Foto’s: Lesotho toe onder sneeukombers

Lesotho onder sneeukombers toegevou (Foto: AfriSki/Martin Schultz via Twitter)

Die eerste sneeu van die winterseisoen het sedert Dinsdagaand oor gedeeltes van die Drakensbergreeks begin val en het Woensdagoggend nog voortgeduur.

Die AfriSki-oord by die Maluti-berge en die Tiffendell-oord digby Rhodes in die Oos-Kaap was Dinsdagaand onder ’n sneeukombers toegevou, nadat sneeu deur die loop van die nag hier geval het. Ligte sneeu het ook in ander plekke in die Oos-Kaap voorgekom.

Vanetia Phakula, ʼn weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAW), het gesê koue weer kan tot Vrydag in groot dele van die land verwag word, met maksimum temperature wat wissel tussen 19 °C en 25 °C.

Minimum temperature van onder 10 °C word in groot gedeeltes van die Vrystaat, die Noord-Kaap, Mpumalanga en die Oos-Kaap vir die res van die week verwag. Die temperature gaan weer teen die naweek begin styg.

Die weerdiens het Woensdag ’n waarskuwing uitgereik vir swaar donderbuie wat moontlik tot kitsvloede kan lei aan die suidoostelike kus in die omgewing van Port Alfred en Port St Johns. Geen donderbuie word vir die res van die land verwag nie.

Phakula sê daar is ’n 30%-kans vir ligte reën oor die naweek in groot gedeeltes van Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Gauteng.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Genis ·

Hier kom die koue, en griep..en meer… probleme op die horison…

Stof ·

‘n Pragtige prentjie in wording. Dit lei die aandag af van al die doodsprekers en hulle doodspraak. Dit lig die gees van elke waarnemer wie se oog oop is vir die skoonheid van Vader se skepping.
Mag hierdie skone tonele, elke hart aanraak en oplig.

Bugsby ·

Pragtige gesig. Hoop werklik dit is aanduiding dat daar weer water in die dorre rivierlope sal wees hierdie jaar. Ons het verlede jaar September deur Lesotho gery en dit was regtig bitter droog daar.

Bets ·

Ja stem lyk pragtig maar griep en watse ander siektes gaan kom uit kruip like nie winter nie

Schalk N ·

Ongelukkig floreer die Covid-19 virus in koue klimaat…
Altemit sneeu en reën is altyd welkom…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.