Geen beurtkrag deur die dag  

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Unsplash)

Eskom het beurtkrag om middernag opgeskort en dit sal eers weer laatmiddag hervat word.

Volgens die kragvoorsiener is dit danksy die volgehoue verbetering in opwekkingskapasiteit. Fase 3-beurtkrag sal egter vandag (Woensdag) van 16:00 af weer geld en tot Donderdag om 05:00 toegepas word. Eskom het gesê hy sal verdere aankondigings maak indien enige noemenswaardige veranderinge voorkom.

Beurtkrag is ook Dinsdag van 09:00 tot 16:00 opgeskort danksy verbeterde beskikbare opwekkingskapasiteit en minder onklaarrakings.

Fase 6- en fase 5-beurtkrag is verlede week weer ingestel ná vertragings om onklaar eenhede by kragstasies in werking te stel. Eskom het ook gesê daar is ʼn moontlikheid van hoër beurtkragfases aangesien die daaglikse kragverbruik tydens spitstye, veral saans, hoër is as sy beplanning. Eskom het toe gesê die koue weer is die rede waarom die kragverbruik skielik toegeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

WitBlits ·

Nee ESKOM, Beurtkrag wat afgeskaf word deur die dag is alleenlik uitvoerbaar omrede die honderde duidense Sonpanele en Privaat kragopwekking op mense se huise en besighede se dakke deur die dag..
Was dit nie vir dit nie, was ons lankal in totale duisternis gedompel. Wat ‘n skande dat julle julleself op die skouer kan klop… Sies!

Hendrik Marthinus ·

En toe de Reyter julle held aan stuur was, was daar seker nie son panele nie ne

TrueMan ·

Hoe meer jy dit se, hoe meer sal jy jouself glo. Want wragtig. Ek sien baie sonpanele, maar nie genoeg om so n impak te maak nie. EN nee. Ek dink nie die ‘lectric minister is wonderlik. Maar ek weet ook DR lieg as as lippe beweeg. Daar is meer agter beurtkrag as wat mense dink. Daarom die konstante wisseling. Want as dit oor onderhoud gegaan het, sou dit meer sin maak om vir twee jaar konstant v fase drie te he

Delia ·

Ek het nie statistieke nie, maar sjoe, hier in Gauteng is daar plate en plate sonpanele op dakke. Nuwe komplekse kom deesdae standaard op die mark met songeysers en panele.

TrueMan ·

Ek dink nie die ‘lectric minister is wonderlik. Maar ek weet ook DR lieg as as lippe beweeg. Daar is meer agter beurtkrag as wat mense dink. Daarom die konstante wisseling. Want as dit oor onderhoud gegaan het, sou dit meer sin maak om vir twee jaar konstant v fase drie te he

CHRISTINE ·

Georganiseerde kragweerhouding gedryf deur die mafia en korrupsie, en terroriseer die volk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.