Hofgeding gaan voort oor UV-inentingsbeleid

(Foto: UV/Facebook)

Solidariteit sal strafkoste van die Universiteit van die Vrystaat (UV) eis indien dié universiteit nie sy verpligte inentingsbeleid wysig voordat die partye se saak in die hof aangehoor word nie. Dit volg nadat die UV ondanks die opheffing van nasionale gesondheidsregulasies bekendgemaak het dat hy sal voortgaan met sy beleid oor verpligte inenting of toetsing vir werknemers en studente op sy kampusse.

Volgens Solidariteit het universiteite besondere verantwoordelikhede teenoor die publiek om grondwetlike regte soos regte wat met onderrig verband hou te verwesenlik en daarom kan so ʼn beperking op hierdie regte geensins geregverdig word nie.

Luidens die UV se beleid moet studente en dosente wat toegang tot die universiteit se kampusse wil verkry, ʼn bewys van inenting óf ʼn negatiewe Covid-19-toets wys. Dit ten spyte daarvan dat die regering alle Covid-19-regulasies verlede week laat vaar het. Luidens ʼn plasing wat op 23 Junie op die universiteit se webwerf verskyn het, neem die universiteit kennis van die afskaffing van regulasies, maar het die universiteit se bestuur besluit om steeds die inentingsbeleid te handhaaf. Die dra van maskers op die kampus word steeds aanbeveel, hoewel dit nie meer verpligtend is nie.

“Universiteite, veral openbare universiteite, kan hoegenaamd nie sulke ontsettend diskriminerende praktyke regverdig nie,” sê Morné Malan, Solidariteit se hoof van kommunikasie.

“Die onbillike las wat die universiteit op sy studente en werknemers plaas, veral in die Suid-Afrikaanse konteks waar bykans twee derdes van jong mense werkloos is, is sowel onwettig as immoreel. Geen raad of komitee kan sommer net die mag vir homself toeëien om te bepaal wie wel hul grondwetlike regte mag beoefen en wie nie.”

Solidariteit voer aan dat hoewel werkgewers wel beperkte magte het ten opsigte van beleid oor die gesondheid en veiligheid in hul werkplek, dit nie aan werkgewers die reg gee om grootskaalse vergrype van regte af te dwing nie.

“Sulke beleid het hul oorsprong in ʼn tyd van groot praktiese en regulatoriese onsekerheid, maar hierdie tyd is nou weliswaar verby. Wanneer die res van die land se strewe na normaliteit en redelikheid uiteindelik op dreef is, behoort ons universiteite aan die voorpunt te wees van die pad na normaliteit. Tog sien ons nou dat die UV selfs agter die regering is in hierdie verband. Suid-Afrika is klaar met verpligtings. Vanselfsprekend kan die UV enige aanbevelings in hierdie verband uitreik, maar om die toekoms van jong mense en personeel te bedreig ter wille van drakoniese, irrasionele maatreëls is totaal onverskoonbaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

VaalDonkie ·

Moenie ophou totdat die UV ‘n kampus van SolTec is nie.

Miskruier ·

Twee dame studente is die jaar onverwags oorlede. Die eerste was by UV en die tweede was by US drie weke gelede. Net die universiteite vereis inenting.

Lionel ·

@Miskruier – waar op aarde kry jy jou inligting. Die dame wat dood is in Bloem was by CUT (NIE UV nie). CUT is die technikon en dis waar sy dood is. US het nie ‘n verpligte beleid nie…

Papsak ·

Wel ek ook ou persoon en sal niks vat nie ek kyk na myself so gaan verby moenie dat ouer mense julle pla nie

annie ·

Die UV is nie eens op die map vir goeie universiteite wêreldwyd nie, maar darem eerste vir getroue navolging van dr WHO-o-oo. Small things amuse small minds?

Lionel ·

@annie – ek stem saam met jou dat dit onnodig is van die UV, maar geen SA universiteit kan gesien word as “op die map nie”. Al SA univ wat op ‘n ranglys verskyn/iets beteken op internasionale vlak is UK, en hulleself het ook ‘n verpligte beleid. SA se onderwys (hoër en tersiêr) is een groot gemors

Gene ·

Niemand hoef of moet of behoort gedwing te word nie. Dis elkeen se keuse.

Odine ·

Solidariteit moet bietjie Sasol ook kom uitsort, hulle verplig jou om vol in geent te wees. Bedoelend `n booster shot is deel daarvan. so jy moet 3 spuite he.

Magda ·

Dit gaan my verstand te bowe hoekom hulle dit nie los nie. Ongeveer 99% van personeel is inge-ent. En net bietjie minder studente. Die wat nie inge-ent is nie is werklik ‘n weglaatbare hoeveelheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.