Grondwethof genader oor staatskaping-verslag

zuma-en-staatskaping-2

Foto van pres. Jacob Zuma: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Die DA het Maandag die konstitusionele hof genader vir ʼn verklarende bevel dat pres. Jacob Zuma sy grondwetlike verpligtinge versuim het deur nie aan die aanbevelings in die staatskaping-verslag te voldoen nie.

Volgens Mmusi Maimane, leier van die DA, het Zuma sy grondwetlike verpligtinge versuim deur nie ʼn kommissie van ondersoek aan te stel soos deur adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, in haar verslag aanbeveel is nie.

Zuma moes die kommissie teen 2 Desember op die been gebring het. Dit kom ook enkele dae nadat Zuma die Pretoriase hooggeregshof versoek het om die staatskaping-verslag en die aanbevelings tersyde te stel. Zuma bevraagteken veral die aanbeveling dat ʼn kommissie van ondersoek aangestel moet word.

“Ons vra die konstitusionele hof om te beveel dat Zuma aan die aanbevelings moet voldoen en binne tien dae ná die hofbevel die kommissie moet aanstel.” Volgens Maimane het die DA Zuma ook skriftelik in kennis gestel dat indien hy Madonsela se verslag wil daag voor die hof, hy ʼn hofbevel moet bekom waarvolgens hy nie dadelik haar aanbevelings hoef te implementeer nie hangende die uitkoms van sy aansoek.

Die konstitusionele hof het vroeër die jaar gelas dat Zuma versuim het om die Grondwet te handhaaf deur nie aan Madonsela se verslag rakende die Nkandla-saak gehoor te gee nie. Zuma is gedwing om R7,8 miljoen terug te betaal rakende die opgraderings aan sy private woning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

CHRISTA ·

Zuma het soveel respek vir ons konstitusie soos wat Mugabe vir Zimbabwe s’n het!!!

AL ·

Nkandla het nie verdwyn agv volgehoue druk nie, dieselfde moet gedoen word oor staatskaping.

Helene Heyns ·

Het Zuma toe ooit rerig die R7.8 milj terugbetaal? Daar was gemeld dat een of ander onbekende bank dit sou voorskiet maar ek kan nie onthou of dit wel betaal is nie.

Jaybee ·

Zuma het hom nog nooit aan enige hof uitsprake gesteur nie, hoekom sal hy dit nou doen. Hy het ook nog nooit sy grondwetlike verpligtinge nagekom nie.

jaco ·

Die klaers is volgens die ANC die wit kapitalistiese rassistiese DA . Die regters vd konstitusionele hof se salarisse word deur die ANC-beheerde Staat betaal. So van hierdie saak gaan niks kom nie.

Jan ·

Ja, Zuma het ‘n amper rommelverklaarde land gekaap, seker gedink niemand sal dit agterkom as hy die ashoop, wat hy self gemaak het, stukkie vir stukkie wegdra nie.

En Cyril Rama vertel die munisipaliteite hulle moet werk skep. Jig, en hulle dink hy gaan beter as Zuma vaar. Weet hierdie man ooit hoe die ekonomie werk?

Alida ·

Roer hom Mmusi ons is dik vir sy slinkse manierjies en skelm maniere.
Moet asb nie ophou om hom gas te gee nie.

Vra net. ·

Hoe kan ‘n President van ‘n land tot sulke uiterstes gaan. Bedrog, korrupsie noem maar op en hy doen dit. Is daar RERIG geen manier wat hy onthef, ontroon, Onbelangrik gemaak kan word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.