‘Halfhartige hervorming’ van brandstofprysformule help nie

branstof petrol diesel verbruiker Caltex petroljoggie vervoer

Die brandstofprys het die afgelope jaar met sowat 40% gestyf. (Foto: Maroela Media)

Solidariteit het Dinsdag die voorstelle van die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, en die minister van finansies, Enoch Godongwana, dat aanpassings aan die brandstofprysformule nodig is, verwerp.

Godongwana het verlede week gevra vir veranderings aan die formule nadat die prys van brandstof opnuut ʼn rekordhoogte bereik het.

Hy het Vrydag in die parlement gesê hy is bekommerd oor die prys van brandstof “tot so ʼn mate dat ons moontlik ʼn rol sal moet speel om te doen wat ons ook al kan om die hervorming van die brandstofprys te ondersteun”.

Mantashe het op sy beurt aan LP’s gesê die skeiding van die brandstofheffing van brandstofpryse kan moontlik ook help.

Volgens Solidariteit sal aanpassings aan die brandstofprysformule enersyds onvoldoende wees, en andersyds sal dit ʼn hindernis wees om werklike, volhoubare verligting vir Suid-Afrikaners teweeg te bring.

“Blote aanpassings sal nie ver genoeg gaan nie. Halfhartige pogings tot hervorming sal eerder in die pad van goedkoper brandstof staan. Om, soos Mantashe voorstel, die brandstofheffing van pryse te skei, sal niks doen om die las op verbruikers te verlaag nie, maar sal eerder ʼn ekstra administratiewe las op verbruikers plaas,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Volgens Solidariteit is die enigste manier om brandstofpryse konsekwent te verlaag deur middel van belastingverligting en die deregulering van petrol.

“Die oplossing is tweeledig: Eerstens moet die heffing verlaag word. Tweedens moet die brandstofprys gedereguleer word. Terwyl die minister kibbel oor die prysformule kan almal veel groter baat vind by ʼn volkome deregulering – die wegdoen van die prysformule in sy geheel,” sê Du Buisson.

Solidariteit het verlede maand al aan albei ministers geskryf oor die ingrypende styging in brandstofpryse. Die organisasie sê brandstof lê aan die hart van enige ekonomie en daarom is dit van die uiterste belang dat pryse so laag as moontlik moet wees of ten minste nie kunsmatig hoog gehou moet word nie, om burgers in staat te stel om by die werk te kom en om dit moontlik te maak vir goedere en dienste om hul pad na burgers te vind.

Die vakbond Uasa het vantevore ook sy kommer oor die styging in brandstofpryse te kenne gegee – veral met verwysing na diegene op voetsoolvlak wat gewoonlik die swaarste getref word.

Die prys van brandstof het die afgelope jaar met sowat 40% gestyg, terwyl werkers minimaal klein of geen verhogings gekry het nie en onder toenemende geldelike druk verkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Marius ·

Die staat kry miljarde met die brandstof heffings. Hul gee nie ‘n duit om vir die sukkelende bevolking nie.

Blikkies ·

Die brandstof raak nou al te duur vir my vrou om te gaan werk. Daar is geen alternatiewe vervoer werk toe nie en te ver om te loop. ‘n Kleiner karretjie kry jy ook nie. Een van die dae gaan sy moet betaal om te kan werk? Nog ‘n salaris trekker gaan moet bedank oor onregverdige hoë pryse.

SlinkseKoljander ·

Mantashe net nog n voorbeeld van die kennis wat ANC kaders het, net bietjie minder as n tuin slak

Dirk Mostert ·

Hy is reg om Shell toe te laat om olie en gas om ons kus te soek. Die groenes voel vere vir ons energie-krisis.

Swerwer ·

Die ANC kort geld. Dit is al hoekom die brandstof geteiken word.
Die ANC gee nie ‘n duit om oor enige iemand in hierdie land nie, solank hul sakke vol geld is en hulself rond en gesond is, kan die ander/res maar vergaan.

JohanR ·

Daar is net een manier hoe die petrol prys sal afkom en dit is die dag dat die ANC #Voertsak!

Samuel ·

Ag tog, Solidariteit, het julle ooit kon dink die kommuniste sal iets doen wat tot voordeel van die verbruiker is?? Ons as blankes moet eerder saamstaan in verkiesings téén die cANCer. Dít sal egter nie gebeur nie. Ons is dwarstrekkers.

Willem ·

Ek wonder nou waar is die Sasol wat ons ten duurste ontwikkel het vir ingeval ons geboikot word? Vir tye van uiterste nood?

Jacobus ·

Sasol lewer ongeveer 7% van die land se petrol. Dan betaal die ANC regering aan PETRO SA net buite Mosselbaai MILJARDE RANDE aan reddingsboeie sodat die BBBEEEE kaders wat nog daar werk groot salarisse kan kry.

Dup ·

Ek vertrou ons kader regering met NIKS nie.Geld raak net te maklik weg.Daar is allerhande heffings wat betaal moet word maar paaie en ander infrastruktuur gaan elke jaar agteruit.Geen wonder die brandstof aanpassings word nie meer vooraf bekend gemaak nie.Kul jou hier en kul jou daar…en siedaar,weg is die geld.

Cabytheron ·

Terwyl brandstof pryse met 40% gestyg het, het ons ook gesien hoe ons kospryse styg. Dit is ‘n skreiende skande. Daar is mense in ons land wat nie eers ‘n brood kan bekostig nie.
SIES ANC! Skaamtelose klomp kaders!

Dirk Mostert ·

1. Skraap die padongelukkefonds
2. Ondersoek en ontwikkel SA se olie-en gasbronne om ons afhanklikheid van ingevoerde olie te verminder of te beeindig. Onthou Mosgas!
3. Kan Sasol se olie-uit-steenkool produksie nie verhoog word nie? Ons het voldoende steenkool beskikbaar.

Ag kom nou man ·

Ek stel voor maak brandstof beskikbaar aan die suid-afrkaanse burgers teen dieselfde (groot Handel) prys wat dit aan Botswana, Namibie en al ons buurlande verskaf word. Of stop uitvoere van Sasol na buurlande, dan sal daar genoeg beskikbaar wees. Sasol produseer +/- 60% van ons petrol in die Land. As uitvoere gestop word kan Sasol sekerlik om en by in 80% van ons lokale behoeftes voorsien. Hoekom moet die lokale vervaardigde Sasol petrol prys op Brent olie pryse bepaal word. Maak n onderskei tussen Sasol brandstof en ingevoerde brandstof. Ek glo nie die myning van kole te prys kon 40% duurder geword het sedert Januarie nie, dus kan die prys van Sasol brandstof ook nie 40% getuig het nie. WIE SKEP WAAR HIER??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.