Foto’s: Ramaphosa land in Rusland

Pres. Cyril Ramaphosa land in Rusland. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag veilig in Sint Petersburg geland in aanloop tot vandeesweek se Rusland-Afrika-beraad.

Ramaphosa is een van 49 Afrika-leiers wat dié beraad Donderdag en Vrydag in die Russiese president Wladimir Poetin se tuisstad sal bywoon. Naledi Pandor, minister van buitelandse sake, is tans saam met Ramaphosa in Sint Petersburg vir die beraad.

Poetin vergader Vrydag met die Afrika-leiers oor verskeie kwessies wat met Oekraïne verband hou.

Rusland “waardeer die opregte pogings van die Afrika-vennote vir ʼn politieke oplossing vir die konflik”, het die Kremlin in ’n verklaring in aanloop tot die beraad gesê.

Maroela Media het vroeër vandag berig die einde van die ooreenkoms wat Oekraïne tot dusver toegelaat het om ondanks die konflik graan via die Swartsee na internasionale markte uit te voer – ook na Afrika – sal na verwagting die sakelys oorheers.

Die beraad is die tweede van sy soort nadat ʼn inhuldigingsberaad in 2019 in Sochi in die suide van Rusland gehou is.

Pres. Cyril Ramaphosa land in Rusland. (Foto: Twitter)

Minister Naledi Pandor is ook in Rusland. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa land in Rusland. (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Elise Georgina Irene ·

Hy’t net loop check of Zuma alraait is en ‘n extra mohair kombersie geneem vir die koue. Die arme mens moenie so swaar kry met sy siekte nie…

Shakespeare ·

Ek bid vandag dat die Here sal intree en hierdie bose mens en sy kader pêlle sal laat bekeer.

Adriana ·

Wat is hul so behep met Rusland, wat doen hul vir SA. Het altyd baie respek gehad vir Pandor toe sy min van onderwys was, maar deesdae is sy so in Rusland in, groot kommuniste

57 Chevy ·

Ja …..lyk of daar baie turbulence op die vlug na Rusland was ….haha

Republikein in die Wes Kaap ·

Daai troep langs haar wil net lag. Dink seker dieselfde.

Samuel ·

So word ons belastinggeld gemors. CR gaan seker ook besoek aflê by sy ernstige siek kameraad JZ.

hpven ·

In dieselfde tyd waar Ramaphosa in luuksheid rondvlieg en raad en handdrukke uitdeel moes een van ons bakkies se bande vervang word, in slaggate beskadig. Nog ‘n bakkie en sleepwa van ons moes 160Km grondpad ry omdat die teerpad nie meer begaanbaar is nie. Ek het vanoggend opgestaan met geen water en krag in my huis, Mangaung Metro. Ramaphosa jou eie land is reeds oor die afgrond!

Botterblommetjie ·

Self ‘n nuwe band verloor weens ‘n slaggat in ons straat. Vanoggend half oor sypad geklim om gat wat al wyer raak te probeer mis. Dit slaan my dronk wat my band oorgekom het met die gat, want ek kruie letterlik en moes om ‘n kar ry wat besluit het hy stop dood, en rustig omgery en woeps daar hoor ek net ‘n slag. Onherstelbaar, en moes weer ‘n nuwe een opsit. Gelukkig het God voorsien soos altyd en dinge het uitgewerk. Tog onnodige stress en onkostes.

SwartBees ·

Hy het op ons belasting betalers se geld gaan kyk hoe dit met sy twee boeties, Zuma en Poetin, gaan.

Petrie ·

Het pres Cyril vir oud president Zuma gaan haal of gaan hy net vir hallo sê waar hy ookal in Rusland wegkruip?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.