Grondkwessie lei tot vurige debat in parlement

Argieffoto (Foto: Matthew Miles/Unsplash.com)

Die Nasionale Vergadering het vanmiddag die ad hoc-komitee oor die hersiening van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, weer ingestel nadat die kwessie tot ‘n vurige debat gelei het.

Die komitee moet teen Maart volgende jaar uitsluitsel gee oor die inhoud van sodanige verandering aan die Grondwet.

Die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, het gesê die komitee is niks anders as ‘n bedrogspul en oëverblindery nie.

Steenhuisen het die parlement daaraan herinner dat die vorige termyn se ad hoc-komitee gekies het om die wense van 600 000 mense te ignoreer, asook die meerderheid kundiges se mening dat ‘n grondwetwysiging onnodig en ‘n slegte idee is. Hy het gesê dis die ANC-regering wat misluk het; nou blameer hulle die Grondwet.

Steenhuisen het gewaarsku teen die impak op die banke gegewe die verbande op baie plase, en gewaarsku dat ondeurdagte gedrag die land op die pad van Zimbabwe en Venezuela kan plaas.

“As die ANC en die regering ernstig was oor grondhervorming sou ons tydens die winter-reses van die parlement die nodige wetgewing kon afhandel om staatsgrond en stamgrond onder landsburgers te verdeel sodat hulle kaart en transport kan kry. Die DA sal hierdie aanslag op die Grondwet teenstaan,” het Steenhuisen bygevoeg.

Die EFF-adjunkhoofsweep, Hlengiwe Mkhaliphi, het die Algeryns-Franse skrywer Frantz Fanon aangehaal dat elke generasie sy missie moet ontdek, en gesê die huidige generasie se missie is die oplos van die grondvraagstuk. Volgens haar moet die Grondwet erkenning gee aan swart pyn, en kan die regte van die verontregtes nie gelyk gestel word met die regte van diegene wat die verontregting gepleeg het nie.

“Die eiendomsklousule moet en sal verander word sodat ons nie meer slawe in ons eie land is nie. Die EFF sal ook fyn dophou of die ANC ‘n kunsmatige grondwetlike verandering probeer deurdruk,” het Mkhaliphi bygevoeg.

Hoofman Elphas Buthelezi het namens die IVP sy party se teenkanting teen die ad hoc-komitee en die grondwetlike verandering uitgespreek en gesê dis die ANC-regering wat te blameer is vir die gemors met grondhervorming.

Vervolgens het die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, gesê dis duidelik dat die ANC en die EFF verskil oor hoe om die kwessie aan te pak. Groenewald meen die ANC wil voorvereistes stel vir onteiening terwyl die EFF volgens hom eerliker is – hulle wil al die grond vat en dit nasionaliseer.

Hy sê met die ANC en die EFF weet jy nie aldag of hulle vry of baklei nie.

Volgens Groenewald sal onteiening sonder vergoeding die land se ekonomie vernietig. Hy het landsburgers daaraan herinner dat eiendom nie tot grond beperk is nie, en is van mening dat Suid-Afrika op Zimbabwe se pad geplaas kan word. Die VF Plus is dus gekant teen die wysiging van die Grondwet.

Steve Swart van die ACDP het op sy beurt gesê sy party is gekant teen die wysiging van die Grondwet, en is ten gunste van onteiening met vergoeding.

Die PAC en die AIC is ten gunste van die wysiging.

Namens die ANC het dr. Mathole Motshekga ‘n geskiedenislesing oor die grondkwessie sedert 19134 gehou, maar hy het net so ver as 1956 se vroue-optog na die Uniegebou gekom, toe is sy tyd op.

Die daarstel van die ad hoc-komitee is goedgekeur met 189 stemme teen 67.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Andre Stander ·

Ek is bevrees daar sal niks gebeur nie. Die Boere in Zim was te min en kon nie saamstaan om enigsins beduidende verset te lewer nie.

Ek sien dieselfde ooreenkomste in SA, daarom sê ek niks sal gebeur nie. Die polisie sal een of twee voorbeelde maak, die media sal een of twee vrou-&-kinders alleen videos uitbassein terwyl die man in die vangwa wegry (en weet nou is sy vrou alleen op die plaas), en die res van die Boere sal oorgee en afstaan. Ons is te min, die aanslag is te groot, die Wêreld sal net staan en praat wyl hulle toekyk.

Waar sal ons hulp vandaan kom..?

Grobler Steyn ·

Die volbringing van die EFF se missie is n Venezuela toegedraai in Zimbabwe deeg met n noord Korea sous die deure van hades sal n Welkome uitkoms wees @his lagacy lives

Pieta ·

Alleen gaan niemand nerens kom nie. Saamstaan is die antwoord. Sluit aan en gee finansies aan organisasies soos Afriforum TLU, OUTA en andere. Ons moet hierdie saam beveg.

Johan ·

If the farmers must stop producing due to uncertainty with regards to property rights not only South Africa will suffer but almost the entire Africa – wake up Government before its too late! Millions of our continents citizens are already here due to problems in their own countries! Where to if food security fails here …. Antartica?

johannes ·

Ek se al vir jare boere moet minder plant dan sal die gemors gou stop

Klipindiebos ·

Hoe op aarde is dit moontlik dat ‘n mens nie skaam kry vir sy eie mense wat verantwoordelik is vir die wanbestuur, bedrog en die wyse waarop hierdie land bestuur word nie.

LHS ·

Dr Motsega mag ek vir jou n lesing kom gee oor die oorsprong van die swartmense van suider Afrika. Ons sal maar net gebruik maak van erkende en bewese feite vanuit hoofsaaklik die 3e eeu.

HPV ·

En het die ANC regime nie misluk nie! SAL, Eskom, SABC, Weermag, die ekonomie, die Rand, rassespanning, letterlik alle munisipaliteite, Hul nuutste ramp NGV. Die enigste ligpunt, daar is nie meer baie wat hulle kan vernietig nie.

Pietman ·

Regering goed met planne op papier – sien ‘n logistieke nagmerrie in die praktyk – wie belsuit wie kry wat en hoeveel? Enige rangorde? Prioriteitslys? Gaan elke enkele aanspraakmaker ‘n stukkie grond kry? Gaan diegene gevrywaar word van munisipale heffings op die grond? Sal plaaslike owerhede die eiendomme gratis “diens”? Gaan beuttingspatrone van grond verander? Van landbou na semi-indutrieel en/of residensieel met gepaardgaande infrastruktuur ontwikkeling? Nog nie antwoorde op die kwellinge gesien nie.

Delarey ·

Wat van al die reeds onteiende grond wat onbenut lé?

Dis duidelik dat die ANC grondonteiening sonder vergoeding gebruik as verskoning vir sy eie mislukkings terwyl die EFF ‘n rasistiese en kommunistiese agenda nastreef wat blankes niks gun in SA nie. Beide posisies is onverdedigbaar en plaas die teenstanders van die beleid outomaties op die hoér morele grond. Om nie te praat van die potensieél katastrofiese ekonomiese gevolge nie.

Met die opkoms van nasionalisme in die Weste is die kanse redelik dat hierdie beleid die ANC baie skade gaan berokken terwyl dit simpatie sal wek vir die lot van minderhede.

Ten spyte van Ramaphosa se dryf vir investering en ekonomiese groei is hierdie beleid waarskynlik die enkele grootste rede vir ons onlangse ekonomiese insinking.

Die ANC en Ramaphosa maak ‘n groot strategiese fout met die beleid en dit sal hulle nog duur te staan kom.

lewies ·

Kwantiteit vs kwaliteit. Waar gaan hierdie twee menslike eienskappe ons in die politieke arena bring. Ons sien dit werk nie, want waar die DEMOKRATIES- KWANTITATIEWE meerderheid ‘n regering aanwys is daar chaos, terwyl ‘n TEOKRATIES-KWALITATIEWE meerderheid by verre groter moontlikheid het op sukses. Ons land is immers 80% Christene.

Johanna Botha ·

In zim het hulle al die grond en dit bly n gemors !

Justus Hattingh ·

Die land kan bekostig om nog 3 stede in die lewe te roep. 4 sal ook doen, bou Nuwe Stede, met redelik groot genoeg erwe vir 1 woonstel by. En skep 4 Stede vir al die mense in plakkerskampe om nuwe werk en wonings te kan kry in ons land. As dit vol is skep nog 2 stede in stede van plase te gee waar hulle weer arm
op gaan woon sonder als wat nodig is. Skep n volkome 4 Stads Infrastruktuur vir almal in die land en stop die inkom van nuwe mense om te kom bly. Dit sal die ekonomie bou en herstel. Maar die jode sal dit stop, want hulle wil minder mense op aarde hê, om hulle te kan beheer. Daarom sal die saak nooit die Lig Sien of van Gehoor word nie !!!!! X

Sputnik ·

Mens kan stede bou tot jy blou word, maar as daar nie werk is ná die stede gebou is, het jy niks bereik nie.

sweis ·

Hulle moet ophou skynheilig wees en sê hulle haat witmense,en sommer n haat witmense dag instel as n vakansie dag.

Skoolgeld ·

Skrik al skrik jy net wakker! Die vakansiedae wat die blankes viir 1994 ingestel is is nou politieke vakansie dae!

Genoeg ·

Stede kan werk, want stede kan nie op hul eie funksioneer nie. Daar word mos dan outomaties werksgeleenthede geskep. Of is ek nou blond?

Johanna Botha ·

Stede met die hoe spoed treine waarvan CR droom ….haha ….hulle wil die land verongeluk !

Magda ·

EFF moet terug gaan skool toe – Apartheid is ingestel deur die Britte wat ons mense as slawe vir baie jare gehou het en grond gype is deur hulel geoden wat julle vd grond af gedryf het – NIE ONS NIE. . So gaan plaas die blaam op Britanje (Engeland) se skouers en nie die WIT mense wat vandag hier woon nie.

fred ·

ek verstaan glad nie hierdie probleem nie..die ANC staat het miljoene hektare grond plus al die stamgronde……of weet hulle self nie waar al die grond is nie?????
…..of is hulle bang dat daar nie geld is nie om die infrastruktuur te bou om miljoene mense op hierdie gronde te huisves…wat nog tot meer betogings gaan lei..
….die groot belgiese partye is teen onteigening sonder vergoeding…dit staan swart op wit en was reeds in die parlement bespreek…

…..

Jerry ·

Enige debat wat nie deurgetrek word met inagneming van die ANC se NDR programme vir de-kolonialisasie en die se geldigheid vs die grondwet, is totaal en al nutteloos. Om te argumenteer dat die eff eerlik is oor nasionalisering en die ANC nie, is n totale nuttelose argument omrede die ANC se NDR beleidsprogramme geskoei is om kolonialisme met sosialisme te vervang en dit kan net bereik word deur nasionalisering. Die ANC hoef dus nie te se dat hulle gaan nasionaliseer nie, hulle beleid spel dit uit. Die eff wil radikaal nasionaliseer sonder inagneming van die grondwet en die ANC se CR faksie wil demokraties nasionaliseer met inagneming en verandering van die grondwet. Argumenteer eerder dat beide die ANC/eff beleide dit uiteindelik ten doel het om te de-kolonialiseer en te nasionaliseer om kolonialisme te vervang met sosialisme. Die manifeste van die ANC mbt staatsbeheer van grondhervorming, mynbou, gesondheid, welsynstoelaes ens is alles nasionalisering. Al wat nog kortkom is die RB en finansiele instellings, dan is SA ten volle genasionaliseer. Die proses dui daarop dat dit is waarheen die ANC oppad is, hulle hoef dit nie te se nie, die proses is daar vir almal om te sien en te volg. Al die opposisie partye, VF ingesluit, is besig om die proses wat nie gestop kan word nie, saam met die ANC te volg.

Elsa ·

Mense julle moet na julle geld in die bank kyk, Moodey’s gaan ons down grade dan gaan die rand baie val. Ons moet iets doen om ons geld in die bank te beskerm.
Dit lyk nie goed vir ons voorentoe nie.

BlinkStephaans ·

Ek wonder nou so by myself…. wat gaan die mense maak as hulle nou die grond het… maar steeds honger is…. uitvind hulle moet nou grond belasting betaal…. en vir dienste…dat insetkostes baie hoog is… dat hulle self nou die ding moet maak werk en onderhou. Die betogings gaan nooit ophou…. want dan het hulle net nog nuwe dinge om oor te kerm. Gaan die staat dan nou maar vir elke ou wat n stuk grond gekry het instaan vir al die dingtjies wat die grondeienaar nie kan of wil betaal. Staatsbeheerde opheffings projekte wat gesneuwel het op gekoopte grond lê die hele land vol as n bewys van die staat en our piepol se onvermoeë om so iets te maak werk. Julle soek op die verkeerde plekke ouens… grond gaan nie jul probleme oplos. Julle gaan sit op daardie stuk grond en hoop vir beter dae. Maar tenminste het julle grond né… kan dit darem terug verkoop aan die oorspronklike eienaar nadat alles tengronde gegaan het. En dan begin ons maar weer voor met die gekerm… want sien… grond is nie jul antwoord. Ons kan môre vir elkeen n stuk grond gee.. en oormôre sal julle steeds wil brand en plunder… want julle sal net altyd ontevrede wees. Om alles verniet te kry maak jou nie n gelukkiger mens nie.

HPV ·

Stuur al jou beleggings landuit, die anc/eff regime gaan nie stop by landbougrond nie.
Volgende sal hele woonbuurte en later alle beleggings wees. Al behou mens jou geld sal dit in elk geval geen waarde meer hê na die onteiening begin nie.

HANSIE ·

Ek wil graag vir FW de klerk en nasionale party dankie se vir die gemors waar in ons self bevind. My oupa draai in sy graf om om te sien wat hulle gedoen het wat hy gehelp het om op die been te bring. My oorlede pa het altyd gese dat die pap pot prut en hy sal een of ander tyd oor kook die tyd is nou naby.

Adam ·

Hansie, ons is dit seker eens dat SA tans ‘n gemors is, maar wat sou jy gedoen het om te verseker dat 10% van die bevolhing tot in ewigheid die kitaar alleen kon slaan.

Liz ·

Zimbabwe here comes SA! China will be feading us plastics food and dogs and donkeys, there is NO solution to our foid option, China with their bveady eyes are waiting!

Chris Ws ·

Die Rand se groot waarde vermindering die afgelope 2 dae spreek boek dele.MAAK JOU OE OOP RAMAPHOSA!!!Julle verdoem die land met julle gemors idees.

Ws ·

Sy oë knip nie eers nie dis permanent wawyd oop! Hy het baie duisende miljoene rande van sy eie sak om op te pas!

Trojaanse Donkie ·

CR is slegs bruikbaar solank hy die land kan stories vertel. Hy lyk vir my soos ‘n Rip van Winkle wat nog vas slaap en vasgevang is in ‘n heerlike droom. Hoelank gaan hy nog ‘n “presedent” wees weet niemand nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.