Foto’s: Joseph Shabalala ter ruste gelê

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die roubeklaers toe. (Foto: Twitter)

“Ons broer en pa het ons verlaat om by die hemelse koor aan te sluit.”

Só het pres. Cyril Ramaphosa in sy huldeblyk aan Joseph Shabalala, die stigter van die Grammy-bekroonde koorgroep Ladysmith Black Mambazo, gesê. Shabalala is vroeër vandeesmaand in die ouderdom van 78 jaar oorlede.

ʼn Spesiale provinsiale amptelike begrafnisdiens is vroeër vandag vir Shabalala in sy tuisdorp Ladysmith in KwaZulu-Natal gehou waarna hy in ʼn begraafplaas op die dorp ter ruste gelê is.

Ramaphosa het in sy huldeblyk gesê Shabalala laat ʼn blywende nalatenskap aan die musiekwêreld, die gemeenskap en Suid-Afrika, wat lank na sy heengaan sal voortleef. “Ladysmith Black Mambazo was die klankbaan van ons lewe. Hul musiek het die Suid-Afrikaanse volk se verhaal van pyn, onteiening en verlies, verhale van kameraderie, vriendskap, triomf en geloof na die wêreld gebring.”

Die koorgroep, wat sedert hul totstandkoming nie minder nie as vyf Grammys gewen het, het gedurende die diens opgetree.

Shabalala is na ʼn lang siekbed oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Scalla ·

Ek neem aan dat leiers in landbou wat vermoor word ook kwalifiseer vir amptelike begrafnisdiens.

Michael ·

Dit wat hier gebeur is seker nie verkeerd maar as belasting betaler weet ek as dit Steve Hofmeyr was sou hy nie n staats begrafnis gekry het nie,ons enigste hoop op regverdigheid en gelyke regte is n onafhanklike tuisland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.