Gewilde hotel in puin ná brand

(Foto: Facebook/ WC Live Traffic & Safety Reports)

Die Shelly Point Hotel & Spa op St. Helenabaai in die Wes-Kaap is byna heeltemal deur vlamme verswelg ná ʼn verwoestende brand vroeg Dinsdagoggend by die gewilde hotel uitgebreek het.

(Foto: Facebook/ WC Live Traffic & Safety Reports)

Maroela Media het vroeër berig nooddienste en brandbestryders van Saldanhabaai spook om die vlamme in bedwang te bring.

Elowayne Gouws, direkteur en paramedikus van West Coast Medical Rescue, sê die brand is ná ongeveer sewe ure se brandbestrydingspogings uiteindelik onder beheer gekry.

“Brandbestryders is tans besig om die brandpunte af te koel. Twee helikopters en ʼn vliegtuig het gehelp om die vlamme te blus.

“Die hotel het heeltemal afgebrand. Daar het niks regtig daarvan oorgebly nie,” sê Gouws.

(Foto: Facebook/ WC Live Traffic & Safety Reports)

Hy sê ook die oorsaak van die brand is in hierdie stadium steeds onbekend en dat sommige mense mediese behandeling op die perseel ontvang.

“Een persoon het op die toneel inmekaargesak; ons weet nie in hierdie stadium of dit brandverwant is nie. Die pasiënt is na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.”

Talle mense het intussen hul skok en hartseer oor die voorval op Facebook te kenne gegee, met baie wat sê dat hulle kosbare herinneringe van hul verblyf by die pragtige hotel koester.

Earlier BUILDING ALIGHTShelly Point Hotel, St Helena Bay#WCLiveTraffic #Bosbeer2006Join us for Live Traffic…

Posted by WC Live Traffic & Safety Reports on Tuesday, January 2, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sandra ·

Dit het hoe lank geneem om die hotel weer te restoureer nadat dit vantevore ook mos gebrand het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.