrot steenkool nie. Almal val rond en probeer geld terug te kry maar die grootste staatskapers word nie na gekyk nie!!!! Wie probeer julle bluff?? Wat van die geld wat so vrygewig vir Brian gegee is????

Madz ·

…en moenie vir ou Zumpie vergeet nie! Ons onderhou hom en sy 9 vrouens (en kinders!) ook nog al die pad!

Wielspore ·

Beslis ‘n stap in die regte rigting, al is die recovery rate 10% gaan die boodskap nog steeds uit dat korrupsie uitgeroei gaan word.

Wondermaarnet ·

Soos in my vorige kommentaar genoem sal eskom nou skarrel vir geld sodat die bonusse einde November betaal kan word. Begin by Soweto en vat dan die ander partye aan wie vir julle geld skuld. Hoe moeilik kan dit wees eskom?

Maljan ·

Hoe vorder Brian Molefe se terugbetaling? Die kolonel behoort mos integriteit te hê? Wat van die guptas mabuza het hulle al begin terugbetaal? Hy (Mabuza) kan gerus deur die meer landelike gebiede ry en huil oor al die onwettige verbindings wat hy sommer so oop en bloot gaan sien.

Pofadder ·

Net ‘n aandag weerligafleiertjie. R200 miljoen sal presies 0.044% van Eskom se R450 biljoen skuld betaal. Dis reg, omtrent R4.40 van elke R10000 se skuld.

Tweetie ·

Hulle weet hul kanse is zero om geld uit Soweto te verhaal.

schaun ·

Ons sal die geld terugkry by sagte teikens soos deloitte maar hulle presedent het nie die wil of moed om sanksies in te stel teen die guptas soos die vsa gedoen het nie ,ek wens iemand wil vrae hoekom nie???

Jannie ·

Dagvaar die ANC vir Soweto se skuld aangesien hulle lee verkiesings beloftes direk tot die gevolg van Soweto se skuld is. Ek dink dit sal n goeie uitgewysde saak wees en met sukses n sterk boodskap na politieke partye uitstuur om versig te wees met beloftes net om stemme te werf.

KP ·

Wanneer gaan Singh verantwoordelik gehou word vir die biljoene Rand wat onregmatig links en regs uitbetaal is?????? Dit het onder sy toesig gebeur en was verantwoordelik daar!!!!!!!!!

Jeremia ·

Sowet se skuld sal ‘n yslike hupsttot wees.
En hoe land word daar aan Kusile en Medupi en wat nog gebou en flaters begaan in die proses?
En dan praat ons nie eens van personeel se ruim vergoedings nie. Soms word dit selfs pestasiebonusse genoem. Watter prestasie?

shark ·

DUIDELIK weet die ou nie waarvan hy praat nie, gaan skep soos sy voorgangers an verdwyn…

Gert van Wierdapark ·

Lyk my elke ou met ‘n hoedjie probeer nou om ‘ n hasie daaruit haal! Dalk met die oog op ‘n pres-ta-sie bonus, of dalk Krag-koepons, of dalk n kaartjie vir die Trein met die Goue eiers!

Waarheid ·

Dit is nou tyd dat alle Ministers en Regeringslede hulle kant ook bring en betaal vir hulle krag, hulle vlugkaartjies, hulle brandstof, hulle huise, motors. skoolgelde en alle ander uitgawes soos wat ons as burgers van ons land betaal. Dan Sal daar minder skuld wees wat ons as burgers moet onder lei en ons land in so Ekonomiese verknorsing plaas.

Feite ·

200 Miljoen is nie eers n druppel in die emmer nie. Tweedens probeer Eskom geld te verhaal van Deloitte wie nie betrokke was by staatskaping nie. Hierdie is dus oeverblindery en n nuttelose geldmors oefening. Eskom is n ANC regering probleem, dit is nie verbruikers se probleem nie. Die ANC mag nie deur verbruikers en beleggers toegelaat word om die ANC se Eskom probleem, die verbruiker sin te maak deur “dirty tricks” veldtogte nie! Die druk wat die ANC regering op verbruikers en beleggers probeer plaas, moet deur alternatiewe energie en waterbronne vir verbruikers, die druk terugplaas op die ANC regering!

Chris Ws ·

Hulle foeter met R200miljoen se skuld maar die R25 miljard wat deur munisipailteite geskuld word word nie aangeroer nie?En wat van die uitvoerende beamptes van Eskom wat hulle aan erge bedrog growwe wanbestuur skuldig gemaak het?Le beslag op hul eiendom en besittings en kla HULLE aan!Mabuza jy staar jou blind teen die oortjies van die seekoei man!Word wakker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.