Gautengse man ontvoer, beloning uitgeloof

Trevor Eramus word sedert einde Januarie gesoek. (Foto: Facebook)

ʼn Beloning van R200 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die terugkeer van ʼn 73-jarige man van Alberton aan die Oos-Rand wat sowat tien dae gelede spoorloos verdwyn het.

Trevor Erasmus word sedert 31 Januarie vermis.

ʼn Familielid wat verkies om anoniem te bly, het gesê Erasmus het sy vrou die betrokke aand omstreeks 18:30 gebel om te sê hy is op pad huis toe ná werk.

Erasmus het egter nooit by die huis aangekom nie.

Volgens die familielid is Erasmus se goue Kia Picanto later die aand verlate in die omgewing gevind. Daar was geen spoor van Erasmus nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering. Daar word vermoed dat Erasmus tussen City Deep en Alberton ontvoer is.

Geen verdere inligting is in dié stadium bekend gemaak nie.

Mense word versoek om enige inligting rakende Erasmus se verdwyning by kapt. Kekana by 082 797 3587 aan te meld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michiel ·

In piesangrepublieke is ontvoerings & afpersings ‘n gunsteling manier om geld te maak.

Mariaan ·

Kommerwekkend!! Hoe beangs moet die familie nie al wees nie en waardeur gaan die arme man dalk…dis darem aaklig om in n land te bly en HEELTYD oor jou mense te worry! Wens so ek kan hier padgee..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.