Groen lig gegee vir kragtarief in Tshwane-metro

Argieffoto

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het die week die verhoogde elektrisiteitstarief wat die Tshwane-metro mag implementeer, aangekondig.

Die verhoogde tarief sluit ’n verhoging van 13,07% in op die 2018/’19-tarief vir die 2019/’20-termyn.

Die Tshwane-metro se elektrisiteitstariewe was sedert Junie in omstredenheid gehul nadat drie verskillende vaste heffings vir elektrisiteitpunte in die stad bekendgemaak is. Die aanvanklike heffing van R200 per maand vir huiseienaars sou meebring dat verbruikers met laer elektrisiteitsgebruik ʼn verhoging van meer as 40% kon verwag.

Die Tshwane-metro het in Julie aangekondig dat hy nie met die implementering van die ongeldige verhoogde tarief vir die 2019/’20-termyn sal voortgaan nie. Dit het gevolg ná volgehoue druk en ’n hofsaak wat die burgerregte-organisasie AfriForum teen die metro aanhangig gemaak het om die proses te stop.

AfriForum en die Tshwane-metro het hierna konsensus oor die tariefverhoging bereik en Nersa het openbare verhore oor die metro se aansoek om ʼn elektrisiteitstariefverhoging van 13,07% en vir die herstrukturering van sy kragtariewe in Pretoria gehou.

Nersa het op 8 Augustus die groen lig vir die tariefverhoging gegee.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, verwelkom die burgerregte-organisasie dié aankondiging.

“Ons is gelukkig met die tarief wat Nersa goedgekeur het en aanvaar dat die verhoging baie meer realisties is as die vorige voorgestelde verhoging wat die metro tydelik geïmplementeer het. Die feit dat die regte prosesse nou vóór die aankondiging gevolg is, is ook vir ons positief.”

Grobbelaar voeg by dat AfriForum die uitslag van die begin af op die tafel geplaas het en die organisasie is bly dat daar aan die gemeenskap se insette gehoor gegee word.

“AfriForum het van die begin af voorgestel dat slegs ’n 13,07%-verhoging op die 2018/’19-tarief geïmplementeer word, waarna ’n struktuurverandering vir die 2020/’21 finansiële jaar goedgekeur word. AfriForum sal ook aan daardie proses deelneem en seker maak dat die inwoners van Pretoria se stem gehoor word.”

Nersa se besluit beteken nou dat geen basiese heffing vir die huidige boekjaar op elektrisiteitsverbruikers van toepassing gemaak sal word nie.

Inwoners wat koopkragmeters het, sal met bykomende eenhede deur die metro vergoed word vir die verhoogde tarief wat hulle tot dusver vir eenhede betaal het.

Inwoners wat koopkragmeters het en die verhoogde tarief betaal het, kan ook hierdie skakel volg om ’n dispuut met die metro te verklaar sodat hulle vergoed word vir die koste wat aangegaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Klasvakie

En wat is die koste per kw.hr in Pretoria?

John

Waarom verskil die kragtariewe in die land so baie? Party plekke, bv in Bloemfontein, betaal mense glo meer omdat dit daar kouer in die winter is as elders. Gaan hulle in die somers minder betaal omdat dit warmer is? 13.05% is nie grappies nie. Indien werkers nou soveel verhoging eis, moet die munisipaliteit nie weer hande-in-die-lug gooi nie (Oppas vir aardverwarming.). Ons gaan sekerlik nou oupie Mogabe se kragrekening skoon maak en die nuwe tarriewe betaal want, aai, die oudste het sy land so mooi opgebou tot… niks. Wat van Mosambiek, Mandela se weduwee se moederland? Sorg ons ook vir… Lees meer »

Hans

Ons getroue belastingbetalers gaan weereens betaal vir al die mense wat “gratis” krag en ander dienste ontvang. Dan sal ‘n deel gebruik word om die verwoesters/ bemorsers ens se bonusse en verhoogde salarisse te betaal.

Joe Olivier

En net om dankie te sê dat ek “recycle” en my asblik nou halfvol is verhoog Tshwane my koste om die asblik leeg te maak vanaf verlede maand met 112%. Dankie Tshwane,

Zoom Zoom

Nou kan my DA wykslid sekerlik weer smile oor Sy 18% verhoging en seal dienslewering