Fase 6 maak SA’ners suur

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Nuril Ahsan/Unsplash)

Suid-Afrikaners is klaarblyklik keelvol, veral nadat Eskom Sondag aangekondig het dat hy fase 6-beurtkrag moet instel.

ʼn Aanwyser wat mense se vlak van geluk deur die Bruto Nasionale Gelukindeks (GNH) meet, wys dat Suid-Afrikaners ʼn mengsel van woede, teleurstelling en vrees beleef ná die aankondiging.

Die indeks se data wys dat Suid-Afrikaners se vlak van geluk Sondag tot onder die nasionale gemiddeld van 6,85 tot slegs 6,44 GNH gedaal het.

Dié syfer het nie veel deur die week verbeter nie en teen Maandag het Suid-Afrikaners se vlak van tevredenheid selfs verder – tot 5,80 GNH – afgeneem. Dit het sedertdien effe opgetel, maar het teen Dinsdagoggend steeds op 6,66 gestaan.

Mense se vlak van geluk word gemeet deur twiets te ontleed soos dit geplaas word.

“Die negatiewe emosies weerspieël teleurstelling, woede en wantroue van staatsamptenare, asook vrees vir verdere toenames in werkloosheid en armoede,” sê prof. Talita Greyling, welstandsekonoom aan die Universiteit van Johannesburg.

Greyling en dr. Stephanié Rossouw, verbonde aan die Auckland Universiteit van Tegnologie, het in April 2019 die aanwyser in Suid-Afrika bekend gestel in ʼn poging om na die menslike aspek van ekonomiese aanwysers te kyk. Die twee glo dat mense se emosies kan voorspel en verduidelik wat in die ekonomie en politiek gebeur.

Greyling en Rossouw se algoritme, wat twiets analiseer, het onder meer gewys dat Suid-Afrikaners die skuld vir die instelling van fase 6-beurtkrag op korrupsie en wanbestuur pak.

“Cyril Ramaphosa het na die koningin se begrafnis gegaan en Fikile Mbalula [minister van vervoer] is na Kata; maar ons sit hier sonder elektrisiteit,” skryf een sosialemediagebruiker.

“Die gevoel van hopeloosheid is omtrent die ergste daarvan om die opdaterings oor die kragsituasie te lees,” sê ʼn ander burger.

Talle Suid-Afrikaners is boonop angsbevange oor wat die voortslepende beurtkrag vir hul sakeondernemings gaan beteken.

“Dit gaan ʼn taai week wees. Baie ondernemings sal in duie stort en kliënte en wins verloor,” sê ʼn Twitter-gebruiker.

“Eskom wil sien dat ons swaarkry. Kan netsowel vir ewig geen elektrisiteit hê nie, so dan kan ons eindelik aanpas om in ʼn land sonder krag te woon. Ons sal die werklikheid aanvaar en nie hierdie konstante hoop hê dat dinge beter sal word nie,” skryf nog ʼn mismoedige Suid-Afrikaner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Heinrich ·

My frustrasie lê by die massas wat nog steeds vir die ANC stem wat die Eskom probleem veroorsaak het; geen hoop daar nie.

Antie Sarie ·

My frustrasie lê by diegene wat dink dat verkiesings n verskil maak en dat ons in n demokratiese land by.

Trotse Boervrou ·

Ons steenkool word uitgevoer! Waarom? Almal in die wêreld word van ons steenkool voorsien behalwe ons wat ons gatte af betaal. Kyk maar hoeveel duisende steenkooltrokke ry oor die grense en na hawens toe. Nou is daar NOG tariefverhogings wat wink. Ons betaal al hoe meer vir al hoe minder. Tyd dat ons bietjie meer vrae begin vra aan ons “WERKNEMERS” want ons betaal immers HULLE SALARISSE! Kan hul ongelukkig nie die Regering noem nie want hul is beslis nie ‘n Regering se agterwêreld werd nie!

Nommer 7 ·

Die steenkool wat uitgevoer word is beste graad steenkool. Eskom gebruik swakste graad omrede dit in poeier vorm gemaal moet word vir kragopwekking.

Nie Verbaas ·

Korrek, saam met yster en klippe om gewig op te maak nê?

gedoriewaar ·

Ek stem saam , kom kyk maar by die grenspos net anderkant Komatie hoeveel steenkool gaan n a,Mosambiek !!

Anna-marie ·

Gee die mense RUGBY en sien hoe die indeks skielik die hoogte inskiet!

Republikein in die Wes Kaap ·

Al wat ‘n ware Afrikaner man vra is ‘n Springbok jersey, ‘n groot stuk steak, gloeiende kole, ‘n hele paar koue biere en ‘n rugbybal. Dan is die saak reg.

Spekkies ·

As enige iemand die push app van Eskom het kyk bietjie na Soweto(3) se beurtkrag! Dit laat mens wonder.

Boer ·

Hel dis skokkend Soweto se Stage 6 is ons Stage 1. Ek dink Afriforum moet bietjie gaan kyk.

Antie Sarie ·

Die een wat daardie app gedoop het, was kwaad vir eskom.

Kortbroek en plakkies ·

Dit is skokkend, ons wat betaal ly die meeste en die wat soveel onwettige verbindings het ly amper niks………..

Nie Verbaas ·

Suur beskryf nie wat n mens voel nie. Hopeloses word beskerm deur ANC se verkrampte ideologie wat vergelyk kan word aan n rot met breinskade. Die goed maak net wat hulle wil en almal moet dit net aanvaar.

Nie Verbaas ·

O ja dit is. Kommunisties, behalwe dit het hulle korrupsie, onbevoegdheid en tekort aan integriteit verby die oortreffende trap geneem.

KatjieDeKat ·

Iemand wat dieper kan in sien. Tannie Sarie, ek het al agtergekom volgens jou kommentaar, ons is op dieselfde bladsy:-)

Dries ·

Ek sal sonder krag klaar kom in ruil vir die ondergang van die ANC. Hulle dra die meeste by tot my ongelukkigheid

Nie Verbaas ·

ANC sal ons leer hoe om jou besigheid sommer langs die pad ten aanskoue van almal te doen.

Sarel ·

Ek glo nie net Eskom nie want saam met beurtkrag kom misdad en die Plundering van
Substasie en Distribueering netwerke.
Verbruikers is voos a.g.v. hoë lewenskoste
nou l Eskom ook nog vra vir buitensporige tariewe.

Hannelie ·

Kry GROOT asseblief mense wat weet wat aangaan, en nie mense wat as gevolg van BBBEE aangestel word nie……want dit werk duidelik nie!!!!

Marcello ·

Ek verstaan mense voel ongelukkig oor die toedrag van sake, maar ek GLO en weet Eskom bestuur, asook die manne in die Instandhoudings sentrums en die in die kragstasies doen wat hulle kan om die ligte aantehou. Is dit nie tyd dat mense ophou kla, en begin wonder hoekom Eskom in so panarie is. Hoekom was daar nooit voor 1994 sulke probleme nie. Daar is mos nou nie ‘n manier wat alles nou herstelkan word in ‘n kort tydperk, wat verkeerd gegaan het vanaf die Nuwe Regering oorgeneem het nie. Ons as SA Burgers moet ophou oordeel en liewers probeer dink hoekom en waarom. Ek haal my hoed af vir Andè de Ruyter en sy span, dit kan nie maklk wees om altyd gekritiseer te word nie.

Wildemien ·

Ek glo dit nie meer nie. Die bewyse is daar dit SLEGTER gaan en nie beter nie.

gedoriewaar ·

Ek is 77 jaar oud en AL hierdie gemors op ALLE terreine het net gekom vandat ons pragtige land in n nuwe refering se hande geval het . Eintlik is hulle BAIE slim , ongelukkig NET op die self verykende terrein !!

Keelvol ·

Keelvol is nie die regte woord nie. De ruyter moet nou drasties iets begin te doen om dinge reg te ruk. n opstanding is nie te vêr nie.

Sandra ·

Moenie De Ruyter blameer nie. Hy het nie die chaos veroorsaak nie. Hy staan manalleen teen ‘n klomp urke wat net geld wil pocket.

JuanRe ·

Die ergste is, help nie ons kla nie want daar gaan niks gebeur nie. Ons moet maar ons lot aanvaar en jou lewe geniet met wat jy het terwyl jy dit het. Ek het die geleentheid gekry om Desember Kanada toe te gaan, wens net ek kon my vriende en familie saamvat.

VaalDonkie ·

Ek het sopas R5800 aan ‘n 500W sonpaneel en “charge controller” spandeer net sodat ek kan aanhou werk deur die dag. Kan ek daai by Eskom terug eis?

vuurvliegie ·

Eskom het niks met jou besteding te doen nie.
Volgende wil jy ‘n kas brandewyn eis vir pyn en leiding

VaalDonkie ·

Wel, Eskom lewer nie hul diens nie en my besigheid ly daaronder. En dit gaan nie net oor die eenhede waarvoor ek betaal nie. Dit gaan ook oor elektrisiteit beskikbaar he wanneer ek dit nodig het. Ek kannie 4 ure in die dag sit en tande tel en dan 12 uur die nag tot 4 uur die oggend werk nie. 1. omdat ek nie lus is nie, en 2. omdat daar dan OOK beurtkrag is.

vuurvliegie ·

Jy het alternatiewes en keuses.
Eskom, Generators of jou eie IPP stelsel is jou keuses.
As ek diesel ingooi en ek het ‘n probleem met Shell gebruik ek ander alternatiewes soos BP of Engen.

Nommer 7 ·

My wifi en fibre hou ek aan die gang met ‘n R1400.00 Ellies Cube, net om internet te behou, en so ook my “sanity”.

gedoriewaar ·

Onberekenbare skade vir groente boere ! Groente vrek by die tonne op die lande onder hoe teperature en droogte . …. besproeing sonder krag nie moontlik nie IUit die pakhuise en koelkamers word tonne en tonne verrotte groente weggegooi …. dis nie lonend om by al jou uitgawes nog weg te ry na plekke nie en dit in n land waar mense nie kos het nie !!! Op n kleinerige plaas sit plus minus 260 werkers sonder inkomste en kos , want hulle word dmv padvervoer na die plaas gebring en hulle kan net werk as daar werk is om te doen . As ons weet dis nou dit , hou ons op om te boer en ESKOM en die regering moet maar vir nog n klomp mense sorg !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.