Hittegolf: Kraaie gaap en rekords spat

Foto: www.iop.org

Foto: www.iop.org

Die versengende hitte wat groot dele van die land die afgelope week geteister het, het verskeie temperatuurrekords in die slag laat bly.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die kwik Woensdag by Unisa in Pretoria tot ʼn allemintige 41 ºC gestyg.

In Bloemfontein het die kwik 42 ºC bereik. Die vorige rekord vir die Rosestad was 39,3 ºC, wat in 1973 gemeet is.

Op Potchefstroom in Noordwes het die kwik tot 40,3 ºC gestyg, wat die vorige rekord van 38,8 ºC wat in 2001 aangeteken is, oortref het.

Op Taung, ook in Noordwes, is ʼn temperatuur van 44,3 ºC Woensdag gemeet, wat heelwat warmer is as die 41 ºC wat in 1988 aangeteken is.

Op Van Zylsrus in die Noord-Kaap het die kraaie behoorlik gegaap, waar dit ʼn bloedige 45,4 ºC was.

Volgens die weerdiens is die hoogste maksimum temperatuur in Tosca in Noordwes gemeet, waar 46 ºC aangeteken is.

Kobus Olivier, weervoorspeller en navorser by die weerdiens, het gesê dit sal teen die naweek effens koeler raak. “Dit sal egter steeds warm wees, terwyl dit ook bedompig kan wees,” het hy gesê.

Volgens Olivier word reënval teen die naweek vir groot dele van die land voorspel. “Reënval sal egter steeds ondergemiddeld wees vir hierdie tyd van die jaar,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DPJ ·

Die is nie rekords waarop mens kan tros wees nie maar maksimum tempratuur waaronder almal ly. So kry net die termelogie reg. Niemand is trots op die maksimum tempratuur nie.

Jan ·

@DPJ
n Rekord is n term wat nie net dui op n prestasie of iets om op trots te wees nie. Dit beteken ook dat iets op rekord geplaas word. En in hierdie opsig is Maroelamedia volkome reg om hierdie hoë temperature rekords te noem. Daar is ook Guinness book of records wat allerhande snaakse goed as rekords aanteken. :)

DPJ ·

Die is geen “rekords” waarop mens trots kan wees nie. Dit is eeder maksimum temprature waaronder almal ly.
Rekords is waarop iemand tros kan wees. Lyk my net die weerburo is trots op die “rekords”.

Stephan du Plessis ·

As ek so na die temperature kyk is dit duidelik dat warm was. Ek weet nie os daar hier op Komatipoort n weerstasie is nie. Ek het n kwik termometer wat onder n boom is. Die kwik temperatuur was gister middag tussen 15:00 en 16:00 amper 49 grade. Die humiditeit was 64%. Ons het omtrent gebraai

max ·

Rêrig! Hemel mense, kan niemand ñ ordentlike redenasie hê nie. Hoekom oor elke ding ñ hengse storie maak. Wat maak dit saak? Rekord of nie, dis baie warm. Bou ñ brug.

Jaco Grobler ·

Max, ek stel dit op rekord dat ek met jou saamstem. Lewe is te kort vir hare kloof…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.