Gillooly’s word dalk ‘George Bizos’

Adv. George Bizos.

’n Voorstel om die Gillooly’s-wisselaar op die N12 by Johannesburg na die George Bizos-wisselaar te verander, is onlangs tydens die Gautengse geografiese namekomitee se eerste kwartaallikse vergadering vir 2022 voorgelê.

Dít is een van verskeie voorstelle vir naamsveranderinge wat by die komitee vir oorweging en goedkeuring ingedien is.

Adv. Bizos was ’n Grieks-Suid-Afrikaanse menseregteprokureur en kampvegter teen apartheid. Hy het oudpres. Nelson Madela destyds gedurende die Rivonia-verhoor verteenwoordig. Hy is in September 2020 in die ouderdom van 92 in sy huis in Johannesburg dood.

Sy seun, Alexis Bizos, is tans die beskuldigde in ’n aanrandingsaak wat deur sy vervreemde vrou, Monique van Oosterhout, aanhangig gemaak is.

Ander naamveranderinge sluit in die herbenoeming van die R23-Benoniweg na Oupa Lukhele en die R23-Heidelbergweg na Amina Cachalia.

Maroela Media het vroeër berig die R50 in Gauteng kan moontlik binnekort na die oud‑Springboklegende Joost van der Westhuizen hernoem word.

Die provinsiale pad wat Pretoria met Standerton via Delmas verbind, sal dan as Joost van der Westhuizen-rylaan bekend staan.

Nog voorstelle sluit in die verandering van die R59 na Ahmed Kathrada-snelweg en die N12 na Helen Suzman-rylaan.

Die geografiese namekomitee bied ondersteuning en advies aan plaaslike owerhede oor sake rakende die name van geografiese kenmerke in die onderskeie provinsies soos strate, geboue, parke en dies meer en word deur die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad saamgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pandora ·

Waarom is naamsveranderinge op die agenda terwyl daar ander sake is, soos herstel van dorpe, hospitale, skool infrastrukture ens wat dringend maar super dringend aandag benodig???

Kokerboom ·

Rerig?!!! Die ekonomie is in sy kanon en die vervloekste kaders hou aan met die twak!!

Harley Davidson ·

Galoolys is ‘n nagmerrie en ‘n bewys van as daar nie aandag en onderhoud gedoen word deur ‘n onbevoegde regering so ja verander die naam en sit ‘n standbeeld daar op dat almal kan lag as hulle daar verby gaan.

Kokerboom ·

Die regime is besig om ons van ons eie land te vervreem. Mens onthou ‘n padnommer beter as name van mense wat jy nie eers ken of wil ken> Uiters belaglik.

Carl ·

Die ANC kan niks self bou nie – daarom moet hulle bestaande plekke/paaie se name verander om by hul agenda te pas. As hulle al die geld wat hulle mors met naamsveranderinge eerder gebruik om iets self te bou, kan hulle dit noem wat hulle wil. Maar dit is seker te veel gevra………..

Anel ·

Hieveel slaggate kon herstel word met daardie geld, of huis bou, of skole, of honger magies vol maak!! Maar nee, misdadigers moet mos tot helde op gehef word! Wie gee om wie die ou was? Sekerlik nie die hongeres nie! En tog sal niemand die nuwe naam gebruik nie want almal weet waar Giilooy’s is. Soos met meeste van die name. Geen mens kan van die goed uitspreek nie, wat nog van onthou!! So, ja. Wat kan mens sê. Lekker om ander se geld te spandeer

Niklaas ·

Dit maak net nie sin nie. Daardie naam veranderings is nie kostevry nie , en haglike padtoestande kan herstel word eerder as om mense te gedenk. Sommige name is selfs totaal onbekend vir meeste inwoners van SA. Geldmors en wanbesteding is deesdae so algemeen.

twaalfboor ·

Ag man gaan GROOT. Als wat julle aanraak VERANDER in elkgeval in n hoop kraalmis.

FBS ·

Geen wonder ons kyk na ander heenkome. Ons is vreemdeling in ons eie land.
Niks word reggemaak nie net afgebreek. Is daar nie eers een met ’n bietjie brein nie?

007 ·

Maak die naam sommer Lesufi wisselaar, dan sal julle sien hoe deurmekaar raak dit daar.

Peter ·

Small things amuses small minds…..dis soos om ‘n comic boek te lees. Daar sal anyway altyd na Gillooly’s verwys word, net soos met al die ander belaglike hernoemings in die land

Yvonne ·

Die land is in een groot gemors….is die mense totaal breinloos

KatjieDeKat ·

Mense, dit gaan oor prioriteite. En selfs n 4 jarige kan seker nou al sien: Die ANC se prioriteite is ALLES BEHALWE WAT DIT MOET WEES.

Lood ·

Sommige mense is darem vreeslik oningelig. Die plaas se naam waar die wisselaar nou is, was Gillooley’s. Hoekom die naam verander en ‘n klomp geld mors terwyl hulle eerder die wisselaar beter in stand kan hou daarmee?

Jack ·

Wie gee om watter naam gegee word in die land wat reeds sy aansien in die wereld verloor het. Verander sommer die land se naam na Loadshed of iets en kry klaar. Daar is geen verering oor om n straatnaam jou naam te gee nie.

Nico ·

Om die naams verandering te doen is net geld mors, en dit nogal te vander na ‘n persoon wat geskiedenis van korrupsie agter hom het asook sy seun wat moord klag teen hom het.

philippus ·

Goeie keuse… daar is altyd n gemors daar… ek het altyd gedink om dit na septiese tank wisselaar te laat verander… maar die is net so goed

Maritza ·

Spandeer ons belasting geld om jou mense te help! Hou op ons geld mors op sulke onnoodsaaklike dinge

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.