‘Historiese’ vergadering tussen Solidariteit, regering oor raswette

(Argieffoto)

Die eerste rondte van die bemiddelingsproses tussen Solidariteit en die regering, oor laasgenoemde se sogenaamde raskwotas, is agter die rug ná ʼn vergadering wat dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Dinsdag as “histories” bestempel het.

Solidariteit het die regering by die Verenigde Nasies se Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) in Genève, Switserland, oor sy raswetgewing verkla en die organisasie het bevind dat daar meriete in die klagte steek.

Die VN se proses behels dat die klagte deur ʼn bemiddelingsproses opgelos kan word, maar as ʼn dooiepunt bereik word, kan die saak op verhoor geneem word waar ʼn paneel regskenners die saak sal bereg.

Die vergadering, die eerste in ʼn proses wat tot ses maande lank kan duur, is ingevolge die VN se bemiddelingsproses onder die vaandel van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), gehou.

“Solidariteit, die regering, die IAO en die KVBA het vanoggend vergader.

“Dit was ʼn historiese vergadering en die eerste keer dat so proses in Suid-Afrika gevolg word. In die vergadering is gesê dat die uitkoms van die proses groot gevolge vir Suid-Afrika kan hê,” sê Hermann.

Die vergadering het die status van die konsiliasie en die proses vasgemaak en daar is bevestig dat dit ʼn proses van die IAO is. Nou moet bepaal word of Suid-Afrika se raswetgewing aan internasionale standaarde en spesifiek konvensie 111 van die IAO, wat diskriminasie hanteer, voldoen, sê Hermann.

Weens die erns van die saak het die KVBA aangedui dat drie kommissarisse aan die konsiliasieproses toegeken sal word.

Die KVBA sal ʼn verslag aan die IAO oor die proses skryf en die partye sal weer in Januarie ontmoet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Allop ·

Hier kom n ding Ek dink nie die ANC gaan hom steur aan die bevinding van die proses nie

Johan ·

Een goeie ding wat hieruit kan kom is dat die cANCer hul nie steur nie en ons uit die VN en die WGO geskop raak. Dan kry ons ten minste van ons vryheid van die weste terug….daar kan net iets goeds hieruit kom, dankie vir jul moeite. Die ras kwotas is inelkgeval uitgedien, maar die weste se greep is te lank al op ons.

Harley Davidson ·

Nie net uitgedien nie ook diskriminernd en rasisties.

H.A. ·

Daar SAL NIKS van kom nie. Die wêreld aanbid die anc, dis in elke geval die wêreld wat die kommuniste heerskappy gegee het in Suid-Afrika.

Lurock ·

Nou kom ons kyk wat gaan hier gebeur. As dk reggelees het kan hierdie vergaderings tot ses maande duur. En as die esluite nou nie in die guns van die cANCer kaders is nie, wat gaan die effek op 2024 se verkiesing wees. Ek vra namens ‘n vriend.

Althes ·

Wonderlik Solidariteit! Ons het net agting en respek vir jul deursettingsvermoë wat gelei het tot hierdie punt.
Ons hoort hier, ons kinders en kleinkinders. Dis ons reg en die ANC gaan ons nie vervreem van ons reg nie.

Rocco ·

Dankie doktor Dirk Hermann en Solidariteit, dat u vir al die rasse en minderhede van Suid Afrika veg.

Harley Davidson ·

Die enigste positiewe nuus in maande miskien jare.

Christine ·

Die ANC gaan hulle afsmeer aan hierdie proses, hulle kon nog NÓÓIT die regte ding doen nie.

Owlie ·

Solidariteit is ook die enigste wat opstaan vir ons mooi SA Dankie vir wat julle doen, kom ons bid dat geregtigheid sal geskied, bie net in hierdie saak nie maar in alle ander.

annie ·

Alles sal nou regkom. Dankie tog! En dan kry ons weer Kaapland terug nadat Brittanje mooi omverskoning gevra het, eers vir Megan en Harry en dan aan alle Afrikaners. Die stemmery sal net so demokraties en eerbaar wees soos gister tydens die ANC-opvoering in die Kaapstad-stadsaal. Lank lewe Solidariteit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.