Groenskrif oor maatskaplike sekerheidsfonds onttrek

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling. (Foto: GCIS)

Die groenskrif oor die voorgestelde nasionale fonds vir maatskaplike sekerheid (NFMS) is Dinsdagaand onttrek.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het die groenskrif onttrek, net minder as twee weke nadat dit in die Staatskoerant gepubliseer is. Daar is geen redes vir die onttrekking gegee nie.

Die groenskrif, waarvolgens die regering voorgestel het dat Suid-Afrikaners tussen 8% en 12% van hul inkomste tot ʼn beoogde NFMS bydra wat dan sentraal deur die staat bestuur sal word, het hewige teenkanting ontlok. Daar is onder meer beoog om vir elke Suid-Afrikaanse burger ʼn universele basiese-inkomstetoelaag (UBIG) van R7 500 per maand te betaal.

Solidariteit het die terugtrekking van die groenskrif verwelkom nadat hy en AfriForum reeds verlede week met stappe begin het om die groenskrif stop te sit.

Solidariteit het ʼn ultimatum aan die departement van maatskaplike ontwikkeling gestel om binne 30 dae sy groenskrif oor hierdie beoogde fonds terug te trek of regstappe kan verwag.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, was die groenskrif in wese absurd, irrasioneel, onwerkbaar en ongrondwetlik. “Die terugtrekking is ʼn oorwinning vir belastingbetalers wat teruggedruk het.”

Solidariteit sal voortgaan met sy weerstand en regstappe teen die groenskrif instel indien dit weer in die toekoms in ʼn ander vorm lewe kry.

“Dit is egter nie net die proses wat verkeerd was nie. Die groenskrif is in sy kern verrot. Daar kan nie meer belastinggeld van belastingbetalers gevat word nie. Dit is kommerwekkend dat so ʼn irrasionele groenskrif gepubliseer is as deel van die wetmakende proses. Dit skep beleidsonsekerheid onder gewone werkers, sakeondernemings en beleggers,” het Hermann gesê.

Die DA en VF Plus het ook heftig op die groenskrif reageer.

Die VF Plus het die voorstel as “kruipende kommunisme” bestempel. Adv. Anton Alberts, die party se nasionale voorsitter, het gesê dit is ʼn poging om stemme te werf en dat die Suid-Afrikaanse ekonomie dit nie kan bekostig nie.

“Die koste daaraan verbonde gaan die middelklas heeltemal vernietig. Dit sal Suid-Afrika laat waar talle ander ontwikkelende state wat dieselfde eksperimente beproef het, hulle tans bevind, naamlik ʼn staat met ʼn baie klein skatryk elite en massas uiters arm mense.”

Die DA het die voorstel om Suid-Afrikaners op dié manier verder te belas as “absurd” bestempel en gesê die voorstel moet onttrek en weggegooi word.

Geordin Hill-Lewis, die DA se woordvoerder oor finansies, het gesê Suid-Afrikaners steier reeds onder geweldige geldelike druk in ʼn krimpende ekonomie en miljoene mense het hul werk verloor, of hul ondernemings is gesluit of geplunder. Die belastingbasis krimp boonop verder.

“Geen land kan homself in voorspoed in belas nie. Slegs ekonomiese groei wat meer werk vir meer mense skep en die belastingbasis vergroot, kan ʼn groot maatskaplike sekerheidsnet finansier.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

KB ·

Die probleem lê seker maar “onder die hoed”! (Daar is ‘n hele paar met hoede/hooftooisels wat “snaakse” spronge maak)

Snowball ·

En daar val die onbevoegde spektakel se Looting 2.0 plan in duie soos die ANC se ‘payroll’. Al struikelend en rigtingloos hardloop die kaders rond in desperate soeke na geld, nog en nog en nog geld om die korruptes te kussing. Nou al so skaamteloos desperaat en beangs alle waaksaamheid en oordeel is na die wind – die uiteinde is verleentheid op verleentheid. Erg verfrissend om ANC ellende en misrabelheid te aanskou.

Skuilnaam ·

PREDIKER 2:17

Alles kom tot niks, dit is ‘n gejaag na wind.

Gato ·

Wys net weer wat is die intellek van ons ministers. Sy het seker van Robinhood gehoor en besluit kom ons vat die “rykes” se belasting en deel dit vir die armes uit. Dan is sy die groot hero in die ANC en dan stem almal vir hulle. Goeie werk Lindie.

Tiptol ·

Deel vir die arms uit? Jy maak seker ‘n grappie. Hulle het nog altyd gevat, niks uitgedeel nie.

annie ·

… nog ‘n minister met ‘n hoed? Covid maak roekeloosheid wakker in ‘n parasitiese Afrika; elders bekend as kommunisme. Waarom hier so ‘n party is wat aan die ANC voorskryf, nogal met ‘n minister in die kabinet maar nie onder hul vaandel aan verkiesings deelneem nie, is onbegryplik tensy die regering bloot ‘n skyn-party is om op die Weste te flous.

Nie Verbaas ·

En word daar enige stappe teen haar gedoen omdat sy nie prosedures gevolg het nie? Nee, natuurlik nie.

Persheks Adri ·

Ook maar beter jy trek dit terug! Ons sal nie betaal vir julle onopgevoede, ongeskoolde, ongeletterde klomp kaders met hierdie belaglike voorstel nie loop tsek man! Bang vir belasting protes ne?

Elize ·

Lyk my hierdie twee hoede van die regering steek die lugleegte onder dit weg

Misky ·

Wat het hulle/sy gedink? Elke burger maandeliks R7500, maar hulle sukkel om nou R350 te gee en ons is bankkrot……. sommiges dink net eenvoudig nie verder as hulle neus nie

Delia ·

Is daar regtig geld om hempies te laat druk met die SASSA logo

FranWilder ·

Kyk al wat ek weet is daar is nie genoeg salaris trekkers om all die res te dra nie. Hulle probeer nou ‘n skare met 2 vissies en 3 brode voer.

Joe Olivier ·

Miskien, dink (weet nie of hulle regtig kan nie) sy dat die 8-12% te min is, en wil dit nou opstoot. Wag maar angstig vir die volgende groenskrif.

Tanniepetoors ·

Die foto laat my so bietjie dink aan ‘n minder suksesvolle uitrusting vir ‘n sirkusnar.

Jr ·

Nog net ‘n voorbeeld van die mag van die belasting betaaler. Ons hoef nie hulle kommunistiese wette te aanvaar nie. Dis tyd laat hulle verstaan die mag is NIE in hulle hande maar in ONS HANDE

Jr ·

Merk my woorde die Spring dag, dit gaan sy kop uitsteek een of ander tyd weer. Net soos grond onteiening, pension gebruik vir staat en free education

Mariana ·

….en volgende minister wat haas uit hoek wil ruk is…..So wil elkeen sy stukkie insit en als is ‘n mislukking.

JohanR ·

Asseblief tog monie ‘n foto van die een saam met ‘n berig sit nie. Elke keer as ek die geen se gesig sien dan skrik ek my boeglam!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.