Fase 4-beurtkrag verleng

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Rebecca Peterson / Unsplash)

Fase 4-beurtkrag sal nou regdeur die nag ingestel word.

Eskom het Woensdagaand in ’n verklaring bevestig fase 4-beurtkrag sal deur die nag geïmplementeer word en voortduur totdat dieselvoorraad volledig aangevul is.

“Die vaartuig wat veronderstel is om diesel by die Mosselbaaise hawe af te laai, kon weens rowwe seetoestande nie by die hawe kom nie,” sê Eskom.

Eskom het Sondag aangekondig dat hy in die komende week fase 3- en fase 4-beurtkrag afwisselend sal instel, met fase 3 wat daagliks tussen 00:00 en 16:00 van krag sal wees, waarna dit na fase 4 sal oorskakel.

Fase 4-beurtkrag geld gedurende spitstye in die aand, tussen 16:00 en 00:00.

Eskom het Woensdag bevestig hy sal voortgaan om fase 3 en fase 4 afwisselend tot Saterdag in te stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos 100 ·

Nog ‘n gerieflike verskoning vir hulle totale onbevoegdheid! Volgende verskoning gaan seker wees dat die kat kleintjies gekry het.

groenboer ·

Wat beteken “regdeur die nag”? Van 16:00 tot 6:00 die volgende oggend? 18:00 tot 6:00?

Keelvol ·

Het kappstad nie n hawe nie?
Het Port Elizabeth nie n hawe nie?
Het Durban nie n hawe nie?
Het Richardsbaai nie n hawe nie?
Het Oos-London nie n hawe nie?
Ek was onder die indruk dat Sasol se aanleg in Vanderbijlpark diesel vervaardig….. so ook Total, Engen, Shell en BP se aanlegte…… of mis ek iets?
Dit klink vir my asof de ruyter en die hele eskom nie die krag probleem ernstig opneem nie.

Andries ·

Europa het ‘n energiekrisis a.g.v. ‘n oorlog. Ons het ‘n energiekrisis want…? My antwoorde/redes is nou klaar. :(

Antie Sarie ·

Alles net verskonings vir iets wat in die agtergrond broei

Marilize ·

By ons is daar GEEN verskil tussen Fase 3 & 4 nie. Ons krag is 3 x maal per dag af. Spitstyd, elke dag….

MakersMark ·

Weer ‘n nuwe verskoning. Bestuur word nie betaal om verskonings te maak nie. Lyk my by Eskom is dit hul pos beskrywing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.