Foto’s: En die nuwe Mej. SA is…

Lalela Mswane (Foto: @Official_MissSA/Twitter)

Lalela Mswane is Saterdag by die Grand Arena by die GrandWest Casino in Kaapstad as die nuwe mej. Suid-Afrika gekroon.

Moratwe Masima en Zimi Mabunzi het die res van die top-drie uitgemaak nadat Bianca Bezuidenhout en Jeanni Mulder uitgeval het.

Die wenner van Mej. SA wen ʼn pryspakket en borgskappe ter waarde van meer as R4 miljoen.

Sy ontvang onder meer R1 miljoen in kontant van die Mej. SA-organisasie sowel as ʼn ten volle gemeubileerde en gediensde woonstel in die luukse Central Square in Sandton, Johannesburg, wat deur die binnehuisversierder Vursa gemeubileer is. Sy ontvang ook ʼn Mercedes‑Benz C-klas-sedanmotor om mee rond te rits terwyl sy die kroon dra.

Die Mej. Suid-Afrika-kompetisie het vanjaar geskiedenis gemaak met die huidige titelhouers van die mej. Wêreld-, mej. Heelal- en mej. Supranasionaal-kompetisie wat die geleentheid bygewoon het.

Die top-drie (Foto: @Official_MissSA/Twitter)

Die Ndlovu-jeugkoor, wat die VSA stormgeloop het toe hulle die eerste koor geword het wat die finale ronde van die talentsoekreeks America’s Got Talent gehaal het, asook die bekroonde gospelsanger Ntokozo Mbambo en musiekvervaardiger Zakes Bantwini, het tydens die geleentheid die gehoor vermaak.

ʼn Hele rits top-Suid-Afrikaanse mode-ontwerpers was vanjaar weer deel van die geleentheid. Tracy B was vir die swemdrag verantwoordelik terwyl vyf van Suid-Afrika se voorste ontwerpers, Georges Malelu, Iman Itumeleng Mtshali, Jolandie Fouché, Lena-Lisa Retief en Sello Medupe, die deelnemers se ander uitrustings ontwerp het.

Die top-vyf (Foto: @Official_MissSA/Twitter)

Vanjaar se keuringspaneel het net uit vroue bestaan. Dit was die huidige mej. Heelal, Andrea Meza, ʼn voormalige mej. Heelal, Pia Alonzo Wurtzbach (2015), twee voormalige mej. SA’s, Basetsana Kumalo (1994) en Tamaryn Green (2018), die aktrise Shannon Esra, vise-kansellier van die Universiteit van Kaapstad, Mamokgethi Phakeng, en radio- en televisieaanbieder Dineo Ranaka.

Anele Mdoda en Nico Panagio, twee van Suid-Afrika se bekendste glanspersoonlikhede, het vanjaar se Mej. Suid-Afrika-skoonheidskompetisie aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek dink as kaap van goede hoop afstig van Suid-Afrika moet daar nie so kompetisie wees nie,dit is volgens my opinie vernederend om soos beeste uitgestal te word dan besluit n groepie mense wie die beste lyk en dan wen jy soos ‘n skoubees met ‘n lint om die nek.

Tiptol ·

Jasper, die vrouens word nie gedwing om daaraan deel te neem nie.

Pieter ·

Hoe laat jy my nou stik aan my koffie van die lag. Net die ou AWB tannies sal deelneem

MakersMark ·

Jasper ek stem saam met die konsep. Wie gewen het en watter kleur sy was eintlik nie belangrik nie. Die tipe kompetisies het hul relevansie verloor.

Keelvol ·

Ag asseblief Jasper, die vrouens word nie gedwing nie. Hulle neem deel uit vrye wil. Gaan raak jou liberale nonsens kwyt elders.

Sarel ·

Wel dit is hulle vrye wil om derl te neem en hulle wedt presies wat hulle doen

Realis Thailand ·

As ek mense ken en hoe hulle sou stem sou sy laaste moes gekom het
n Ware klug maar dit is die nuwe SA

Mellissa ·

Jare terug, ons praat nou van baie jare, was dit die ding om tekyk in Desember…ons kon nie wag om voor die tv tesit en die hele ding tekyk en dan tesien wie die kroon kry…nou is dit oo was die Mej SA aan okay whatever geen iemand om…Dit is net nog n ding soos idols wat oorgeneem word deur n ras kaart.. jammer om so tese maar dis hoe ek voel…

Misky ·

Stop maar die hele kompetisie in die toekoms. Politiek en BEE het sy kloue ook hier in geslaan en vermorsing van geld. Almal gese Bianca was wenner by verre!!!

piet ·

Wie’s almal? Waardige wenner gemeet aan die 5 wat deurgedring het in my opinie.

Danie ·

Indien dit nie so tragies was nie sou dit een groot grap wees.
Top 3 is gitswart en niemand durf skree en klipgooi en afbrand en plakkate swaai omdat die res van die land se inwoners nie verteenwoordig is nie want dan is jy mos n rassis.
Ek dink vrouens met inbors en selfrespek moet in elk geval hierdie kompetisies vermy.
Die enigste manier wat vrouens laer gedegradeer kan word as hier is wanneer hulle gekoop word vir beeste.

Werner ·

Hierdie is maar net n voorbeeld van watter klugspul SA nou al vir 27 jaar is.Net so gaan die komende verkiesing ook wees.

Nie Verbaas ·

Wat n grap. Wat mense tog nie sal doen on polities korrek te wees nie.

jzjz05 ·

Daar is baie dinge in die nuwe SA wat tel, hang af van politieke belangrik dit is en watter kleur n mens is,die steling word dagliks in ons land gebruik.

Pieter ·

En dan het diegene wraagagtig die vermetelheid om ander van rassime te beskuldig.

AmY ·

Die feit is dat daar mooier meisies (vrouens) is wat nooit eens inskryf nie.
So; sy is mej SA, maar sy is nie noodwendig die mooiste in die land nie.
Nou praat ek sommer van wêreldwyd ook.

Carolina ·

Wie kyk nog na hierdie snert??? Dit is dieselfde as om big brother Africa te kyk????

Blomme ·

Jy praat ook van jouself Piet. Jy is beslis nie onskuldig in dié een nie.

Jr ·

Gee nie n dut om nie. Net soos Sabc tv. Haven’t watched it in years. Stel glad nie belang nie.

Sarel ·

Horklm is hulle vrygedtel van die dra van Maskers terwyl
Ons gewone mense gearresteer word indien jy ditnue dra nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.