Fase 5-beurtkrag geld nou onbepaald

Foto ter illustrasie. (Foto: Andrey Metelev/Unsplash)

Fase 5-beurtkrag is van 06:00 Vrydagoggend af onbepaald ingestel.

Eskom het gesê dit is weens ʼn effense verbetering in opwekkingskapasiteit en ʼn laer vraag na elektrisiteit. Volgens die kragvoorsiener sal hy weer ʼn aankondiging maak sodra enige beduidende veranderinge plaasvind.

Fase 6-beurtkrag is vroeër die week weer ingestel ná vertragings om onklaar eenhede by kragstasies in werking te stel. Eskom het ook gesê daar is ʼn moontlikheid van hoër beurtkragfases aangesien die daaglikse kragverbruik tydens spitstye, veral saans, hoër is as sy beplanning.

Eskom het gesê die koue weer is die rede waarom die kragverbruik skielik toegeneem het. Die kabinet het Donderdag gesê hy is die versekering gegee dat die huidige hoër fases van beurtkrag nie lank sal duur nie.

Khumbudzo Ntshavheni, die minister in die presidensie, het gesê die kabinet is verseker dat die huidige instelling van verhoogde fases van beurtkrag net van korte duur is aangesien Eskom voorberei vir meer ondersteuning en verminderde stadiums van beurtkrag in die nabye toekoms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

KB ·

Nee, dis mos net “tydelik”, volgens jou minister in die presidensie…

Euodia ·

Almal lieg vir ons. En waarom het die presidensie en Ramakosi so baie mense wat namens hom praat? Ek vra maar net!

Murray ·

Die ministers en die president moet self beurtkrag aan hulle bas voel, dan sal daar miskien ‘n verandering kom

hpven ·

Dit beteken die situasie versleg daagliks, in ag geneem die regime kan nie eers meer in die somer krag verskaf nie…

kaplyn ·

Ja ek stem saam, en hulle sal ook seker ook vir apartheid die skuld gee vir die skielike koue weer!

Murg en been ·

Niemand noem dit nie, maar ons betaal lyn huur vir elke elektrisiteits punt. Wanneer gaan eskom / munisipaliteite ons begin krediteer vir die periodes wanneer ons nie krag het nie. Ons kan tog nie vir dienste betaal wat nie gelewer word nie?

Manie ·

Waar is die minister van energie, hoekom moet die minister in die presidensie namens hom praat?

Vernon ·

Solank die spul ANC kaders kragopwekkers het en teen die tyd almal sonkrag het en elke maand n staats-salaris kry…nie verdien nie..kry en nie voel hoe beurkrag ons verkrag nie,gaan niks verander nie. SA ons moet self.

Suzette ·

TWAK! Hul troos net vir die verkiesing. Nie almal eet hul beloftes soos soetkoek nie.

Althes ·

Die Minister van Elektrisiteit is nog ñ duplisering van ñ werksomskrywing (job description). Niks het werklikwaar verbeter sedert die Minister ten duurste aangestel is om die kragkrisis hok te slaan nie.

Althes ·

Miljarde rande se peperduur diesel verdamp in die lug.
Die dampe besoedel die lug asook vir die werknemers wat in sulke omstandighede moet werk.
Behalwe dit, dit put die staat en privaatsektor se broodnodige fondse uit.
Dit vererger so dat aflegging, besighede sluit en mense in wanhoop verval.

Pietertjie ·

Fase vyf. Al was die vraag sedert gisteraand (14 Sept) by tye so laag as 25% van die beskikbare kapasiteit. Gaan kyk maar eskom se eie statistiek.

Danie ·

Wil hulle nou erkenning he dat ons hul werke uitstekend vind. Hulle en hul minister en president is swak verby. Klomp kan net lieg sover hul gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.