Gange vol mediese afval in dié hospitaal

Mediese afval staan in die ganga van die Uitenhage-provinsiale hospitaal. (Foto: Verskaf)

Lede van die provinsiale wetgewer in die Oos-Kaap is die afgelope week deur hope mediese afval in die gange van die Uitenhage-provinsiale hospitaal begroet toe hulle ʼn oorsigbesoek aan die hospitaal gebring het.

“Die toestand van die eens wêreldklas hospitaal het tot so ʼn mate verswak, dat dit ondenkbaar is dat die Oos-Kaapse regering die fasiliteit as aanvaarbaar vir die behandeling van pasiënte beskou,” het Jane Cowley, die DA se woordvoerder vir gesondheid in die Oos-Kaap, gesê.

“Gange is vol mediese afval, vuil linne word in enige beskikbare stoorkamer geprop en die deure van pasiënte se toilette word met kleefband toegeplak omdat die knippe buite werking is. Die hospitaal se hoofhysbakke is steeds buite werking en pasiënte se lêers, wat veronderstel is om vertroulik te wees, lê in vertrekke wat maklik deur die publiek bereik kan word.”

Die VF Plus het ook vroeër die maand gesê hy het in minder as ʼn maand tien klagtes van swak sorg by die Uitenhage-provinsiale hospitaal ontvang.

Badkamers in die Uitenhage provinsiale hospitaal is toegeplak met kleefband. (Foto: Verskaf)

Cowley sê die benarde toestand van die hospitaal is ʼn direkte gevolg van die vertraging om kritieke nie-mediese poste hier te vul. “Daar is net een persoon in beheer van die verwydering van alle mediese afval by die fasiliteit. Die tekort aan personeel wat die afdeling vir buite-pasiënte bestuur is ook so groot dat die toonbank vir vinnige hulp vir ou mense, swanger vroue en kinders permanent gesluit is.”

Die DA het aan die Oos-Kaapse LUR vir gesondheid geskryf en haar aangemoedig om dié poste dringend te vul, ten einde die funksionaliteit van die hospitaal te verbeter.

Cowley sê dit is ʼn skande dat die provinsiale koördinerende bestuurspan onlangs 560 menslike hulpbronne-internskappe goedgekeur het, eerder as dat skoonmakers, administratiewe klerke en algemene assistente aangestel is. “Laasgenoemde is onontbeerlik vir die dag-tot-dag-funksionering van hospitale.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pietertjie ·

Dis seker ook van Riebeeck se skuld. Sonder hom sou die hospitaal mos nie daar gewees het nie.

Paul ·

En nou wil hulle ons almal onderwerp aan hulle mediese instelling wat n grap

Marcello ·

OMG!!!!! Wat ‘n gemors. Dit is sulke tye wat ek bly is ek bly in die Wes-Kaap, dit is DARêM nie so erg in die Wes-Kaap nie.

Papsak ·

Die staatshospitale is een woord pateties hulle nie warm water nie een toilet agge nee is swak regtig en daarom so vuil

Johann ·

Ons almal se voorland met die ANC se pipe dream NGV. Behalwe natuurlik die ANC kaders. Hulle gaan hulle Comrades in Kuba en Rusland OF besoek of hule eie KADER KAMERS hé?

Republikein in die Wes Kaap ·

Stuur minister Poppie van Limpopo soontoe. Sy sal dinge gou gou fix.

Samuel ·

Ek is nie verbaas oor hierdie berig nie. Kom, laat ons eerlik wees, is daar enigiets wat die ANC reg doen? Vir die kaders is sulke toestande seker aanvaarbaar, maar vir die res nie. Pasiëntsorg is ook nie ‘n prioriteit nie.

KatjieDeKat ·

Ja dis hoekom mense maar hul lewensdrome en selfs basiese dinge soos klere en gesonder kos, op offer sodat hul n mediese fonds kan betaal. Om tog net nie in n staatshospitaal op te eindig nie. Want dit Is gewoonlik jou Einde. Mense, as hulle hierdie NGV op ons wil afdwing, moet ons dit beveg met Alles wat ons het. Take it to the United Nations if that will even be of any help. Which i doubt, but we will have to try Everything and Anything. ANDERS, sal ons SELF moet begin betaal en SELF begin werk om die staatshospitale reg te ruk..of Ons Eie te bou. Die erns hiervan kan nie te veel benadruk word nie. Dit gaan hier Letterlik hier om lewe en dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.