Familie van die vermoorde Brendin Horner, boere, verteenwoordigers van landbou-organisasies en lede van die gemeenskap en omliggende gebiede het Dinsdagoggend na die Senekal-landdroshof opgeruk.
Die wrede moord op Horner het woede en verslaentheid tot gevolg gehad en mense is versoek om die hofverskyning van die twee verdagtes wat kort na die moord in hegtenis geneem is, by te woon.
Boere het met trekkers op Senekal toegesak terwyl mense voor die hof met plakkate en baniere bymekaargekom het.
Die 21-jarige Horner se liggaam is Vrydagoggend vroeg in ʼn veld op ʼn plaas in die omgewing van Paul Roux in die Vrystaat aangetref. Hy het glo verskeie steekwonde, asook ʼn kopwond gehad. Sy kneukels was na verneem word bebloed soos wat hy glo sy aanvallers probeer afweer het.
Die twee verdagtes, onderskeidelik 32 en 43 jaar oud, is Saterdag in Fateng tse Ntho in Paul Roux in hegtenis geneem. “Bloedbevlekte klere en skoene is gevind en sal vir forensiese toetse gestuur word. Die twee mans is glo veediewe en die oorledene het hulle moontlik op daardie noodlottige dag gesien,” het brig. Motantsi Makhele vroeër gesê.
Horner se liggaam was met ʼn tou aan ʼn paal vasgemaak in ʼn stuk veld op die plaas waar hy gewerk het. Hy was ʼn plaasbestuurder vir Gilly Scheepers, eienaar van die Bloukruin-boerdery in die omgewing.
- Betogers
- Hordes mense het verlede week na die Senekal-landdroshof opgeruk.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
30 Kommentare
Het nie eintlik woorde nie – net hartseer oor al my mense wat so wreed uitgemoor word.
Dis al uitweg…Om in opstand te kom. Soos hulle sê…GENOEG IS GENOEG !!
My hart is stukkend vir die jong kind! Sterkte aan die familie en vriende mag God julle dra in die tyd. In ons harte was ons saam met die betogers daar… Baie dankie julle ons waardeer dit al sit ons ver van daar af.
Daar sal daadwerklik iets gedoen moet word anders beteken genoeg is genoeg en dit stop nou plakkate net mooi niks. Daar is nou al baie sulke optogte gehou en ek sien eerder n eskalasie in aanvalle en in die wreedheid daarvan.Kry oordentlike opleiding met n opgeleide hond en bewapen jouself . Stig plaaswagte met opgeleide reaksiespanne.Dit sal n impak op plaasaanvalle he
Ek vertrou geregtigheid sal geskied. My hart gaan ook uit na familie van jong man vermoor op plaas by Groblersdal!!!Quo Vadis SA???!!!