Gauteng se omstrede e-tolstelsel ‘dood en begrawe’

(Foto: Outa)

Die omstrede e-tolstelsel in Gauteng sal teen einde Maart iets van die verlede wees. Die infrastruktuur sal egter vir misdaadbekamping in plek bly.

Jacob Mamabolo, LUR vir finansies in Gauteng, het Dinsdag in sy provinsiale begrotingsrede gesê die Gautengse regering sal 30% van die totale skuldlas betaal en dat hy finansiële instellings genader het om aan die onderneming te voldoen. Die oorblywende 70% sal deur die nasionale regering betaal word.

“As deel van die proses om dit tot ʼn einde te bring sal statutêre owerhede op nasionale vlak, naamlik die tesourie, die departement van vervoer en die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), die nodige stappe doen om die invordering van e-tolgeld te staak en dit behoorlik in die Staatskoerant af te kondig.”

Enoch Godongwana, minister van finansies, het reeds in Oktober 2022 die einde van e-tol aangekondig.

Volgens Mamabolo sal motoriste 14 dae ná die deregulering van die stelsel in die Staatskoerant afgekondig is, nie langer vir die gebruik van Gautengse hoofweë betaal nie.

(Argieffoto: ANA)

“Verskeie prosesse sal in aanloop tot dié datum ingestel wees, insluitend om die biep van die e-skyfies af te skakel en die uitreik van fakture te staak.” E-skyfies sal steeds gebruik kan word om by ander tolhekke te betaal.

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het in reaksie op Mamabolo se aankondiging gesê die e-tolstelsel is “dood en begrawe”. “Dit is inderdaad ʼn trotse oomblik. Minder praat, meer werk.”

Daar is egter nog geen verdere aankondigings nie oor Lesufi se uitlatings dat R6,9 miljard terugbetaal sal word aan diegene wat e-tol betaal het. Lesufi het die stelling sedertdien herroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

AndrewL ·

Die groot vraag is nou – Waar gaan die geld vandaan kom om die paaie instand te hou?

Dit mag vir OUTA ‘n oorwinning wees, maar ons gaan binnekort op snelweē vol slaggate ry

Casper ·

Hoekom is daar nou so skielik en so maklik van die e-tol ontslae geraak en hoeveel van die fondse het in verkeerde beursies beland?Hoekom kom dit so kort voor die verkiesing,en hoe het die Wes Kaap daarin geslaag om ‘n stokkie daarvoor te steek?

Griesel ·

“Dit is inderdaad ʼn trotse oomblik. Minder praat, meer werk.”

Hoekom ruik ek iets stink?

Wondermaarnet ·

Die regering is ons belastingbetalers. Hoe onregverdit is dit. Ek gebruik nie Gauteng se paaie nie, maar my belastinggeld moet help betaal.

Anel ·

Ou Lesufi is trots!!!!! Dit moes van die begin af nie gebeur het nie!!! En waar kom die geld vandaan? Uiteindelik uit ons, die naiewe belastingbetalers se sakke. So ons wen nie en niks om oor trots te wees nie!!!!!

Saartjievandiebosveld ·

Hulle Gaan die brandstof pryse verhoog…Hou maar dop

Frans ·

Op die ou einde is dit tog maar die belastingbetalers wat indirek vir die gemors betaal want diegene verantwoordelik vir dit kom steeds skotvry en hul salarisse en pensioene bly onaangeraak.

Grassie ·

As my inligting reg is skuld die tollenaars vir die staatsdienspensioenfonds ongeveer 6 miljard rand. Dit sal seker nou maar in die slag bly.Dit maak in elk geval nie saak nie, wanneer die ANC die Reserwebank se reserwes uitgeput het gaan hulle sekerlik hierdie pensioenfonds ook plunder want dit is die enigste staatsbeheerde instansie wat nog ‘n bietjie bates het.

George ·

Well Done Gauteng, die regering moet weet ons kan saamstaan as ons wil.

koos10 ·

Wondermaarnet. Ek betaal net soos jy belasting, en my belasting word gebruik vir die hawens in Durban en Kaapstad, en ek gebruik nie die hawens nie. Is dit nou regverdig of onregverdig? Indirek gebruik jy die paaie in Gauteng, net soos ek indirek die hawens gebruik. Goedere wat jy daagliks gebruik word heelmoontlik deur Gauteng op paaie vervoer.

Leona ·

Ek sal graag wil weet of ons ons geld van fakture kan terugeis? Ons betaal belasting op alles, en ons finansies is misbruik. Dit is derduisende Rande uit ons sakke vir n goeie aantal jare!

Henker ·

Ek sê moenie 1 sent terugbetaal aan die handsoppers nie. Toe ons vra om saam te staan het hulle die skip gejump en ons nie-betalers gelos vir dood. Gelukkig het nie-betalers die saak en oorlog gewen, nou wil die ship jumpers terugkom met n refund op wat hulle betaal het??
Nee wat, laat dit julle les leer en skoolgeld kos oordat julle nie wou saamwees met saamstaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.