Foto’s: Namakwa-blommeprag ‘soos nog nooit tevore’

(Foto: Verskaf)

“En roer die reën die droë loop, dan breek my hart se kleure oop, en knoop ek gou my blommejas van Kamieskroon tot Komaggas,” sing Coenie de Villiers in die lied “Namakwaland” oor dié blommeprag.

Elke jaar in Augustus en September staan dele van die Noord-Kaap bedek met die blomme van meer as 3 500 spesies wat hier ʼn tuiste het.

“Dit is ongelooflik om te aanskou. ʼn Mens kan amper nie glo dat die Noord-Kaap – wat vir sy warm, strawwe en droë weerstoestande bekend is – só kleurvol kan wees nie,” sê Lucius Moolman, streeksbestuurder van SANParke in die Noord-Kaap.

“Wat vanjaar veral uitsonderlik maak, is dat dit die eerste jaar in ʼn baie lang tyd is wat die hele streek, met ander woorde die hele Richtersveld en die hele Namakwaland, met blomme bedek is.”

Personeel van SANParke wat in die Richtersveld woon, meen dat die streek sedert die park se ontstaan in 1991 nog nooit so gelyk het nie, terwyl ander weer sê hulle het Richtersveld in die 1970’s laas so sien blom.

“Die gebied het nog nooit so gelyk nie,” sê Moolman.

(Foto: Verskaf)

“Ek is al 11 jaar streeksbestuurder hier en ek het nog nooit die Richtersveld so mooi gesien nie.”

Volgens Moolman is die goeie winterreënval die rede vir vanjaar se uitsonderlike blommeprag.

(Foto: Verskaf)

Die Namakwaland Nasionale Park het vanjaar al sowat 250 mm reën gekry – byna dubbel die gemiddelde reënval.

“Die gemiddelde winterreënval is gewoonlik tussen 120 mm en 150 mm, maar ons het in Mei, Junie en Julie vanjaar uiters goeie reënval gehad,” sê Moolman.

“Dit is ongelooflik en ons sien dit in ons besettingsyfers. Ons het 30% meer besoekers as verlede jaar.”

Moolman sê die blomme in die Richtersveld behoort vir nog sowat twee weke lank op hul heel mooiste te wees.

(Foto: Verskaf)

“Namakwaland behoort tot einde September te blom, veral die gedeeltes teen die kus, tussen Groenrivier en Spoegrivier, sowat 60 km van die Namakwaland Nasionale Park,” sê hy.

Genevieve Maasdorp, streekskommunikasiebestuurder van SANParke in die Noord-Kaap en self nou in die park, sê die blommetapyt is onbeskryflik mooi.

“Die mense moet kom kyk; dit het nog nie só gelyk nie, dit kan ek jou verseker.

“Ons hoop en vertrou dat dit nog tot middel September so gaan lyk. Daar is plekke waar die wind al ʼn bietjie skade aangerig het, maar die meeste gebiede is asemrowend. Woorde kan dit regtig nie beskryf nie.”

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mieke ·

Baie dankie vir die pragtige fotos van ons natuur in SA! So goed om vir ‘n verandering iets moois te mag sien!!

Karoo ·

Ai… Mieke, dan is daar altyd ‘n “stok in die wiel”. Jy…. die een wat’ n negatief op hierdie posetiewe boodskap gee… se vir ons tog vir waf asb!!! Dalj moet jy tog ‘n bietjie meer uitkom en sonlig vang dat jy ook kan “blom”.

Karoo ·

LOL…. en hier is die vabond weer LOL….. vang ‘n bietjie son toe en kweek’ n glimlag.

Manie ·

Dit gebeur daagliks op die forum, mense speel die man en nie die bal nie, want hulle voel veilig deurdat hulle name nie wys nie.

Karoo ·

Hier in die Karoo het ons soveel “genade reen” ontvang dat ons velde so pragtig getooi is met ‘n verskeidenheid van blomme. Daar is niks so mooi soos’ n kronkel stof pad na wie weet waar wat vol blomme staan en jou nooi om nog net ‘n entjie verder te ry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.