Germiston-gesinsmoord: ‘God weet wie Hy kan beproef en wie nie’

Johan Brody as Kersfeesvader by die gesin se laaste Kersfees saam. Foto: Facebook.

“God het ʼn beter plan vir jou. Hy weet wie Hy kan beproef en wie nie. Hy weet ons sal weer opstaan.” Dít was die laaste woorde wat ʼn vriendin van Tanya Brody aan haar gesê het voordat Tanya Dinsdag saam met haar broer en suster deur hul pa doodgeskiet is.

Die vriendin van Tanya, wat op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gesels het, het gesê sy en Tanya het mekaar Vrydag nog gesien en gesels. “Sy het altyd ʼn glimlag op haar gesig gehad. Jy sou nooit sê iets vreeslik is fout nie. Hulle het maar deur ʼn moeilike tyd gegaan, maar sy het nooit régtig daaroor uitgebrei nie.”

Maroela Media het vroeër berig die voorval het omstreeks 03:30 in Elspark in Germiston plaasgevind. Johan Brody (64) het sy twee dogters, Tanya (37), Annemarie “Ounooi” (35), en seun, Dawid (38), doodgeskiet voordat hy die vuurwapen op homself gedraai het.

Volgens die vriendin het Tanya ʼn sakeonderneming bedryf deur kartondose onder meer by die plaaslike Spar en apteek te gaan oplaai om te herwin. “Dit was vir haar ʼn ekstra inkomstetjie.”

Sy het bevestig dat Tanya, Annemarie en Dawid by hul pa gewoon het. “Ek weet Tanya was in ʼn stadium uit die huis, maar toe is sy weer terug.”

Sover haar kennis strek was daar nie eggenote of vriende wat by die dogters in die huis gewoon het nie.

Lettie, die kinders se ma en Johan se vrou, is verlede jaar ná ʼn onverwagse siekte dood.

Tanya se vriendin vertel die voorval het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. “Niemand het dit verwag nie. Ek kan nie dink my laaste woorde Vrydag aan haar was nog: ‘God het ʼn plan vir jou’ en toe gebeur dit nie. Niemand sal seker weet of dít die plan was wat God gehad het of nie….”

Tanya en haar pa. Foto: Facebook.

Intussen stroom huldeblyke en boodskappe waarin mense hul skok uitspreek op sosiale media in. Een Facebook-gebruiker skryf onderaan Brody se laaste plasing Maandag: “Ek kan dit nog nie glo nie, wat ʼn massiewe groot skok. My hart is bitter seer. Johan, Dawid, Tanya en Ounooi … Mag jul sag by Jesus rus” [sic].

ʼn Ander skryf: “Sjoe Johan, wat jy nie moes deurgaan die afgelope tyd om so ʼn desperate daad te moes pleeg nie. Soms is daar nie antwoorde nie. Magteloos moes jy gewees het. Ai, so vreeslik om al jou kinders ook saam te moes vat.”

Kapt. Lesetja Mathobela, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek drie sake van moord en een van selfmoord.

Volgens hom is Tanya en Annemarie in hul slaap in die slaapkamer doodgeskiet, Dawid in die gang, en Johan se liggaam is buite die slaapkamers aangetref.

“Die motief vir die moorde is in dié stadium nog onbekend en ons ondersoek die voorval,” het Mathobela gesê.

Dié skokvoorval is voorafgegaan deur ʼn onheilspellende boodskap wat Brody Maandag op sy Facebook-profiel geplaas het: “Here, hou asseblief vanaand my hand styf vas….”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Se net ·

Job was beproef. God het dit toegelaat. Maar.dit gese, owns.lewe in.n moeilike tyd, mense probeer.net kop bo water hou. Finasiele stress maak.mense dood elke dag. Mense.Is genadeloos met.armes en werkloses. Ons wereld is selfsugtig.

Verstaan nie ·

Ek oordeel niemand nie, ek wil net weet hoe sit drie volwasse kinders stil terwyl hulle bejaarde pa hulle doodskiet? Net ‘n praktiese reëling wat ek nie verstaan nie. Oor sy of hulle omstandighede kan ek niks sê nie aangesien dit met BAIE mense daarbuite swaar gaan, en mense raak moedeloos en magteloos. My simpatie gaan uit na die familie en vriende van die afgestorwenes. RIV.

Snip ·

Ek was een van Johan se vriende en ek persoonlik dink dat Tanya en Ounooi geslaap het toe dit gebeur het, en Daarom is David in die gang gekry toe hy gaan kyk het wat aangaan.

Ai tog! ·

Die dogters het geslaap toe hy hulle geskiet het dit wat in die vroeg oggend ure gewees, so hulle het nie gesit en kyk hoe hy hulle skiet nie. Ek kan ook nie verstaan dat hulle sê ” dat hulle dit nie verwag” het nie. Dit was baie duidelik op sy FB en hulle het sy vuurwapen weggesteek. Het sy werkgewer geskakel met ‘n vuurwapen teen sy kop. Hy was ‘n lopende tydbom gewees. Hierdie man se rug was teen die muur, hy het nie meer geweet watter kant toe nie.

BoereBikerBaby ·

Ek onthou hul van kinder tyd op skool en ek het hul baie in die pnpay raakgeloop en hul was nie van die mees bevoorregste mense gewees nie. Miskien het hy gereken hy wil hul almal uit hul smarte help, alhoewel ek nie se dis reg om ander se lewens in hul hande te neem. Al wat ek se is, mag hul in vrede rus. Dis verskriklik tragies. Hul was baie gebroke met die afsterwe van hul moeder en hy natuurlik van sy vrou.

linda ·

die plek vir wie die man gewerk het is in die proses om gelikwideer te word, op sy ouderdom gaan hy nie werk kry om vir hom en sy kinders te sorg nie, hy het moontlik gevoel sy rug is teen die muur met geen uitkoms vir die toekoms. almal trek swaar, dit is moeilik om n ander gesin te help dra, my innige simpatie aan die familie

Leslee ·

Nou hoekom jou hele gesin ook doodskiet? skiet dan net jouself as dit só moeilik is.

What a joke! ·

Ek is jammer maar dit is nie n verskoning nie.. Ek ken depressie dit is n lelikke siekte wat baie mense nie verstaan nie maar as jy moet vat jouself dan maar om die kinders ok te vat is selfsugtig en verkeerd…RIV en so sterkte aan die res…

Anoniem ·

Armoede is die antwoord.Jy verval in n swart donker gat .Daar is net nie meer n iutkoms nie.My lewens maat het sy werk een en n half jaar trug verloor.En soo het ons stadig ma seker heelemal agteruit gegaan tot ons niks meer besit nie .Hy is soo depresief en teneer gedruk .Hy wil elke dag sy lewe neem want daar is net nie n iutkom kans nie Ek wag elke dag vir oproep.Die lewe is hard .En mense het net nie meer simpatie ,liefde en omgee vir mekaar nie.

Rommel ·

Soos gewoonlik is die opskrif misleidend……..selfde toe ons n familie moord gehad het !
Niks met God te doen nie, dit was n daad van n man wat self besluit het, hy skiet sy eie mense dood.
God het hom nie tot daardie besluit gebring nie of ge-beplan nie.

Santjie ·

Rommel, kyk mooi dan sien jy daardie deel is in aanhalingstekens ” …” – wat beteken hulle haal aan wat iemand gesê het

lee ·

@ Verstaan nie –
Die praktiese reëling wat jy nie verstaan nie, is volgens die berig, dat hulle teen 03h00 geskiet is en ook in hul slaap (die 2 susters). Hulle het toe nie noodwendig STIL gesit en wag dat die Pa hulle moes doodskiet nie. Die seun se liggaam is in die gang gevind – dit sê vir my dat hy wakker geword het en seker gaan kyk het wat aangaan, en toe het die pa hom daar geskiet.

As ‘n mens met aandag en begrip lees – dan val onbekende praktiese reëlings in plek.

Nogtans ‘n baie hartseer artikel om te lees. Ons sal seker nooit verstaan of begryp wat daar gebeur het nie !!

Albatros ·

Miskien het dit tyd geword dat ons daadwerklik na ons eie mense begin kyk.

Katerina ·

Albatros- Ek dink al lankal so. Byvoorbeeld,as jy naby n wit plakkerskamp woon, hoekom nie jou skoonmaak-dames,kinderoppasser en tuinwerkers uit hulle geledere kies nie? Plaasboere kan dieselfde doen,kry hulle werkers uit die wit plakkerskampe. Enige besigheids eienaar wat arbeiders nodig het ook. Sommige van hierdie mense het opleiding en ondervinding in beroepe,gee Hulle die werk.As ons wit Suid Afrikaners mekaar nie gaan help nie, SAL ons ten gronde gaan.

cha ·

Dis nie so eenvoudig nie Katerina. Ons het ‘n jaar of drie gelede ‘n projek begin om dames in wit plakkerskamp op te lei om naaldwerk te doen. Ons het selfs ‘n afsetgebied vir items wat hulle wil verkoop, gereel. Die dames het nie belanggestel nie. ‘Ons werk nie in die winter nie’. Net so het my bejaarde pa ‘n stapel blikkieskos aangery na een van die plakkerskampe. Hy vra vir van die manne wat so lekker in die son sit en bak om te help aflaai. ‘Ons kan nie Oom, ons werk nie sonder handskoene nie.’

Hannelize ·

My hart is seer vir die familie & vriende. Ja ek het na sy facebook gaan kyk. Die depressie kan mens dadelik raak lees. Dit is so hartseer dat niemand van ons meer saam kan staan & mekaar kan help nie. Dit is so maklik om te se “ek is hier vir jou” Hoeveel van ons is regtig DAAR vir iemand?

Boer ·

Almal spring altyd op en raas en blaas oor ONS mense na mekaar moet kyk. Gee die werk vir ONS mense is n goeie gedagte. Werklikheid is dat mense in plakkerskampe nie WIL werk nie. Die salaris is te min of werk te veel of benede hulle. Ek het dit probeer en dit werk nie. ONGELUKKIG het ek ook nie oplossings nie maar ek boer nou maar met masjiene wat nooit kla nie en net diesel benodig.

Albatros ·

@Boer. Wel, as ek die storie so kyk dan sou Johan Brody graag die wou werk wou he. Of hoe dink jy?

Boer ·

My antwoord was nie bedoel om lelik te wees nie. As jy dit so verstaan het vra ek om verskoning.

Andrea ·

Ek stem saam, Boer. My ervaring (2 pogings om projekte te loods) is dat hierdie mense nie wíl werk nie. Sekerlik is daar uitsonderings; dalk kan Helpende Hand hiermee help? n Lys opstel met mense in nood wat wíl werk, met die nodige details.

Sê maar net ·

Ek stem saam met jou. Ons onderneming het oor die laasste jaar talle blanke jong mans in diens geneem om arbeiders take te verrig. En hulle WIL nie werk nie. Slegter as sleg!

Lee ·

Jy is 100% reg, het self al van hulle probeer aanstel, 13 om presies te wees, en elke een het n verskoning gehad, hulle gaan nie in ons store werk nie, hul is dan wit, hul gaan nie saam die trokke gaan deliveries doen nie, hul is dan beter as dit. Ekt lankal nie meer simpatie nie.

VanAfrika ·

Boer, ek was enkel ma en het op n stadium ook sonder werk gesit. Ek het figuurlik op my knieë gaan staan en God gesmeek vir n werk en die werk wat ek het, het ek los gebid. Die pos waarin ek sit het God vir my gegee en ek waardeer dit elke dag, en niemand kan dit van my weg vat nie want die pos behoort aan God. Ek het op 50 matriek hier geskryf en nou op 54 leer ek verder omdat ek bang is vir wat met die oom gebeur het. As ek nie werk gehad het nie en jy offer my om jou trekker te kom ry, sal ek dit doen. Daar is niks so erg om te dink jy het nie n dak oor jou kop en kan nie n brood koop nie. Ek geniet die weelde van winkel toe gaan en daardie nodige brood en melk te gaan koop. Ek is nie bang vir werk en om my geliefdes te versorg sal ek enige dag enige werk doen solank ek met daardie loon in my hande kan staan om n brood op die tafel te sit vanaand en n dak oor my kop te kan hê en moeg in die bed klim met die wete dat ek daardie loon verdien het. Die wat dink hulle is te goed om enige werk te doen is net plain sleg. In hul armoede is hulle steeds hoogmoedig en ons weet wat die Bybel van hoogmoed sê.

JUDY ·

Mense Mense!!! niemand sal weet wardeur so mens gaan as hy die besluit neem nie..ek het iemand aan selfmoord afgestaan….dit is nie die regte ding om te doen nie …maar die mense wat agter bly glo ek het nou gebede en ondersteuning nodig want die waarom word nooit minder nie…alle sterkte en gebede aan die naasbestaandes wat nou die gruwelike daad moet verwerk

Tragies ·

Hierdie is vreeslik ontstellend. Innige simpatie aan die familie. Siestog dit is ‘n baie mooi familie foto van die dogter op haar Kersvader Pappa se skoot.

Sinies ·

Die lewe het my seker al sinies gemaak, want ek vind dit vreemd dat daar nog op hierdie ouderdom “dress-up” vir Kersvader gespeel word.
Miskien ‘n poging om bietjie lag en lawwigheid terug te bring.

Johnna ·

Wat n tragedie !Die Woord se vir ons dat die vyand(die duiwel)roof en moor! en dit is presies wat hy hier reggekry het.Om dit te kon doen moes sy omstandighede nie baie goed gewees het nie.Ons as mens sal moet leer om daar te wees vir mekaar.

Se maar net ·

Dit is net werklik n jammerte dat die belangstelling en simpatie nou, na die dood, uitgespreek word. Ons as medemense moet dit eerder begin doen vòòrdat nog so n tragedie gebeur. Kom SAners kom ons elkeen doen ons deel. Diegene wat in dieselfde posisie is, maak julle harte asb oop en praat met julle kerk – dis n beginpunt. Ons ander wat wel nog in staat is om te bystand te lewer, kan n bydrae maak om toe te sien dat die wat dit nodig het, ten minste n bord warm kos elke dag kan he.

Tanzie ·

Snaaks om te sien hoeveel speurders op die blad is. Hou op oordeel want nie een van julle was daar nie. Bid en wens maar net dat jy nooit in so ‘n situasie moet beland nie.

Speedguard ·

Dankie Tanzie, almal moet besef die Here se genade is elke dag nuut !

Anoniem ·

Ek wil net sè. Almal wat oordeel. Niemand sal weet wat regtig gebeur het nie. Tot wat jy in daai possisie sit kan jy nie oordeel nie. Hy gaan sy oordeel kry by wie dit saak maak en rekenskap gee. Net soos ons almal. Ek hoop en vertrou almal kry hul rus en vrede wat hulle verdien. Ek sê nie dit was reg nie . Maar ek sit met vier minder famielie lede na die tragedie. Hy was ‘n swaar wat om gegee het vir alnal in sy famielie.

Besemryer ·

Dit gaan my verstand te bowe dat mense steeds dink God beproef hulle! Dit is ook nie my ‘tyd’ as iemand anders gister besluit het om my vandag of more dood te skiet nie. Pure snert. Sterkte aan die familie

Ampie ·

Dis natuurlik ‘n tragedie. Mense moet versigtig wees om hul godsdiens te fundamentalisties te interpreteer. Godsdiens het beslis ‘n rol in hierdie tragedie gespeel.

kallie ·

Ek is self amper by die man se ouderdom en deur die genade het ek nog werk. Aftrede is ‘n skrikwekkende word. Deur die jare het jy jou kinders versorg,universiteit toe gestuur en nou dink jy aan hulle toekoms in hierdie land en jou kleinkinders. Alles is so ontsettend duur,hoe lewe ‘n mens met niks? As die man maar net eerder iewers hulp gevra het…..maar die mensdom om ons is koud en kil en daar is net nie ander werk nie. So vreeslik,die tragedie.

Waarheid ·

Dis waar kallie. Mense het koud, kil en hard geword. Niks meer omgee. My ma kry swaar. Sys op pensioen. Maar syt vier klein kindertjies van die welsyn ingevat want die ander (meer gegoede) mense het nie een kans gesien

Aletta ·

Dit baie tragies, dit moet verskriklik wees,weet hoe dit voel as jy nie werk kry nie,en kos op die tafel moet sit xxx

Getuig ·

Ek moet getuig, ek was daar , vir 3 jaar sonder werk gesit. Selfmoord was n duiwel waarteen ek elke dag moes baklei. Bid bid en bid, ook alles verloor , was verneuderd en verspot (letterlik) en die Here het my gebede gehoor! Gee gee en gee en jy sal ontvang ( aandag , tyd of gee net om) en jy sal terug ontvang. Daar is n uitweg en dit is God en onthou Sy tyd nie joune nie. As ek werklikwaar die beste tyd van my lewe kan uitwys sal dit wees die tyd toe ek als verloor het , want dis toe ek die Vader gevind het!!

Driekie ·

As mens alleen is kan jy nog n plan maak..alleen swaarkry….maar hoe moet jy vir jou afhanklike/s sorg as jy niks meer oor het?? Mense hoor…hulle sien…masr daars niemand wat werklik help…

Se maar net ·

Ek veregverdig nie sy optrede nie. Maar ek het begrip. My rug is ook teen die muur. En my kop trek net one way die laaste paar maande. Ek het *alles* verloor. Ek soek elke dag werk. Elke dag. En nie halfhartig nie. My suster het eergister vir my 200 rand gestuur. Ek vra nooit nie. Ons almal trek swaar. Dit het maar net gekom. My bank was oortrokke weens kostes. Oa omdat my begrafnispolis van 120 terug gestuur is weens onvoldoende vondse. Ek het n brood en ‘n sakkie hondekos gekoop. Die melk het ek gelos. Ek het basies 5 rand gekort. Dalk 3 rand as ek meer spesifiek wil wees. Buite die winkel het my oog ‘n ou tannie in haar motor gevang wie kleingeld uit die palm van haar hand uitgetel het. Ek het die 10 rand wat ek oor gehad deur die gleufie van haar motorvenster wat effe oop was, gedruk, geglimlag, en geloop. Ek is lank verby die dae toe ek geweet het wat ek more of oormore gaan eet. Wat my die swaarste tref altyd, is wanneer ek nie iets te ete het vir my hond nie. Of ‘n slukkie melk wat hy vra voor ons gaan slaap nie. Ek kan dit nie meer by kom nie. Ek weet ook, God is goed. En ek is dankbaar vir die voorreg om te kan asemhaal. Te kan sien. Te kan hoor. Te kan wees. Maar ek glo ook dat God verstaan as ons uit klok.

Hartseer ·

Ek lees so deur almal se kommentaar. Wie is julle om n woord te rep teenoor die man? Het julle hom geken sy omstandighede geken?Sy vrou is oorlede die huis in n boedel die kinders net ni werk nie sy werkgewer is bangkrot.hy gaan nie sy pensioen kry nie van al die jare. Die bank wil sy huis vat? Dit kos oor die R30000 om die huis op sy naam te kry.hy het dit nie. Bank dreig hulle vat huis hy moet uit. Waarna toe met kinders enjouself as jy als verloor? vrou huis werk geld alles wavoor jy here voor gewerk het.hyt bank gesmeek hulle wou niks weet en wou net vat. Werk kon nie help. Mense het heeltyd net gese vir alles sal regkom. Niemand wou help. Hyt gedoen wat hy voel hy moes doen want S.A. Het hulle rug op hom gedraai. So almal wat so slim Klink bly stil jyt gaan idea. En dame wat vra hoe kan kinders stil sit om geskiet te word? Lees dan sal jy sien dit het 3.30 in oggend gebeur hulle het geslaap. Sien jy lees nie eers behoorlik nie hoe nog luister en verstaan? Ons blankes val en die ander help hard om ons nog harder te laat val. Almal draai maar net hul rug teen die waarheid en was hande in onskuld. Ek voel jmr vir hom en kinders. So jmr.

fm ·

Ampie ek stem saam met jour kommentaar. Ek ken nog mense wat hierdie paadjie mag loop en niks kan hulle tot hulle sinne bring of help nie. Die werkgewer (employee assistance) van die een familielid prober help maar sonder enige sukses. Hulle is erg verstrengel in Godsdiens en onlogiese Godsdienstige dogmas oorheers hulle totale bestaan. Hulle is al op so ‘n gevorde stadium dat hulle Bybelse interpretasies van mekaar begin verskil wat bydra tot hulle daaglikse stres, kastyding en foltering.

tee ·

ek stem, mense wil net HE en HE, skuus, as daar dankbare werklose hulpbehoewendes is? weet ek nie van hulle nie?

Theresa ·

Dis ons plig om om te sien na mense wat minder as ons het.
Die beste plek om te begin is jou eie mense. Dankie sal later kom; vir nou moet ons net help. Mens help in die eerste plek mos nie om verering te kry nie? Daar is van ons mense wat al tot op die been verneder en verarm het. En besef een ding: Die mense wat steeds nog ‘n bietjie meer het as om arm genoem te word en moedeloos te wonder hoe hul gaan oorleef, raak daagliks meer. Help maar sonder om dankie te verwag. Net my mening oor hierdie saak wat duisende mense die dieptes laat insink.

Mary ·

Rus in vrede Brody gesin, waar julle nou is is daar geen pyn of hongerte en niemand kan meer van julle sleg praat agter julle rue nie. Ek sal julle glimlagte nooit vergeet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.