Gemeenskap ontken brandstigting by skool

Katlehong Primary School in Ekurhuleni (Foto: Panyaza Lesufi/Twitter)

Die departement van onderwys in Gauteng het toegegee dat brandstigting by Katlehong Primary School moontlik nie die gemeenskap se handewerk was nie.

Die gemeenskap het laat weet dat hulle nie enigiemand mobiliseer het om ʼn brand te stig by die skool nie en die skoolhoof is ook van mening dat dit moontlik nie die gemeenskap was nie.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê die brandstigting is vermoedelik ʼn enkele lid van die gemeenskap wat op sy eie gewerk het. “Dit is belangrik om te noem dat die gemeenskap onderneem het om ons te help om die misdadiger op te spoor.”

Slegs twee graad R-klasse is afgebrand, en die betrokke leerders sal by twee klasse in die skool geakkommodeer word. Klasse hervat na verwagting Dinsdag by die skool.

“Ons ondersteun die gemeenskap se standpunt en sal hulle en die polisie gevolglik help om die oortreder aan te keer,” het LUR Panyaza Lesufi gesê. “Die realiteit is egter dat ons nie geld het om die skool te herstel nie. Ons is reeds besig met ʼn ondersoek om te bepaal wat ons kan red.”

Maroela Media het vroeër berig Lesufi het die gemeenskap van Katlehong in Ekurhuleni veroordeel ná brandstigting by ʼn plaaslike laerskool, vermoedelik tydens betogings oor kragonderbrekings. Lesufi het in daardie stadium gesê sy departement sal nie weer die skool bou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Nou toe nou! Slegs 2 klaskamers is afgebrand! Noem my die Tand-muiz want ek glo ook die storie dat een enkele outjie op sy eie vuurhoutjie die brand gestig het, aldus die gemeenskap. Mini-ster Lesufi ondersteun mos die gemene-skap se standpunt dat dit nie hulle was nie en die feit dat hy aangedui het dat hy en sy spannetjie die gemeenskap en die pol-isie sal help om die Skuldiges aan te keer, is Prys-sens-waardig en waterdig. Ek lek hul borde skoon as dit sou gebeur! As hul dalkies ‘n outjie sou vastrek, sal hy ver-seker ook ‘n Alibi aanbied! He-he-he!

Hanna Hoekom ·

Natuurlik is dit nie die gemeenskap nie. Hierdie gemeenskappe het mos nie n geskiedenis en neiging om alles voor die voet te vernietig nie… Altyd iemand anders se skuld. “The Blame Game” tog so ewe aan Afrika. More is dit seker weer Jan van Riebeeck se skuld.

Asjas ·

Dankie tog hulle het nie krag nie anders het hulle kortsluiting beskuldig …

Magda ·

En hoe bepaal hulle dit, met ons dink dit is nie die gemeenskap nie – Nou skielik – net omdat die LUR gese het hy gaan NIE die skool herbou nie. Dit wat deesdae afgebrand word, moet nie HERSTEL WORD NIE.

TRP ·

Slegs twee klaskamers is afgebrand en daar is nie geld om dit te herstel…maak sin dat daar nie geld is om nuwe skole te bou en dus maak dit MEER sin dat daar ‘n duidelike aanval op afrikaanse skole is omdat daar nie nuwe skole gebou word nie….evil circle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.