Hlophe van amp onthef

Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe. (Foto: judgesmatter.co.za)

Wes-Kaapse regter-president John Hlophe het Woensdag die eerste regter sedert die aanvang van demokrasie in Suid-Afrika geword om van sy amp onthef te word.

ʼn Tweederdemeerderheid van LP’s moet ten gunste van ʼn besluit stem om ʼn regter van sy amp te onthef. Tydens die stemming het 27 LP’s teen die stap gestem en 305 was ten gunste daarvan. Busisiwe Mkhwebane, die voormalige Openbare Beskermer (OB) en nou EFF-LP wat self ná ʼn soortgelyke proses van haar amp onthef is, was een van diegene wat “beslis nee” gestem het.

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het Hlophe in April 2021 aan growwe wangedrag skuldig bevind nadat hy twee regters van die Konstitusionele Hof probeer beïnvloed het in sake waarby oudpres. Jacob Zuma betrokke was. Die saak dateer terug na 2008.

Pres. Cyril Ramaphosa het Hlophe in Desember 2022 hangende die parlementêre proses geskors, maar die regter het daarna verbete bly veg om in die amp te bly. Hy het onder meer ʼn dringende aansoek in die Kaapstadse hooggeregshof ingedien waarin hy vra dat besluite om hom van sy amp te onthef, ter syde gestel word hangende sy aansoek daaroor in die Konstitusionele Hof.

Die hooggeregshof het die aansoek Woensdagoggend, enkele ure voor die stemmery, van die rol geskrap.

Die DA het vroeër gesê hoewel die party die afhandeling van die kwessie verwelkom, dit nietemin kommerwekkend is dat die proses om Hlophe van die amp te onthef, langer as 15 jaar (sedert 2008, toe die aanvanklike wangedrag-klagte ingedien is) geduur het.

Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder oor justisie en konstitusionele ontwikkeling, het gesê dit was ʼn uitgerekte en ingewikkelde proses met omvattende ondersoeke, verhore en beraadslaging deur die RDK. Daar was ook “politieke inmenging” en regstegniese kwessies wat die proses vertraag het en dit “moes veel spoediger” gehanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Casper ·

Ja regter Hlophe jy wou jou Amp misbruik om Zumpie te beskerm,jy het jou wangedra en dit maak jou onbevoeg.Geniet die rus.

John ·

Uiteindelik na 15 jaar is Hlope geskraap van die rol……….Goed gedaan en hoop daar is nog vele om sy paadjie te volg…….

annie ·

… Ons wil nog sien of hy sonder sy maandelikse meevallertjie sal voortstrompel… as straf.

OU SAAR ·

Van die rol geskrap met volle maandelikse salaris ja.
Glo my, hy sal nog sy pay kry. Nes die die klomp geskorste amptenare. Word geskors maar kry nog salaris. Wat help dit dan hulle word geskors…?

Theuns ·

Nou moet skilpad ramaposa dit nog teken .
15 jaar lekker VOL salaris en alle voordele.
Dis heerlik om cadre te wees. Jy wen altyd .
Ramaposa sal hom nou ambassador maak.
Soort soek soort…. tipies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.