Geweld in Pta-middestad: LUR, provinsiale polisiehoof tree in

Foto: (AP Photo/Yeshiel Panchia)

Die Gautengse LUR vir vervoer en paaie en die provinsiale polisiekommissaris het Woensdagmiddag met die Tshwane-metro en taxiverenigings beraadslaag ná die chaos in die Pretoriase middestad.

Verskeie winkels in die stad is aan die brand gesteek en geplunder. Die geweld het reeds Dinsdag uitgebreek en hou glo verband met spanning tussen minibustaxibestuurders en dwelmbase. Dit volg nadat ʼn taxibestuurder, Jabu Balo (45), Dinsdagmiddag in die middestad doodgeskiet is in ʼn bakleiery met vermeende dwelmbase.

LUR Jacob Mamabolo en lt.genl. Elias Mawela het gesê verteenwoordigers van die taxiverenigings het geldige bekommernisse tydens die vergadering geopper wat aangepak behoort te word.

Foto: (AP Photo/Yeshiel Panchia)

Die polisie en Tshwane-metropolisie sal vir eers in die middestad ontplooi bly om te verseker dat geen verdere misdaad plaasvind nie. Minstens 17 verdagtes is tydens gister se geweld in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde goedere en openbare geweld.

Mack Makata van die taxivereniging Santaco het intussen die taxiverenigings gedistansieer van die plundering wat in die middestad plaasgevind het.

“Ons het ʼn demonstrasie beplan om ons kwessies aan die groot klok te hang, maar misdadige elemente het die situasie uitgebuit.”

Foto: (AP Photo/Yeshiel Panchia)

Stevens Mokgalapa, burgemeester van Tshwane, het ook vir kalmte gevra terwyl die DA op sy beurt die afgelope paar dae se geweld veroordeel en dit as xenofobie bestempel het aangesien hoofsaaklik buitelanders se winkels glo geplunder en aan die brand gesteek is.

Awie Erasmus, VF Plus-raadslid en voorsitter van die openbarerekeninge-komitee in die Tshwane-metro, het hom ten sterkste uitgespreek teen die gewelddadige protesoptogte.

Foto: (AP Photo/Yeshiel Panchia)

“Die dood van Baloi word ten sterkste veroordeel. Sy moordenaars moet tot verantwoording geroep word. Dit is egter geen rede vir ander taxibestuurders om oor te gaan tot misdaad uit protes oor sy dood nie.

“Die protesoptog volg skaars ʼn maand ná ʼn ander gewelddadige optog waarin skade van etlike miljoene rande aan eiendom aangerig is deur stakende munisipale werkers.”

Die VF Plus het geëis dat daar ferm opgetree word teen misdadige elemente tydens protesoptredes.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

LHS ·

Oorlog sone in Beiroet lyk dieselfde. Dit is die nalatenskap aan ons kinders. Mooi so, welgedaan.

Boerewors ·

Oral kla mense hier is nie werk nie, maar kyk hoeveel buitelanders kom skep werk hier vir hulself. Niemand hoef hul nagemaakte handelsmerkgoedere of dwelms te koop nie! So, wie veroorsaak die probleem dat soveel buitelanders hier n bestaan kom maak en die plaaslike mense sonder werk sit?

Jimmy ·

Plaaslikes het nie die vermoë om ‘n spaza te begin en te bestuur nie. Hulle wil net leef op toelaes en demands. Wil alles verniet hê sonder om te werk. Van die buitelanders se voorrade beloop miljoene rande.

Daan ·

Die land BRAND! Is daar nog ‘n toekoms in die gebreekte land van ons?

Werner ·

Hulle het nie patrone nie moet eers by die bendes gaan leen

toy ·

Kyk mooi wie betoog, brand en vat wat nie hulle sin is nie. Wat gaan van hierdie land word.

Manie ·

My moeder. Nou is dit kriminele elemente en nie die taxi’s. Gaan praat jou strooi met jou kiesers want hulle gaan jou dalk glo

Anthony Schlemmer ·

Pleks hulle maar sommer die hele middestad afgebrand het. Afrikaners kom in elk geval nie meer daar nie……Mense, ondersteun die Orania beweging. Asseblief!

Db ·

@ Anthony. Dit is waar jy die pot mis sit broer. My dogter werk op die Plein by Tesourie Hoofkantoor. So gaan brand maar jou eie kaia af

Annalize Pienaar ·

En wat van die honderd Chinese winkels wat oral opduik?

gerrie ·

Dit slaan my dronk dat die DA net sit en toekyk,vir hulle stem ek glad nie meer nie,want een wil slegter wees as die ander een.Kyk hoe agter uigang van hierdie stad van ons,ek skaam my morsdood,geen opvoeding

A-nee-a ·

Pretoria se middestad is ‘n onveilige hool, ‘n vieslike nes! Die maaksel van die ANC regering.

Kobus ·

A-nee-a, te danke aan jou en die soos jy se JA stem sit ons in hierdie gemors. Ons het julle daai tyd al gewaarsku wat gaan kom …

Petrus ·

Oom Kobus, nou hoekom het julle nie die wapen opgeneem nie. Nou sit ons jonges met die toffie.

NET EK ·

Daai pakistani of chinese winkel kan deur een van ons boere gehuur of gekoop word – dan kan ons hulle ondersteun. As jy nie in Suid Afrika gebore is nie – gaan terug na die land waar jy gebore was!!!

Anoniem ·

Asof the taxibestuurders en -eienaars sulke wetsgehoorsame burgers is…. en nou wil hulle betoog teen onwettighede van buitelanders.

VEE ASB EERS VOOR JUL EIE DEUR!!!

Gert van Wierdapark ·

“Generaal Tswane-poel” sou in sy graf om gedraai het!

Amelia ·

Wanneer gaan die “Besluitnemers” uit hulle aircon kantore met strelende musiek kom en in die strate wees om te sien wat werklik hier gebeur? Ons land is aan flarde al die kante toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.