Braam Haarhoff (52), seun van die vermeende kinderontvoerder, Joey Haarhoff, is Woensdag deur ʼn Nieu-Seelandse hof tot 13 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan agt seksuele misdrywe met ʼn 12-jarige meisie skuldig bevind is.
Die familie én ʼn bron in Nieu-Seeland het Haarhoff se lot aan Maroela Media bevestig.
Die nuuswebblad Stuff het reeds in September 2018 berig dat Haarhoff op aanklagte van onsedelike aanranding, poging tot verkragting en verkragting in die Manukau-distrikshof in Auckland verskyn het. Die oortredings is glo tussen Januarie en Julie 2018 teenoor dieselfde slagoffer begaan.
Haarhoff het onskuldig op dié aanklagte gepleit. Daar is egter later nog klagte teen hom aanhangig gemaak en hy is einde verlede jaar skuldig bevind.
ʼn Familielid van Haarhoff wou nie Donderdag kommentaar lewer nie, maar hou vol dat Haarhoff onskuldig is.
Haarhoff se ma, Joey, is in 1990 deur haar lewensmaat, die berugte pedofiel Gert van Rooyen, doodgeskiet nadat polisie hulle gejaag het. Sy en Van Rooyen is destyds positief verbind met die verdwyning van ses meisies tussen 1 Augustus 1988 en 2 November 1989. Maroela Media het verlede week berig dat dié raaisel 32 jaar later steeds by speurders en familie spook.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
31 Kommentare
Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat lui : “like father, like son” of miskien moet dit wees: “like mother like son”. Of is dit “die appeltjie val nie te ver van die boom af nie”? Ek noem net spreekwoorde wat ek ken ; D
32 Jaar later is Haarhoff steeds ‘n vermeende oortreder, terwyl Van Rooyen ‘n besliste pedofiel is(?).
“It runs in the genes …”
Aartjie na sy vaartjie.
Familie kwaal..