Hiér is land se beste skole (en agt is Afrikaans)

Leon Fourie en Schalk Reynders, hoof van Hoërskool Menlopark, tydens die toekenningsgeleentheid. (Foto: Verskaf)

Hoërskool Menlopark (950), Hoërskool Waterkloof (860), Afrikaanse Hoër Meisieskool (712) en Hoërskool Garsfontein (709) het die meeste onderskeidings van álle skole landswyd tydens die 2022-matriekeindeksamen behaal.

Dié vier skole is almal Afrikaans en in Tshwane (Pretoria) geleë en het altesaam 3 231 onderskeidings ingeryg.

Agt van die land se top-20-skole met die meeste onderskeidings per kandidaat is boonop Afrikaanse skole. Dit lyk ook of seuns en dogters beter presteer wanneer hulle afsonderlik skoolgaan, aangesien die helfte van die top-20-skole, enkelgeslagskole is. Sewe van die top-10-skole is meisieskole.

Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum het dié skole Vrydagoggend vir hul puik prestasies vereer. Die skole wat op die lys verskyn, is openbare óf private skole wat die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS), eerder as die Onafhanklike Eskamenraad (IEB) se matriekeksamen skryf,

Heel bo-aan die lys van skole met die meeste onderskeidings per kandidaat is Herschel Girls School (4,41 onderskeidings), ʼn private skool in Kaapstad, gevolg deur Rustenburg Girls’ High School (3,92 onderskeidings), ook in Kaapstad.  Kelly Prowse, ʼn leerder aan dié skool, is ook as vanjaar se topmatrikulant aangewys. Derde op die lys is Rhenish Girls’ High School in Stellenbosch, met 3,72 onderskeidings per kandidaat.

Die Hoër Meisieskool Bloemhof is sesde, met 3,44 onderskeidings, die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl negende met 3,23 onderskeidings en die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria tiende, met 3,22 onderskeidings.

Top‑20-skole landswyd met die meeste onderskeidings per getal kandidate is:

Skool:Aantal onderskeidings: Aantal onderskeidings per kandidaat:
1. Herschel Girls High School4324.41
2. Rustenburg Girls’ High School6473.92
3. Rhenish Girls’ High School5213.72
4. Herzlia High School3053.67
5. Bishops Diocesan College5343.63
6. Hoër Meisieskool Bloemhof4653.44
7. Springfield Convent of the Holy Rosary2763.41
8. Al-Falaah College2423.36
9. Hoër Meisieskool La Rochelle3423.23
10. Afrikaanse Hoër Meisieskool7123.22
11. Westerford High School5683.20
12. Star College3233.16
13. Hoërskool Menlopark9502.88
14. Hoërskool DF Malan4992.67
15. Hoërskool Waterkloof8602.66
16. Tshwane Muslim School1702.66
17. Hoër Meisieskool Paarl3172.64
18. Hoërskool Ferdinand Postma2042.55
19. Rondebosch Boys’ High School4372.54
20. Westville Girls’ High School5502.53

Leon Fourie, uitvoerende hoof van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), het tydens die merietetoekenningsgeleentheid gesê Afrikaanse skole se uitstekende resultate is te danke aan moedertaalonderrig én gebalanseerde kultuuroordrag wat waardes vestig en leerders vir die toekoms toerus.

Luidens die SOS se jongste matriekverslag het leerders in Afrikaanse skole in die 2022-matriekeindeksamen ’n slaagpersentasie van 85,5% behaal, vergeleke met die 80,1% wat nasionaal behaal is.

Leon Fourie en Wilna van Heerden, hoof van die
Hoër Meisieskool Bloemhof, tydens die toekenningsgeleentheid. (Foto: Verskaf)

Afrikaanse skole het ook sedert die SOS se eerste verslag in 2016 jaarliks daarin geslaag om hul slaagsyfer bo 80% te hou.

Die toelating tot B-graadstudies in Afrikaanse skole is 10,5% hoër vergeleke met die nasionale gemiddeld van 38,4%. Altesaam 25,6% van leerders in Afrikaanse skole verwerf toelating tot ’n diploma en 10,9% verkry toelating tot studie vir ’n hoër sertifikaat.

Die getal Afrikaanse skole in die land het in 2022 afgeneem tot 675. Die gemiddelde getal kandidate in elke skool het egter toegeneem. In 2022 was daar gemiddeld 114 kandidate per Afrikaanse skool.

Uitsonderlike prestasies

Die Hoërskool Menlopark het tydens die SOS se onlangse merietetoekenningsgeleentheid tien toekennings ingeryg. Dit sluit in toekennings vir topprestasie in Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde en Afrikaans Huistaal.

Schalk Reynders, hoof van die Hoërskool Menlopark, skryf die skool se sukses toe aan ʼn kombinasie van drie faktore: “toegewyde kinders, absolute fantastiese onderwysers en dan natuurlik ʼn gemeenskap en ouers wat saamwerk”.

Die toekennings is uitgedeel volgens die getal onderskeidings per skool sowel as die getal onderskeidings per kandidaat sodat daar ook erkenning gegee word aan kleiner skole se uitsonderlike prestasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Louis ·

En julle wat afrikaans probeer uidryf uit die land en skole. Kry vir julle want julle sal nooit van Afrikaans ontslae raak nie.

Goldy ·

Afrikaans gaan nog engels uitoorleef soos die engelse in bv amerika nou verspaans en engelse nie meer nasionale identiteit het nie, en die pad van die romeine stap.

Mariana ·

Baie geluk aan al ons skole wat so mooi presteer het. Doen so voort.

Hendrik Marthinus ·

Maroela
Stuur asb die inligting vir die Engelse Dame ene
Theron
Sy Dink Mos ons is 44 Afrikaans sprekendes oor en die taal is soos renosters byna iets van die verlede
Hopenlik Sal sy van haar Afrikaanse breinselle gebruik en omverskoning vra

piet ·

Hoeveel van die Afrikaanssprekendes het hul vraestelle in Engels afgele (verkies om die Engelse vraestel te beantwoord)? Snaaks genoeg, ek het gevind dat hoe verder jy leer hoe makliker is dit om die Engelse vraestel eerder te beantwoord. Hoe moeiliker die vak of begrippe hoe makliker was dit vir my in Engels. Kan nie vir ander praat nie maar dit het vir my so gewerk. Engels stel dikwels ‘n vraag baie “eenvoudiger” as in Afrikaans. Dis ook ‘n goeie wenk vir studente. Indien jou vraestel beide Afrkaans en Engels is. is om te kyk hoe albei die vraag stel, dit ruim dikwels enige verwarring of dubbelsinnigheid uit die wag wat rerig gevra word. Dit werk.

Casper ·

En nou Lefufi nou is jou ideologiese patetiese mondjie stil,die statistiek laat seker ‘n gal smaak in jou mondjie.

Kokerboom ·

Nou sal res van land se bevolking aandring op bywoning van die skole
Baie geluk aan al die skole!

Martie Smartie ·

8 uit 20 skole = 40%. Dus 60% vd top 20 skole is Engels.

Piet 6 ·

Ek dink ten minste 95% van alle skole is Engels. Dan lyk die prentjie heeltemal anders, Martie Smartie.

Goldy ·

Nou hiers n voorbeeld van waarom kennis van wiskunde belangrik is.

Papsak ·

Wat het julle nou vir julle self te se julle almal gekant teen afrikaans hoe lyk dit nou AFRIKAANS sal bly bravo vir afrikaans

Marcello ·

Aai ! En toe is daar meer as 44 Afrikaanse kinderrs…????????????

George ·

Meer interesant, hoeveel van daai kry keuring vir medies ens by tukkies en die spul?

Oom Dawie ·

Bitter min. My dogter en seun studeer nou oorsee hieroor???? Selfs na sy BSC Med Sci gedoen het (met lof) kon sy nie inkom nie.
Hulle gaan oorsee klaar studeer en net daar bly.
Baie dankbaar dat hulle darem so n kans gegun word…

5ku883 ·

Dit sal baie interessant wees hoeveel van die top 20 skole se onderskeidings deur Afrikaanse kinders verwerf is. Daar is baie Afrikaanse kinders in die genoemde Engelse skole en ek is van mening ‘n groot kompliment van die Engelse skole se onderskeidings is ook deur Afrikaanse kinders verwerf.

Ek sal skat van die ongeveer 9000 onderskeidings wat tussen die 20 skole verdien is, is ongeveer 4000 in totaal, indien nie meer nie deur Afrikaanse skole en/of deur Afrikaanse kinders verwerf.

Nettie ·

So die “beste” skole is die met die meeste onderskeidings? Ai mense, wanneer gaan julle leer wat is belangrik in die lewe?

Ek is bly dit gaan goed met Afrikaanse skole en kinders. Baie geluk aan julle almal.

Maar vir die kinders wat slegs B’s en C’s en D’s gekry het, maar baie hard gewerk het, baie keer harder as die A-kandidate, baie, baie geluk aan julle OOK. Julle is NET so ‘n aanwins vir julle skole, al word julle prestasies nie raakgesien en waardeer nie. Ons is trots op julle! Gaan en gaan maak julle merk in die lewe. Glo my, julle doen meestal baie, baie beter in die profesionele werksomgewing as die A-kandidate wat nou so opgehemel word.

Goldy ·

As Afrikaanse skole in die platteland besef hoe belangrik STEM kennis is en hoe rugby en sport nie volhoubare ekonomiese en loopbaangroei bewerkstellig nie kon ons nog selfs baie beter gevaar het.

Goldy ·

Meer akkurate indeks sou wees as verskillende vakke verskillende gewig dra, soos n onderskeiding in n hoer graad in wiskunde tel baie meer as n onderskeiding in n maklike val in n laer graad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.