Hof sê Woensdag oor Unisa se taalbeleid

Die Konstitusionele Hof lewer Woensdag uitspraak in die saak tussen Unisa en AfriForum oor die universiteit se Engelse taalbeleid. (Foto: Jacques Naude/ANA)

Die Konstitusionele Hof lewer Woensdag uitspraak in die saak tussen Unisa en AfriForum oor Unisa se Engelse taalbeleid.

“Die uitspraak sal ná meer as vyf jaar vir die sowat 30 000 Afrikaanssprekende Unisa-studente finale duidelikheid bied oor hulle toegang tot moedertaalonderrig,” het Alana Bailey, hoof van kultuursake aan AfriForum, gesê.

Die Hoogste Hof van Appèl het reeds in 2020 ten gunste van AfriForum uitspraak gelewer oor dié kwessie, met die bevinding dat Unisa se taalbeleid nie in ooreenstemming met grondwetlike voorskrifte aanvaar en geïmplementeer is nie.

Die hof se uitspraak destyds het gelas dat die universiteit prominente kennisgewings in drie Afrikaanse koerante en op hul eie webwerf moet plaas om die uitspraak onder studente en die publiek se aandag te bring. Die kennisgewings moes ook ’n volledige lys voorsien van alle modules wat tot met die aanvaarding van die huidige beleid in April 2016 in Afrikaans aangebied is. Unisa het die Konstitusionele Hof daarna om verlof tot appèl teen dié uitspraak genader en dit is toegestaan.

Tydens hofverrigtinge in Mei vanjaar, het regter Stevan Majiedt Unisa se regsverteenwoordiger gekap, nadat dié aangevoer het Afrikaans is nie ʼn inheemse taal nie.

“Dit is inheems aan watter land dan…?” wou Majiedt van adv. Matthew Chaskalson SC, namens Unisa, weet. Chaskalson het aanvanklik gesukkel om met ʼn antwoord op dreef te kom, maar toe gesê dat Afrikaans uit Nederlands spruit. Majiedt het voorts gesê Afrikaans bevat variante van Khoisan, die land se eerste inwoners, asook van Maleisies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Swerwer ·

Wonder wie is aan die stuur van UNISA. Beslis een wat nie sy geskiedenis ken nie. Almal wat Afrikaans praat moet UNISA in sy pietjie stuur, vir wat nog daar wil studeer as hul ons taal as uitheems bestempel.

annie ·

Ek onthou nog goed, ons was almal daar, saam met Oom Jan toe Harry, dis nou van Kaapse faam, in goeie Ingels Good morning sir, vir Oom gesê het, en Oom toe dadelik vir Harry, moontlik ook ‘n sir of ‘n lord, oorgenooi het vir ‘n koppie old Grey-tee en ‘n stukkie melktert seker gebak met die resep van een van die mense uit Maleisië want ons ander was maar onnosel. Natuurlik het Oom Jan maar gesukkel met die Engels en nogal skaam gelyk omdat hy sleg afgesteek het teen Harry wat so deftig uitgevat was en liggies na Old Spice geruik het. En ek onthou…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.