Hof hoor Zuma-appèl oor parool nou in Augustus

Oudpres. Jacob Zuma. (Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Oudpres. Jacob Zuma se appèlaansoek om ʼn hooggeregshofbesluit – dat hy moet terugkeer tronk toe om sy straf vir minagting van die hof uit te dien – sal nou in Augustus in die Appèlhof aangehoor word.

Zuma is 15 maande lank tronk toe gestuur omdat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek het te getuig.

Die DA voer onder meer aan die besluit om die oudpresident op mediese parool vry te laat is onwettig en maak ʼn bespotting van die regstelsel.

Groot ontevredenheid het geheers oor Arthur Fraser se destydse besluit as kommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD) om Zuma op parool vry te laat. Die adviesraad vir mediese parool het die aansoek aanvanklik afgekeur, maar Fraser, ʼn noue Zuma-meeloper, het dit steeds deurgedruk.

Regter Elias Matojane het in die Pretoriase hooggeregshof bevind Fraser se besluit was onregmatig en hy het beveel dat die oudpresident moet teruggaan tronk om die res van sy vonnis uit te dien.

Zuma en die DKD het teen dié besluit van Matojane geappelleer.

Die Appèlhof het vandeesweek gesê die appèlaansoek sal na verwagting nou op 15 Augustus aangehoor word. Zuma en die DKD se betooghoofde moet voor of op 1 Junie ingedien word en dié van die respondente, die DA en vyf ander partye, teen 1 Julie.

Zuma, wat in Junie verlede jaar gevonnis is, se tronkstraf sou teen daardie tyd al amper uitgedien gewees het, mits hy vir die volle 15 maande agter tralies gesit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mariana ·

Ons moet nou maar aanvaar dat hy nooit sal boet vir enige van sy dade nie, dat hy in weelde sal lewe terwyl ander krepeer, oor wat hy aan ons land gedoen het, hy en sy kaders.

Dup ·

Hy is sekerlik die enigste oud president ter wêreld wie soveel hofsake teen hom aanhangig het! En tog marsjeer hy en sy meelopers voort asof hulle modelburgers van SA is.

Di ·

Wens ou Zumpie wil ook net gaan, wat ‘n wonderlike dag sal dit nie wees nie.

Samuel ·

Ag tog!!! Hou op om aan Zuma en sy meelopers soveel lugtyd te gee.

Ons weet mos niks sal met hom gebeur nie. AL sy makkers, die Staatspresident inkluis, beskerm hom. Pfffffffft

Deon ·

Hierdie saak van Zuma laat veel te wense oor van ons regstelsel…. Ek dink hy en sy spul het seker ook al teen die tyd die slim manne deurmekaar met sy manewales….. Hoe kan mens vertrou in so regstelsel. Mens begin wonder wat eintlik aangaan, so al asof n paar manne gaan vou as hy sy mond oopmaak. Nuttelose saak hierdie teen mnr Zuma

JohanR ·

Hoekom nou in Augustus? Hoekom nie in April van 2065? The law is an ass,,,,,especially in South Africa.

Catherina ·

Slim man daardie. Nooit ooit sal hy vir sondes bet nie. Hy en sy “cronies” lag lekker

Kenny ·

Zuma sal nooit terug gaan tronk toe nie daarvoor word alles net uitgestel aanmekaar.Daar word net tyd gekoop met al sy sake om Suid Afrika die verleentheid te spaar

Was dit ek of jy was daardie tronk sleutel lankal gesmelt en die ruimte in geskiet

Nico ·

Hy is mos bo die reg, eendag sal hy betaal al is dit nie op hierde aarde nie, God die Vader is ten volle bewus van sy oortredings, niemand is bo die wet nie, kry vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.