Gupta-vennoot bly eers in tronk

Iqbal Sharma in die beskuldigdebank. (Foto: Verskaf)

Iqbal Sharma, omstrede sakevennoot van die Guptas en voormalige Transnet-raadslid, sal eers volgende week hoor of sy appѐl teen die hof se besluit om hom borgtog te weier, suksesvol was.

Sharma en drie ander word aangekla van bedrog van sowat R25 miljoen wat verband hou met die sogenaamde Estina-suiwelprojek.

Die landdroshof in Bloemfontein het Sharma in Junie borgtog geweier, op grond daarvan dat hy ʼn vlugrisiko is. Sharma het glo sedert 2010 meer as 100 vlugte van en na lughawens in die VAE gehaal. Dit is dié besluit waarteen hy nou appelleer.

Die appѐl is Vrydag in die hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor. “Uitspraak in die saak is voorbehou tot 14 Julie,” het Sindiswe Seboka, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

Hy bly intussen in die tronk.

Maroela Media het vroeër berig sowat R25 miljoen is tussen 1 November 2011 en 28 Februarie 2012 deur die departement aan die maatskappy Nulane Investments 204 betaal om ʼn studie te doen om te bepaal of die Estina-suiwelprojek uitvoerbaar is. Sharma is ʼn direkteur van Nulane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Di ·

Stem saam, weier borgtog anders is hy ook land uit soos die Guptas.

marius ·

Maak sy borg 25 miljoen . Dan kan hy maar land uit en die geld is verhaal .

Tanniepetoors ·

Glo my, die R25 miljoen was waarskynlik nie al nie. Hy moet maar bly sit en lank sit. Die geld sal SA nooit weer sien nie.

Eragrostis ·

Goeie idee, @Marius. Die Rand het van 2010 erg verswak, dus moet die inflasie in berekening gebring word plus rente wat dit kon genereer. Daardie bedrag kan dan amper verdubbel.

annie ·

Voordat hy in hegtenis geneem is en daarna… Wat die man sè is dat indien die hof hierdie twak van my glo, is hulle regtig onnosel.

Nico ·

Hierdie aanmerking is absoluut ‘n klap in die gesig van die regstelsel.

Nico ·

Weier sy appelsaak en borg aansoeke, laat hy lekker vrot in die tronk soos wat hulle doen met Janusz Wallis.

Oom Dawie ·

Die Guptas het geweet – met hulle slinkse planne en die ANC se gierigheid was SA vir hulle n oop beursie.
R25m is kleingeld op die ouens se vlak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.