‘Ons vorder met kragprobleem’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Twitter / Cyril Ramaphosa)

Pres. Cyril Ramaphosa sê hoewel beurtkrag nog lank vir Suid-Afrikaners sal bly geld, maak Eskom wel vordering om aandag te gee aan die land se kragprobleem deur ingrypings in te stel om energievoorsiening te verhoog. Hierdie ingrypings sal help om die erns en frekwensie van beurtkrag te verminder.

Volgens Ramaphosa is Eskom reeds besig om maatreëls te implementeer om die toestand van sy kragstasies se opwekkingseenhede te verbeter en ook aandag te gee aan die kwessies van steenkoolvoorsiening en die swak gehalte steenkool. Dit is die grootste probleme wat tot beurtkrag bydra.

Suid-Afrikaners moes die afgelope twee weke beurtkragfases 5 en 6 trotseer en fase 3 en 4 word tans geïmplementeer.

“Hoewel ons al moedeloos is oor beurtkrag, is daar tog lig aan die einde van die toneel. As ons net verby die mees onmiddellike krisis kyk, is daar werklike tekens van vordering en goeie redes om optimisties te wees,” skryf Ramaphosa in sy weeklikse nuusbrief.

“Terwyl ons met groter dringendheid werk om die onmiddellike probleem van ʼn onbetroubare kragstelsel reg te stel, is ons ook besig om die grondslag te lê vir ʼn volhoubare, blywende oplossing vir die land se elektrisiteitsprobleme.”

Verhoog kragvoorsiening

Wat die verbetering van steenkoolvoorsiening betref, sê Ramaphosa Eskom kyk daarna om ’n samewerkingsooreenkoms met Transnet te bewerkstellig oor die vervoer van steenkool en monitering van die konsekwentheid van die verskaffing van steenkoolmyne aan kragstasies.

“Verder word kundiges met ondervinding in die bestuur van kragstasies ook teruggebring om te help met aanlegbedryf, bestuur en mentorskap. Die regering gee noukeurig aandag aan die vaardighede, ervaring en vermoëns van die Eskom-leierskap om te verseker dat die maatskappy die beste mense op alle vlakke van die organisasie het.

“Om te verseker dat kritieke instandhouding sonder vertragings onderneem word, is besprekings ook tans aan die gang om plaaslike inhoudsvereistes vir onderdele te vergemaklik en om die toerustingvervaardigers te gebruik om instandhouding te onderneem.”

Om die onmiddellike energietekort te takel het Eskom sedert Julie gewerk aan die verkryging van noodkrag, en het die afgelope week kragaankoopprogramme vir sowat 1 000 MW se noodkapasiteit van maatskappye met bestaande opwekkingskapasiteit van stapel gestuur. Die invoer van krag van buurlande is ook verseker.

Die regering het verlede week kragkoopooreenkomste vir 420 MW onderteken met die eerste drie voorkeurbieërs onder bodvenster 5 van die program vir hernubare energie. Die drie projekte sal na verwagting in Oktober 2024 by die netwerk aansluit, en voorbereidings is aan die gang om ooreenkomste met die oorblywende 22 voorkeurbieërs te teken.

Die hoeveelheid opwekkingskapasiteit wat van bodvenster 6 verkry moet word, sal van 2 600 MW tot 4 200 MW verhoog word.

“Die Nasionale Elektrisiteitskrisiskomitee wat ek in Julie aangestel het, gee aandag aan die wetgewende en beleidshervormings wat ʼn meer doeltreffende, mededingende elektrisiteitsektor sal vestig.

“Ons het die wysigings wat die lisensiëringsdrempel vir private opwekkingsprojekte verwyder vir openbare kommentaar gepubliseer. Dit sal die weg baan vir investering in groter projekte op nutsskaal wat vinnig nuwe opwekkingskapasiteit by die netwerk sal voeg.”

Ramaphosa sê die tydraamwerke vir energieprojekte wat grondgebruikmagtigings en netwerkaansluitinggoedkeurings ontvang, is aansienlik verminder, asook die Nasionale Energiereguleerder se registrasieproses vir opwekkingsfasiliteite.

Verminder vraag na elektrisiteit

Ramaphosa sê terwyl Eskom werk om die voorsiening van elektrisiteit te verhoog, moet daar ook ʼn groter poging aangewend word om die vraag na elektrisiteit te verminder, veral tydens spitstye.

“Ons moet as burgers saamwerk ​​om die druk op die nasionale kragnetwerk te verlig. Dit beteken om elektrisiteit spaarsamig te gebruik, onwettige verbindings aan te meld en te betaal vir die elektrisiteit wat ons gebruik.

“Besighede, huishoudings en staatsdepartemente wat Eskom skuld, moet opdok sodat Eskom beter in staat kan wees om kritieke instandhouding te onderneem wat nodig is om die ligte aan te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

honeybee ·

Wys ons Ramaposa, help nie jy praat net nie, ons glo jou in elk geval nie meer nie.

Bella ·

Mnr Ramaphosa, het die regering dalkies al hulle skuldjies vir Eskom betaal?

Delia ·

Mnr Ramaphosa.
Die Regering gee aandag dat kundiges aangestel word?? Dit maak my skrikkerig vir kader ontplooiing. Ek het gelees dat 23 van ingenieurs op Solidariteit se lys wel aangestel is. Hoop ons kan dit glo. MM kan julle dit dalk by Solidatiteit bevestig.
Ek stem saam ons moet ons rekeninge betaal, maar tans betaal ons vir dienste wat ons dikwels nie kry.
Ek lees niks hier van jou planne om korrupsie en sabotasie aan te spreek.

wiesalweet ·

Delia, dit was verlede week op KykNet se Môre program oor die kundiges wat aangewys was, maar ongelukkig was hulle weereens te “wit”. Hulle sal eerder sien hoe alles ondergaan as om “wit” kundiges aan te stel. Ons betaal tans vir ‘n diens wat eintlik gladnie gelewer word nie, maar tog wil hulle ALWEER die krag opsit. Dit is om van naar te word. Gladnie meer ‘n plesier in hierdie La-La-Land van ons nie.

Stephen ·

He talks a lot without saying anything. All his talking is aimed at the masses who will again believe what he says. You can fool some of the people some of the time……

Miena ·

Ek werk op n steenkoolmyn in MP en Transnet stuur n trein nou net 1x per week om kool te laai, waar ons tot n paar maande gelede elke dag n trein gehad het….

Hennie ·

Hoe vorder julle met die Phaala-Phaala geldwasser ondersoek jou skelm wetter?

SjN ·

Ramaposa, raak ontslae van kader Matashe wat alles briek, daar is heelwat surplus krag wat deur private instansies verskaf kan word, jul oggend en aand praatjies stem nie ooreen nie!!

Watsenaam ·

Nee SjN, hulle wag vir die GROOT geld wat Amerika beloof het. As ek na vandag se wisselkoers kyk, dan lyk dit of hulle vorder.

T-Man ·

Vorder julle met die probleem…? ons kan dit sien want dit raak n grootter probleem, n klein probleem wat n groot probleem raak is seker vordering…. Klein na groot… dit is mos hoe die ANC werk is dit nie? Vordering in wanorde is ook vordering…

VaalDonkie ·

Die probleem vorder, ja. Waar is julle met die oplossing?

Vonkprop ·

Ag ou Ramaphosa. Dis omdat jy en jou skelm mense wat al hierdie probleme veroorsaak het nie regtig voel wat ons gewone landsburgers voel nie. Julle krag is heeltyd aan. Petrol word vir julle betaal. Kos kom van winkels af en nie boere nie. Totdat julle nie voel wat ons voel nie sal julle nooit die erns van die saak besef nie. En Zuma wat die meeste van die gemors veroorsaak het, lê lekker in sy firepool en lag vir ons, want hy is mos untouchable. Die wiel draai nie vinnig genoeg nie. Julle moes al lankal geval het.

Johan Botha ·

Die ANC kan nie bekostig om Zuma vas te vat nie, want almal (in die regering )het finansieële voordele getrek uit Zuma se wandade.
(Wanneer gewone mense wandade pleeg, word hulle dadelik vervolg en beboet….daar word nie 15+ jare gesloer om te wonder of jy gestraf moet word nie!)

Laksman ·

Jys 100% reg CR…….net jammer in die verkeerde rigting

KaRoOkWaGgA ·

Waar kry mens kaartjies vir dié knaap se komedie vertoning?
Hoe weet mens wanneer Ramaposa gaan nonsens praat? Elke keer wanneer hy sy mond oopmaak om iets te sê!

Carin ·

Dit sou eintlik beter gewees het om te vorder met die oplossing… ons weet daar word gevorder met die probleem :-)

MakersMark ·

Hy en sy maatjie Zuma het dit jare terug belowe. Ongelukkig toe daarvan vergeet….

Swerwer ·

Grootste grap, waarom is die spul stakers met hul unies nog nie afbetaal en mense wat wil werk aangestel nie? Regtig Ramaphosa dink mooi voor jy weer lieg.

Antie Sarie ·

Julle vorder nie meer. Julle het perfek reggekry waarvoor julle betaal word. Want duidelik is julle nie op die belasting betaler se payroll nie. .

Kobus ·

Ly hy aan geheueverlies? Volgens ingeligte bronne is Mbeki al jare gelede gewaarsku oor die naderende kragkrises. In Zuma se tyd was Rampposa die “Generaal” in die sg “WAR ROOM” van Eskom. Wat het hy uitgerig? Sy probleme het name nl Matashe en Gordhan. Hulle is onbevoeg en skerm heeltyd vir werkers. Maar soos met Cele is die feit dat hulle altyd na die tyd by probleemareas opdaag en TV dekking kry, tel blykbaar punte.

Mariana ·

Hy praat van krag by buurlande kry. Watter buurlande sal dit nou wees, want voorsien Eskom dan nie juis vir buurlande krag nie? Soos gewoonlik praat hy ‘n klomp nonsens.

Vernon ·

Ja selfde praatjie wat hy in 2015 afgesteek het op tv,nogal gese na 2017 sal daar geen beurtkrag wees nie.

Louis ·

As jul. Jul werk gedoen het en nie met beee begin het dan was daar nooit n kragprobleem nie

annie ·

Cyril is vreeslik selfregverdigend. Is dit omdat die pap sitbank nou nader aan die vloer is? Vertel asb hoekom ons so 12 jaar gelede gratis voorsien is van langlewe-gloeilampies. (Wat waar aangekoop is?) Was dit om dowe neute of om op ‘n slinkse manier probleme by kragstasies te ignoreer en ons om te koop om nie te wonder nie? Ons kan nou nog net die laaste kers uitblaas, motorbande afblaas en laaste asem uitblaas. Al die ander apparate is klaar uit en af.

Anel ·

Hoeveel kommitees wil hy nog aanstel? Ons weet wat doe probleem is. Dank die kaders en hul mastjies af, sluit die saboteurs en hul mastjies toe, rask ontslae van die vakbonde en stel kundiges aan, nie kaders nie! Maar nou ja, die mees kundiges is wir en die lot is allergies vir wit, so hulle sal maar aan ploeter tot in lengte van dae. Vir ons sê ons moet spaar!!! Hoe spaar jy as jy omtrent niks krag kry nie maar aan die einde van die maand is jou rekening omtrent dubbeld wat dit was sonder beurtkrag!!!! Laat almal betaal ook en sluit die onwettige gebruikers toe, asook die wat help met onwettige asnsluitings. Genoeg is genoeg, man. Jy ou cyril, jy praat ook net. Niemand glo jou meer nie!!!!

Pampoenboer ·

Ou Rampies glo homself nie hoe dink hy moet ons hom glo. Politieke inmengery het hierdie land verwoes.

Al mens se elektriese toestelle pak op en ESCOM kom skotvry daarvan tyd dat hulle betaal vir skade

RJG ·

Is dit “lig aan die einde van die TONEEL” of was dit veronderstel om “lig aan die einde van die TONNEL” te wees?!

Vettiemaragartos ·

Dis die probleem met die ANC. Sien altyd the pie in the sky en nie wat werklik aangaan nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die ANC probeer in 1994 – 2050 in hul National Democratic Society drogbeeld-staat, bekend as eMzansibabwe, uitvind hoe werk die tegnologie van stoomopwekking in die Eerste Industriële Rewolusie (1IR). Eish, it is all about political and economic STEAM power!

JohanR ·

Cyril ek het ‘n plan Ramaphosa! Vertel ons die rerige storie van Phala Phala ou Cyril. Nee man nie die 21ste lieg storie nie!

Hans ·

Ja né …. jul vorder mooi man. Die probleem word al groter en groter

Dup ·

Ons “vorder” ook met misdaad,staatskaping,bedrog,korrupsie,vervalle infrastruktuur/munisipaliteite,werkloosheid en ñ sukkelende ekonomie……talk is cheap……

Sonja ·

Regtig? Hoe dink die mense? Hulle is skielik vreeslik besig om iets te doen aan die saak. Nou eers?!! Is dit omdat hulle skielik dalk besef dat hulle sondes nou ontbloot word? Hulle verloor aansien en ondersteuning? Daar is niks so produktief soos ‘n skuldige gewete nie, Mnr President.

Pieter ·

Bla bla bla bla……………… dis al wat ek hoor as ramaposa praat. Niemand glo jou meer nie….dis tyd om jou kantoor leeg te maak

Lian ·

Hoekom is net 18 van die 300 ervare ex eskom staf weer aangestel ? Klink vir my oeverblindery. Is daardie konsortium van 5 jaar gelede genader ? Gebruik die turbines diesel en NIE gas nie ? Het die skip met diesel aanboord te laat vasgemeer omdat die nodige “papierwerk” eers afgehandel moes word ?

Lian ·

Net ‘n laaste vragie : hoekom is daar nie EEN ingenieur op die TASK TEAM nie ? Net politici ?

Genis ·

Ag ou Ramadolla jy is van dag een betrokke en verryk deur die faal van Eskom….

Wildemien ·

Ag mens, hou tog op “kyk” na dit en dat en die volgende. Van “kyk” kom niks gedaan! En as jy nou eers klaar “gekyk” het, ne, dan skrik jy wakker en hou op bollie praat. Jy bluf regtig niemand.

Antie Sarie ·

Mens wonder watse invloed het ou ogies se huwelik met Motsepe se suster. Motsepe wat groot beleggings maak in kernkrag. Seker befonds deur europa?

Lian ·

Hoe kan jy se julle vorer as ander koerante jou aanhaal waar gese is ” Beurtkrag is hier om te bly ” Eerstens moes jou party ‘n kragsentrale of twee gebou het voor julle die kragnetwerk uitgebrei het . Maar julle was agter MAG (stemme) aan. Tesame met al julle beloftes wat julle inhaal . OOPS

Nie Verbaas ·

Net soos ander by Prasa, Denel en ander staatsorganisasies werk gekry het. Moenie die vet salarisse vergeet nie.

Plaasnooi ·

Die pateet is van leuens en bedrog aanmekaar gesit !!!!
Ek glo niks wat hy kwytraak nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.