Goudstad het weer ʼn burgemeester

Kabelo Gwamanda (Foto: Stad Johannesburg/Twitter)

Kabelo Gwamanda van die Al Jama-ah-party is Vrydag tot burgemeester verkies nadat die Goudstad vir byna twee weke burgemeesterloos was.

Gwamanda het met die ondersteuning van die ANC, EFF en kleiner partye eindelik met 139 stemme gewen.

Hy vervang die voormalige burgemeester Thapelo Amad, ook van Al Jama-ah, nadat dié ’n paar weke gelede bedank het. Amad het minder as drie maande lank die burgemeesterspos beklee.

Altesaam 266 stemme is vandag uitgebring.

Die DA se dr. Mpho Phalatse, voormalige burgemeester van Johannesburg en die DA se kandidaat, het maar 68 van dié stemme ontvang. ActionSA se kandidaat, Funzi Ngobeni, het 59 stemme ontvang.

United Independent Movement (UIM) sê dit is skokkend dat Phalatse net 68 stemme ontvang het aangesien die DA altesaam 71 setels in die raad het. “Daar is mense in die DA wat nie vir hul kandidaat gestem het nie,” wys UIM daarop.

Dié party is deel van die veelpartykoalisie (ActionSA, UIM, Inkatha Vryheidsparty, ACDP en VF Plus) en is nié beindruk met Gwamanda se verkiesing tot burgemeester nie.

“Die ANC en sy koalisievennote het weer ʼn ander marionet ingestem. Ons sal maar sien of hy die mas sal opkom.”

Al Jama-ah is ʼn klein Moslem-party en beklee slegs drie van die Johannesburgse raad se 270 setels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wit Leeu ·

Ag asseblief ! Raak nou ‘n kompleet sirkus soos als in die land !

Piet 6 ·

Daar kry die DA nou weer waarvoor hulle al maande lank soek. Eie ek van die leierskorps gaan hulle nog baie stemme kos.

Nie Verbaas ·

Wat n grap. Mens kan sien dat die seun totaal verlore is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.