Grafika: Dié items in kosmandjie al duurder

Verskeie items maak jou kosmandjie in November heelwat duurder. (Foto: Maroela Media)

As daar só na stygende kospryse gekyk word, lyk dit al hoe meer of dit vanjaar maar ʼn beskeie Kersete vir die meeste Suid-Afrikaners gaan wees.

Die prys van mieliemeel, koekmeel, stampmielies, uie, hoenderpote, beeslewer, wors, vis, wortels, appels, lemoene en appelkooskonfyt is alles in November meer as 4% duurder as ʼn maand gelede, hoewel talle ander kospryse ook duurder is.

Data van Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity (PMBEJD) se maandelikse bekostigbaarheidsindeks wys dat stygings in Johannesburg hoofsaaklik in die prys van vrugte en groente was.

In Durban was byna alle kossoorte wat gemonitor word, duurder. Dit sluit in verskeie stapelitems. Mieliemeel is 17% duurder, koekmeel is 14% duurder, die prys van stampmielies is nou 13% meer, kookolie is 7% duurder, en suiwel, vleis en uie is 15% duurder. In Durban is spinasie en lemoene nou ook duurder.

As jy uit die noorde afsit Kaapstad toe vir die vakansie, is dit dalk wys om liefs sommige van jou stapelitems saam te karwei. In die Moederstad is vleis duurder en so ook aartappels, uie, soute, soppoeier en aftreksel.

Op Springbok, waar pryse ook dopgehou word, is verskeie items in die kosmandjie duurder. Veral meel en suiker, vleis en groente soos uie, tamaties, groenrissies en wit- en bruinbrood is duurder.

Die algehele prys van ʼn kosmandjie in Kaapstad en Pietermaritzburg is tog minder as ʼn maand tevore, hoewel dit steeds duurder is as dieselfde tyd verlede jaar. In Johannesburg, Durban en op Springbok is ʼn kosmandjie duurder as ʼn maand gelede en ook duurder as dieselfde tyd ʼn jaar gelede.

Volgens die groep is kospryse uiters onvoorspelbaar en in verskillende gebiede dra verskillende faktore tot prysskommelings by. Hoewel die gemiddelde koste van ʼn mandjie items nou 1% duurder is as ʼn maand gelede, is dit meer as 13% duurder as dit met dieselfde tyd verlede jaar vergelyk word.

Sommige items is wel goedkoper as dieselfde tyd verlede jaar, al is dit in sommige gevalle ook net-net. As jy dus soek na ʼn winskopie om by jou Kersete in te sluit, dink rys (-3%), aartappels (-23%), piesangs (-3%) en botterskorsie (-5%).

Items wat veral skerp stygings ondervind wanneer dit met November verlede jaar vergelyk word, sluit in lemoene (+17%), appelkooskonfyt (+19%), uie (+97%), kookolie (+39%), spinasie (+20%) en wortels (+46%).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Tredoux ·

Ek dog al die tyd ek is sterk omdat ek twee duisend rand se kruideniersware met twee hande kan dra.

Harley Davidson ·

Sodra die diesel prys op gaan gaan alles op wat met vragmotors vervoer word maar die pryse gaan weinig indien enige af as die diesel prys verlaag word .

Lillian ·

As kind het my ouers van die Vrystaat gery om kruideniersware vir 3 maande in die Transvaal te kom koop. Nou dra ek ‘n maand se kruideniersware in 3 sakke kar toe. Sommige artikels se pryse styg met tot R5 per maand! Dis absurd!

Danie ·

Ongelukkig lyk dit al hoe meer of die voorspelling wat gemaak is: Suid-Afrika is net 20 jaar agter Zimbabwe, besig is om waar te word. Dit kan ook seker nie anders nie. Jy kan nie presies dieselfde resep volg en verwag dat die resultaat anders kan wees nie.

George ·

Dan is Auz, NZ, Denemark, Switzerland, Namibie, Swede en en en seker ook om dieselfde resep? Want julle besef die is nie uniek aan SA nie?

Danie ·

Ek dink sommige hak was die de-kolonisering. Dit het reeds in 1910 in Suid-Afrika gebeur. Verseker is die verval en onbevoegdheid glad nie uniek aan Suid-Afrika nie. Die meeste van Afrika is besmet daarmee. Met die lande genoem (Aus, NZ, Denemarke, Switserland, Namibië, Swede) is dit verseker nie aan die kriminele en terroriste oorhandig soos met Zim en SA (en ander) nie. Maar ek gaan nou nie te hard praat nie. Laat die wat wil slaap maar slaap.

Antie Sarie ·

Dankie George. Mense besef nie. Daar is n wereldwye poging tot ekonomiese reset. Hulle praat openlik daaroor.

Papsak ·

Ja nee kyk daai tye is verby ons dra nou maar doe goed in hande kar toe want alles word net duurder en duurder maar wie voel iets niemand maar people kan waentjies vol koop want bulle het die geld nie meer ons nie

Manie ·

Ieder en elke item op die rak word maandeliks duurder, nie net sekere goedere nie. Reken die brandstof verhogings by die begroting in en die gemiddelde gesin spandering het sekerlik met R1500.00 + per maand verhoog sedert 2021.

Nettie ·

Doen asseblief ‘n studie op toiletpapier. Dit het erg duur geword met kwaliteit wat lanklaas so verskriklik sleg was. En dis tog ‘n noodsaaklike maandelikse item, maar omdat dit nie in die “kosmandjie” kom nie, hoor ons nie daarvan nie.

George ·

Alhoewel ek saam stem, word toiletpapier nie as noodsaaklik geklasifiseer nie.

Antie Sarie ·

Ek dink daar is mense wat nog toilet papier oor het van Maart 2020.

Wondermaarnet ·

Ek wil ook weet hoekom dit so buitensporig duur is. Ek gebruik dubbellaag en het al begin dink om enkellaag te koop. Die kwaliteit van die dubbellaag het erg verswak in die laaste jaar.

Sterling ·

Sê gou weer hoe die REPO-koers se verhoging veronderstel is om die kos pryse te verlaag? Tans lyk dit net of alles op en op gaan.

Omdat die REPO-koers op is, is daar nog minder geld beskikbaar. Tog mense wat nie huislening, kar lening of kredietkaart het nie, moet ook kos koop. So die REPO-koers traak hulle nie – hulle kan wel nou minder bekostig, want die kos pryse styg. So al wie wen is die banke, terwyl die eindverbruikers hoes!

Nico ·

Die cANCer regering het mos geen bekommenis nie, wat van die sogenaamd armes van die armes, hoe gaan hulle ‘n bestaan maak. Die diesel prys gaan afkom maar die kos pryse gaan nie af nie, wie gaan voordeel trek. Die middelman is die spyker in die doodskis.

SjN ·

Alles word mos deesdae ondersoek, het iemand al getel of daar wel soveel velletjies toilet papier is soos aangedui op die verpakking?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.