Etzebeth, Malherbe gelyk voor die kansel

Frans en Ingrid op hul troudag in Stellenbosch. (Foto: Ingrid van Huyssteen/Instagram)

Twee Springbok-rugbyspelers het die afgelope naweek hul tokse vir trouskoene verruil.

Springbokslot Eben Etzebeth en die Getroud met rugby-aktrise en sangeres, Anlia van Rensburg, het by die La Paris-landgoed trou aan mekaar beloof, terwyl die Springbok-vaskopstut Frans Malherbe met Ingrid van Huyssteen in Stellenbosch getrou het.

Eben is verlede week ook as die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) se speler van die jaar aangewys.

Die 31-jarige Eben het in Junie 2022 sy verlowing aan Anlia op sosiale media aangekondig.

Die nuwe Etzebeth-egpaar het in Julie 2022 ook harte geroer toe Anlia die volkslied tydens Eben se 100ste wedstryd vir die Springbokke gesing het.

Springbokkaptein Siya Kolisi het kort voor die troues ʼn foto van hom en sy twee spanmaats op Instagram gedeel. “Gaan vandag kapel toe vir my twee bradas! Wat ’n reis was dit nie. Sien uit daarna om saam met julle te vier!”

Eben Etzebeth en Anlia van Rensburg tydens hul verlowing in 2022. (Foto: Instagram)

Luidens mediaberigte sou die twee voorspelers aanlyn by mekaar se onthale inskakel.

Siya het ook ʼn video gedeel waar hy tydens die Etzebeth-bruilof sy litte op Mango Groove se bekende lied, “Special star”, losmaak.

Gelukwense het ook vir die Malherbes ingestroom, met Siya se vrou, Rachel, sowel as Cheslin Colbe se vrou, Layla, wat die nuwe egpaar op Instagram geluk gewens het.

Die 31-jarige Frans en Ingrid het hul verlowing in Julie 2022 bekendgemaak. Sy het ʼn foto van die egpaar op sosiale media gedeel met die byskrif: “Getroud aan [sic] my bestie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maritza ·

Sal wonder wie die apie is wat ‘n hartseer gesiggie wys

Trotse Boervrou ·

Almal sulke PRAGTIGE mense. Ons is saam met julle bly. Baie geluk aan jul almal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.