Gordhan laaste spyker in sukkelende SBO’s se doodskis – DA

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan. (Foto: ANA)

As oudpres. Jacob Zuma staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) tot op hul knieë gedwing het met staatskaping, het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, die afgelope vyf jaar dié ondernemings se doodsberigte geskryf en laat sertifiseer.

Dit is hoe die DA voel oor sukkelende SBO’s wat onder leiding van Gordhan toenemend verval het.

Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder vir openbare ondernemings, sê Gordhan se posisie as minister het “onhoudbaar” geword.

“Sedert die aanstelling van Gordhan in die portefeulje van openbare ondernemings in 2018 het hy ʼn ongekende chaos op uitvoerende en direksievlak in SBO’s voorgesit,” sê Cachalia.

“Die skade wat deur hierdie bestuurskrisis aangerig is, was so erg dat die meeste SBO’s óf met tussentydse rade, waarnemende uitvoerende hoofde óf met geen uitvoerende hoofde sit nie.

“Ondanks die feit dat Gordhan groot beloftes gemaak het om die verwoestende impak van staatskaping om te keer en SBO’s op ʼn positiewe pad van herstel te plaas, het hy hulle eerder in duie laat stort deur die gereelde veranderinge in aanstellings op bestuursvlak.”

Net gister het Mpho Makwana, voorsitter van Eskom se raad, bedank en ʼn organisasie verlaat wat al meer as sewe maande lank sonder ʼn uitvoerende hoof is.

Transnet is ook leierloos nadat verskeie topbestuurslede bedank het.

Só lyk die stand van sake by sukkelende SBO’s:

OrganisasieStatus van uitvoerende bestuur en raad
Transnet·       Geen uitvoerende hoof sedert Portia Derby bedank het nie

·       Uit die 12 onafhanklike nie-uitvoerende direkteure het ses bedank of afgetree sonder om vervang te word

Eskom·       Al vir agt maande sonder ʼn uitvoerende hoof ná André de Ruyter se bedanking

·       Die voorsitter van Eskom se raad het pas bedank

Denel·       Sedert 2020 het Denel drie waarnemende uitvoerende hoofde gehad

·       Denel het ʼn tussentydse raad

Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL)·       SAL het sedert 2019 vier waarnemende uitvoerende hoofde gehad

·       Die redery het sedert 2020 ʼn tussentydse raad

SA Express·       Die finale likwidasiebevel vir SA Express is in September 2022 toegestaan
Alexkor·       Alexkor het sedert verlede jaar ʼn waarnemende uitvoerende hoof

Die DA voer aan dat die departement onder die administrasie van ʼn uitgesoekte paneel van bedryfskenners geplaas word. Hul opdrag moet wees om SBO’s te stabiliseer deur bevoegde rade en uitvoerende hoofde aan te stel, asook die knelpunte wat die prestasie van hierdie organisasies stuit, te verwyder.

Die party het ook ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om Gordhan onmiddellik af te dank.

“Gordhan is goed om vinger te wys en het nog nooit een keer verantwoordelikheid geneem vir die chaos wat tans in SBO’s woed nie,” sê Cachalia.

“Selfs op die hoogtepunt van staatskaping kon Transnet steeds ons uitvoersektor aan die gang hou, maar onder Gordhan het die entiteit se vermoë om goedere na hawens te vervoer in duie gestort.

“Gordhan het ʼn verleentheid geword, nie net vir die welstand van SBO’s nie, maar ook vir die ekonomie, daarom moet hy afgedank word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ryan ·

Ek stem. N kommunis kan NOOIT n besigheid bestuur nie, aangesien dié 2 idiologieë absoluut onversoenbaar is.

JohanR ·

DA waar het ons al ooit gesien dat ‘n ANC word afgedank, of bedank self want hy/sy het besef hulle is absoluut nutteloos?

Hendrik ·

Nou waar op aarde kry jy nou onder anc beheer uitvoerende rade wat bevoeg is. Die bestes het misluk en die pad gevat. Wonder hoe bestuur hulle hul persoonlike sake nadat hul met miljoene weg is. So genaamde poste is nie vir die bevoegdes beskore nie.

Deon ·

Hulle dink en glo nie so nie, maar die ANC het hierdie land van ons tot in die donkerste donkerte bestuur.

Kokerboom ·

En Mnr Ramaphosa as die groot sakeman kom dit nie agter?!Hy is netso aandadig as Gordhan!Hul aksies is kwaadwillige vernietiging van die ekonomie. Ideologie weeg bswaarder as realisme!

Jakes ·

Hierdie is verdoemende bewys van hoogveraad. Vir byna 3 dekades kom die ANC weg met hierdie ernstige vergrype en niks word daaraan gedoen nie. Die minister is n apteker van beroep en moet medisyne verkoop. Hoe sal dit lyk as ek n apteker moet vra om n hart operasie uit te voer? Die gevolge sal dieselfde wees as die chaos waarin die ANC regime hierdie land ingedompel het.

OU SAAR ·

Beter kon dit nie gestel word nie…
Baie goeie vergelyking. Net jammer dit val op dowe ore.

Pieter9 ·

‘n Kommunis wat dink hy kan makro organisasies bestuur het net een einde – mislukking.

Sonblom ·

Ek het baie respek gehad vir Mnr Gordhan toe hy Minister van finansies was. Ek het gedink hy is nie soos die ander nie. Maar nou kyk ek na Pravin en dink wat het ek toe geweet. Gelukkig leer mens.

Annamarie ·

Onthou julle ‘n ruk terug was daar die # handsofpravin movement? Wat het ons gedink…

annie ·

Gordhan is dooie hout uit Zuma se era wat homself ingewurm het in ‘n gerieflike nis om net te bly skep. Waar hy ookal betrokke was, het nog geen liggie geskyn om oor hande te klap nie. Hy is oud en klaar van al die baie niks wat hy uitgerig het.

domheks ·

Daar is seker nie geskikte kaders om in die poste in te sit nie. Serer sy ras wat hy soek.

Kabous ·

En wat gaan julle doen (DA)?, niks absoluut niks net soos n jakkals voor die gat sit en huil!! Julle praat net en ons is al moeg om net klagtes te hoor van die (DA) en julle doen eintlik niks!!

gatgogga ·

Die jakkals sit voor die gat en huil – probeer om die VF+ uit die gat uit te lok om ook so nou en dan darem iets te doen om die ANC te troef.

houopkruip ·

Haai DA, so jaar of wat gelede was Gordhan dan julle held, ten spyte van waarskuwings vanuit die bose ver-regses ?

Bennie ·

Gordhan is en bly ‘n kommunis. Daarom het hy volgens ANC ideologie meegehelp om alles in grond in te bestuur. Hy en Ebrahim Patel by Handel en Nywerheid het sekerlik meegehelp om SA orals as maar net nog ‘n korrupte muishond Afrikaland bekend te laat word met afgraderings en swak betalings.

Eclectus ·

Demokrasie is die kuns en wetenskap om die sirkus vanuit die aaphok te bestuur.

– H. L. Mencken

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.