Geen parool vir Bob Hewitt

Bob Hewitt. (Foto: Werner Beukes/SAPA)

ʼn Hersieningsraad vir korrektiewe toesig en parool het die voormalige tenniswêreldkampioen en veroordeelde seksoortreder Bob Hewitt (78) se aansoek om parool hersien en ter syde gestel.

Hewitt sal dus nié op parool vrygelaat word soos die paroolraad vroeër vanjaar oorweeg het nie.

Singabakho Nxumalo van die departement van korrektiewe dienste het die besluit Vrydag in ʼn verklaring bekend gemaak.

Hewitt is in Mei 2015 skuldig bevind aan verkragting en onsedelike aanranding waarna regter Bert Bam Hewitt tot ses jaar tronkstraf gevonnis het.

Bam het destyds gesê as Hewitt in sy 50’s skuldig bevind is, sou hy tot minstens 20 jaar tronkstraf gevonnis word en dat Hewitt net homself vir sy ellende te blameer het.

Hewitt is in Maart 2015 skuldig bevind aan die verkragting van Theresa “Twiggy” Tolken en Olivia Jasriel (voorheen bekend as Suellen Sheehan) in die 1980’s en die seksuele aanranding van nóg ’n vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, in die 1990’s. Die misdade is gepleeg terwyl hy vir hulle tennislesse gegee het. Hewitt het onskuldig op die aanklagte gepleit.

Bob Hewitt (Argieffoto) Foto: tennisworldusa.org

Hy dien sedert September 2016 tronkstraf uit in die St. Albans- korrektiewe sentrum in Port Elizabeth nadat die Konstitusionele Hof vroeër sy aansoek om verlof tot appèl afgekeur het.

Die paroolraad het vroeër vanjaar vergader om te besluit of Hewitt op parool vrygelaat sou word. Jasriel se regsverteenwoordiger het toe gesê daar gaan gevra word dat die besluit hersien word aangesien Hewitt se slagoffers “nie in die saak geken is nie.”

Luidens die verklaring sal die aangeleentheid aan die hersieningsraad voorgelê moet word sodra al die aanbevelings volgens die beoordelingsraad oorweeg is.

Hewitt is ʼn voormalige professionele tennisspeler van Australië. Hy het ʼn Suid-Afrikaanse burger geword toe hy in 1967 met ʼn Suid-Afrikaner getroud is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sobaiewatnetvryspring

Sit en dink hoe jy mense se lewe verwoes het. Wens ek kon my abusers ook laat dit. Jy verdien elke dag en meer

Verwonderd

Sobaiewatnetvryspring jy verwpord my eie woorde.. Hoop Bob Hewitt het nou genoeg tyd om te dink.

Verwonderd

Ekskuus ek bedoel verwoord.

Tinus Coetzee

Ek weet dat die man eintlik ‘n strawwer vonnis verdien het. Ek het toevallig op RSG geluister na die enigste persoon se verduideliking oor waarom hy nie op parool mag uitkom nie. Sy gaan nou weer deur al die trauma wat sy destyds ervaar het, daarom moet hy sy straf uitdien. Wat gebeur nou na 3 jaar as sy straf uitgedien is, gaan sy dan weer deur die hele trauma gaan? Ek dink so, want dit gaan weer die nuus haal. As sy nou net gelos het, het sy net een keer deur die trauma gegaan. Nou doen sy dit… Lees meer »

Leon Norris

Ek sê nie dat die slagoffers nie seergemaak is of nie trauma beleef het nie, maar onvergiffenis bind jou aan die oortreder vir die res van jou lewe Jy sal nooit loskom daarvan nie totdat jy vergewe nie Vergiffenis sê nie dat wat die persoon gedoen het nie reg is nie Al wat vergiffenis sê is dat jy die verlede nie weer teen die persoon sal gebruik nie Vergiffenis is tussen jou en God nie tussen jou en die skuldige nie “vergeef my oortredinge soos ek ander vergewe” Onvergiffenis sê eintlik dat jy nie God se genade vir jou om… Lees meer »