Fase 4 wyk nie

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Eskom het aangekondig dat fase 4-beurtkrag tot Saterdag om 05:00 van krag sal wees, gevolg deur fase 3 tot 16:00.

Die kragvoorsiener sê hy sal die publiek op hoogte bring indien die kragsituasie drasties verander.

Onbeplande onklaarrakings het 16 686 MW se kapasiteit uit die netwerk gehaal terwyl 3 966 MW weens beplande instandhoudingswerk tans nie beskikbaar nie.

Opwekkingseenhede elk by die Camden- en Duvha-kragstasie en twee eenhede by die Kendal-kragstasie is die afgelope 24 uur herstel.

In dieselfde tydperk het ’n opwekkingseenheid by die Medupi-kragstasie en twee eenhede by die Kriel-kragstasie die gees gegee en is van lyn af vir herstelwerk.

Die vertraging in die herstelwerk van eenhede elk by die Kendal- en Majuba-kragstasie asook twee eenhede by die Tutuka-kragstasie plaas verdere druk op die kragnetwerk.

“Eskom se spanne werk onvermoeid om die opwekkingseenhede weer in diens te stel,” sê die kragvoorsiener.

Só lyk die beurtkragskedule vir die naweek:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Charles ·

Gelukkig raak ek nie huilerig oor iets wat ek nie kan verander nie. Werk om dit.

tweeling ·

Om dit werk kos geld wat nie almal het nie, dalk het jy dit, geluk

Charles ·

Ek wens. Ek werk harder en langer ure. En by die huis sit ek in die donker. Die rykes met hulle solar en inverters kla baie meer vermoed ek.

Papsak ·

Nee staan op as jy ruggraat het en baklei nie werk om dit nie asb net loadshedding in vertraagde SA

Duck ·

Dit kom, dit gaan en ons is nou al by die tyd so gewoont daaraan. Dink in elk geval nie die antwoord lè om die draai nie.

tweeling ·

Ou goed bly breek totdat dit vervang kan word, waarvoor daar nie geld is nie. Dis is nie een van die cANCer se modes operandi om voorbehoedende onderhoud te doen nie. Hulle leef in die verlede.

Charles ·

Jy sien, ek betwyfel nie jou intelligensie nie. Maar ek moet sê dat mense wat dink dat onderhoud probleme die eintlike rede is vir load shedding, is in die beste scenario onskuldig-naïef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.