Nóg ʼn naweek van beurtkrag

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Nuril Ahsan/Unsplash)

Suid-Afrikaners was hoopvol dat hulle dié naweek die rugby sonder enige kragonderbrekings sou kon geniet. Die kragvoorsiener het egter Woensdag in ʼn kort aankondiging gesê dat hy sal voortgaan om fase 3 en fase 4 afwisselend tot Saterdag in te stel.

Fase 3 sal dus daagliks tussen 00:00 en 16:00 van krag wees, waarna fase 4 tussen 16:00 en 00:00 sal geld.

Suid-Afrika het sowat twee weke gelede op fase 6 gedraai voordat dit eindelik ʼn paar dae later na fase 5 afgeskaal is. Sedertdien wissel die land tussen fase 3 en fase 4.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër gesê dat beurtkrag nog lank vir Suid-Afrikaners sal bly geld, maar dat Eskom nietemin vordering maak om aandag aan die land se kragprobleem te gee. Dié vordering kom deur allerlei ingrypings in te stel om energievoorsiening te verhoog.

Die hoof van Eskom, André de Ruyter, het in ʼn onderhoud met Maroela Media Ramaphosa se sentiment oor beurtkrag gedeel en gesê daar is nie ʼn “towerstaf wat ʼn mens kan swaai” om van beurtkrag ontslae te raak nie.

Eskom staan in hierdie stadium altesaam 5 076 MW af aan beplande instandhoudingswerk, terwyl nog 15 492 MW weens onbeplande kragonderbrekings nie beskikbaar is nie.

Die vooruitsigte dui daarop dat beurtkrag moontlik nog tot ná die naweek kan voortduur, maar die kragvoorsiener het onderneem om Suid-Afrikaners teen Vrydag in kennis te stel oor die stand van sake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann ·

4…nee ummmm 3….nee maak dit 3.36555…uhmmmm dalk 7…of wag as Gordan die Board fire…IS BEURTKRAG VERBY!!!! WHOOOPEEEEEE!!!!!!!! Presies wat ons Matrieks nodig het! Chaos en donkerte terwyl hulle probeer studeer.

Leon ·

Eskom se vooruitsigte vir beurtkrag raak nou regtig vervelig. Wonder hoekom hou hul ons nog op hoogte. Het dit al 2 weke terug geweet

PieterJ ·

Nee, die smarte het laaaank gelede begin, dit neem nou net eksponensieël toe.

Jr ·

Maak gereed HIERDIE IS ONS VOORLAND ( OF MOET EK HERITAGE SÊ) VIR NOG LANK OM TE KOM. ESKOMS SE BRIEFIES EN TWEETS EN SORRY FOR THE INCOVIENIENCE PLA MY NIE MEER, WANT EK WEET AS ESKOM SÊ DIE WOLKE IS WIT MOET JY DIT NIE GLO NIE, GAAN KYK MAAR SELF

Chris dupreez ·

Hou nou maar op kerm en raak gewoond daaraan. Dit is soos die anc en eff , n vreeslike iritasie ,maar ons gaan nie van dit ontslae raak nie

Keelvol ·

Betaal eskom vir my kragopwekker se petrol…… nee!
Vervang eskom my kos wat begin sleg raak…… nee!
Gee eskom my afslag vir die gebrek aan dienslewering….. nee!
Bly eskom my Krag tariewe verhoog alhoewel hulle meer as 200 dae skaars Krag aan my voorsien…. Ja!

Republikein in die Wes Kaap ·

De Ruyter se opvolger sal hom blameer.

Keelvol ·

De ruyter moet loop. Sy stories raak eentonig en afgesaag.. Hy gee kort kort nuwe verskonings. Eers was dit krag opwekkers wat die gees gee een na die ander. Toe is dit diesel te kort, nou is dit weer kan nie genoeg Krag opwek nie.

Hoe moeilik is dit vir man om die kragopwekkers binne 24 weer aanlyn te kry? Nee, wat de ruyter moet loop. EK’s nou Regtig waar keelvol vir sy onbevoegheid.

DapperWoef ·

Kyk, ek wonder is dit nie tyd dat ons moet oorweeg om die taal te praat wat ons regering verstaan nie?

Moet ons as volk eers oproerig raak en afbrand en verwoes, klippe gooi en bande aan die brand steek en optogte hou en die N1 tot en met N watookal versper?

Vra maar net…

Keelvol ·

Elke landsburger moet n siviele eis teen de ruyter insit. Dan Sien jy hoe vinnig hou beurtkrag op.

Vlooitjie ·

Ja dit gaan my verstand te bowe dat almal dit net aanvaar, kerm en kla maar ons doen niks. Dis weird.

KatjieDeKat ·

Die rugby sou kon geniet..hmm. Dink nou Baie mooi na, oor wat ek nou gaan sê. Want n goeie verstand het
net n halwe woord nodig, soos die oumense altyd gesê het. Daar is van RUGBY, n AFGOD gemaak. En DIT is een van die hoofredes wat beurtkrag en die verval van hierdie land teweeg gebring het. My oudste dogter wat in 1992 gebore is, stem saam. Haat my maar, maar die waarheid is die waarheid en ek is nie op Maroela om vriende te maak nie.

Keelvol ·

So, ek moet nou in die aande in die donker sit omdat de ruyter nie sy werk wil doen nie.

Snowball ·

En so sit hulle die ekonomie stuk vir stuk af. Elke dag sneuwel meer besighede, verloor nog mense hulle werk, maar moenie worry nie, ons chat weer Vrydag…
Gelukkig hou Eskom ons vooruit op hoogte van hoe ellendig hulle gaan wees.

My siening ·

ANC TERRORISTE HULLE KEN NET EEN DING! RY ALLES IN DIE GROND IN TOT DAAR NIKS OOR IS!! HOE BLY JY TROTS OP SO N LAND!!

Mariana ·

Daar is vreeslike groot en slim towerstaf nodig. Begin deur ontslae te raak van die kaders en kry kundiges om hierdie groot taak naamlik beurtkrag te takel. Regte kundiges,nie net nog ‘n kader wat miljoene verdien nie. Maar so hoor ons net van die kundiges en steeds is daar nog geen aanstellings gedoen nie. Die regering moet sy neus uit Eskom hou, dan kry die kundiges dalk ‘n kans om dit reg te ruk en reg te bly.

Voilet ·

EKSDOM FAILURE kan niks reg doen nie. Al wat hul kan doen is om die krag af te sit

Is dit deel van hul plan vir die elite( one world order)?

Mariana ·

Hmmm sien nou boodskap op beurtkrag app dat die skip wat diesel na Eskom moet bring, in rowwe see vasgevang is. Dis presies dieselfde storie as Kaapstad Internasionaal Lughawe. Kom ons hoop maar die rowwe see bedaar sodat die diesel veilig kan arriveer in Mosselbaaihawe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.